Die waarde van die Ou Testament volgens HF Kohlbrugge

Die Ou Testament as gesagvolle Woord van God wat Christus verkondig

 

Dr.AH Bogaards

1. Inleidend

Hermann Friedrich Kohlbrugge was 'n ware herder, juis omdat hy oor niks anders kon praat en wou praat as oor die groot Herder van die skape, Jesus Christus ons Here, nie.

Kohlbrugge het maar net een Noot op sy snaar gehad: Christus.

Om Christus weer sy regmatige plek in die teologie te gee dt was sy groot lewensstryd. Daardie stryd het hy op verskillende terreine gevoer:

In 'n preek oor Romeine 7:14 ("Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde"), die preek wat hom beroemd (of berug) gemaak het, s hy byvoorbeeld: Die wet is vir ons 'n lyk (Kohlbrugge, 1992a:53). En 'n ent verder vermaan hy, met sinspeling op Psalm 24: Werp julle heiligingskrukke ver van julle af weg. Daarmee sal julle nooit die berg Sion opkom nie (Kohlbrugge, 1992a:57).

Sulke uitlatings is dikwels deur sy teenstaanders verkeerd begryp. Op grond daarvan is hy beskuldig dat hy 'n antinomiaan is, d.w.s. dat hy 'n streep deur die wet en die dankbaarheid trek. Maar Kohlbrugge was nie anti-nomos (anti-wet, anti-dankbaarheidswerke) nie. Inteendeel, hy was pro-Christus en juis s pro-nomos (pro-wet) in die mees Bybelse sin van die woord. Want dit was sy diepste oortuiging dat alleen in en deur Christus die wet vervul word en dat die heiligmaking in die mens se lewe tot sy reg kom.

Wie die preek oor Romeine 7 onbevooroordeeld lees, kom tot die ontdekking dat Kohlbrugge beslis nie 'n streep deur die Wet as rel van dankbaarheid trek nie. Wel wys hy di beskouing af as sou die mens, met die Wet in die hand, sy eie saligheid op 'n manier kon help bewerk. Uitdruklik verklaar hy dan daarop wat volgens hom die bedoeling van die Wet is: enersyds om die mens uit hulle paradys van Christelike doen en laten te dryf en andersyds om hul van die sandgrond van hulle eie werke na die Rots Christus te jaag (Kohlbrugge, 1992a:51).

Vir Kohlbrugge het dit daaroor gegaan dat ons in Christus geheilig is. In 1 Korintirs 1:30 staan immers nie net dat Christus vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en verlossing nie, maar k dat Christus vir ons geword het heiligmaking. Kohlbrugge het in sy werke swaar die nadruk gel op die toegerekende heiligheid, dat Christus se heiligheid ons toegereken en geskenk word, soos die Heidelbergse Kategismus (HK: v/a 18, 60 en 61) ook leer. Kohlbrugge het op grond van Skrif en belydenis geweet van 'n borgtogtelike heiligmaking, dat die heiligheid van ons Borg, Christus, ons toegereken word en dat ons daarom heilig is.

2. Relevante flitse uit sy lewe in verband met die stryd vir Christus op die terrein van die Ou Testament

Kohlbrugge is gebore in Amsterdam op 15 Augustus 1803 en oorlede op 5 Maart 1875. Hy is gedoop in die Hervormde Kerk. Sy moeder was Hervormd en sy vader Luthers. In 1809 het die gesin Kohlbrugge oorgegaan na die Herstelde Lutherse Kerk. Kohlbrugge was eers proponent in die Herstelde Lutherse gemeente, maar na sy afsetting in 1827 het hy algaande meer oortuig geword van die waarheid van die Gereformeerde leer, onder ander die leerstuk van die uitverkiesing. Op sy sterfbed het hy nog ges: Die Heidelberger! Die eenvoudige Heidelberger! Hou daaraan vas, kinders! (Van Lonkhuijzen, 1905:333). Vanaf 9 Mei 1848 tot sy dood was hy predikant van die Nederlands-Gereformeerde Gemeente in Elberfeld in Duitsland.

Onder andere sy vader het 'n groot invloed op hom gehad. Dit het Kohlbrugge altyd bygebly dat sy vader vir hom ges het: Moses is die beste persoon om my in te bring en rond te lei in my Koning se paleis (1986:42). Met sy Koning se paleis bedoel hy die Bybel. In die voorberig van sy boek waarop ek in hierdie lesing wil konsentreer (Wozu das Alte Testament?) vertel Kohlbrugge dat sy vader twee maal vir hom ges het: As jy die vyf boeke van Moses verstaan, verstaan jy die hele Skrif. (1988:I). Reeds in sy ouerhuis is die Ou Testament as sleutel tot die verstaan van die hele Bybel vir hom aangereik en is die waarde daarvan by hom ingeskerp.

In 1828 het hy na Utrecht gegaan om sy proefskrif te skryf. Dit sou handel oor Psalm 45. Vir so 'n Ou Testamentiese onderwerp was Kohlbrugge deeglik toegerus. Hy was 'n kenner van Hebreeus, Aramees, Siries en Arabies. Die Septuaginta en die Joodse Geskrifte soos die Targums hanteer hy in sy proefskrif met die grootste bekwaamheid.

Juis in die tyd waarin hy met die doktorale studie besig was, het hy lank siek geword. Hierdie beproewing sou egter ryk vrugte dra. In die geestelike krisis wat daarmee gepaard gegaan het, is Kohlbrugge so getuig hy self (Kohlbrugge, 1989:40) - deur die Here in die profesie ingelei. Sy o is daarvoor geopen dat die profete van Christus getuig; en die profete hou Hom nie maar net voor Hom as deugdeleraar nie, maar as Borg wat die sondes van sy broeders sou dra. En dan s Kohlbrugge iets wat soos 'n goue draad deur die hele res van sy teologie loop: Toe het dit vir hom opeens duidelik geword waarom die apostels eers deur die onderrig van Jesus self en toe deur die lering van die Heilige Gees hulle so ywerig daarop toegel het om Moses en die Profete te ondersoek: want in Moses en die Profete het hulle die hele raadsplan van saligheid en genade, wat in Christus Jesus verskyn het, leer ken (Wichelhaus, 1857:VIII).

Nadat hy gesond geword het, het hy sy proefskrif voltooi en hoe kan dit eintlik anders -daarin verklaar hy Psalm 45 so dat dit handel oor Christus en sy bruid, die kerk. Hy verklaar dit dus ni so, soos geleerdes in sy dae gemeen het, dat dit slegs 'n Oosterse bruilofslied oor Salomo was nie (Donkersloot, 1962:25).

Wr kom Kohlbrugge aan hierdie Skrifuitleg? Wi het hom geleer om Psalm 45 so te verklaar? Dit spel hy in alle duidelikheid uit in sy proefskrif. Hy s: 'n mens moet in die skool van die beste Leermeester, Jesus Christus, en sy apostels les ontvang in Skrifuitleg (Kohlbrugge, 1995:125). Hulle het die sleutel gegee, waarmee ons die heilige deur tot die geheimenisse kan open (1995:129). Daarom weet Kohlbrugge in sy soeke na die regte verklaring verklaring van Psalm 45 van net een pad: na die skool van Jesus, na die klaskamer van die Hebrer-brief. Kom, s Kohlbrugge (1995:131), kom ons luister wat die outeur van Hebrers hy beskryf hom met nadruk as daardie deur God genspireerde (theopneuson) skrywer- , oor Psalm 45 te s het. En dan is Kohlbrugge se konklusie: Dr, in die skool van Jesus en sy apostels, en met name in Hebrers 1:8-9, leer 'n mens met absolute sekerheid dat hierdie psalm oor die Messias gaan (Kohlbrugge, 1995:139-140). Aan die Hebrer-brief spandeer Kohlbrugge (1995:137-141) vyf bladsye in sy proefskrif, want dit is vir hom 'n kroongetuie ten gunste van die Messiaanse karakter van Psalm 45.

Natuurlik was die professore in Utrecht glad nie ingenome met so 'n proefskrif nie. Hulle het Kohlbrugge se opvatting verouderd en onwetenskaplik gevind. In Kohlbrugge (1889:7) se eie woorde: Dit het hulle smaakloos gevind.

Volgens Van Lonkhuijzen (1905:98; voetnoot - uit 'n tydskrif aangehaal) sou een van hulle ges het: Meneer, skryf 'n ander proefskrif, want dit sal 'n skande vir die Utrechtse Akademie wees, as iemand met so 'n proefskrif in die 19de eeu aan ons akademie 'n doktorsgraad behaal. Kohlbrugge se antwoord daarop was: Professor, ek gaan nie 'n ander proefskrif skryf nie. Dan moet hulle my maar laat dop.

Die proefskrif was egter so goed dat hy uiteindelik cum laude geslaag het. Op 4 Junie 1829 het hy sy doktorsgraad ontvang.

Maar Kohlbrugge het ook meer as net 'n doktorstitel ontvang vir sy besondere uitleg van Psalm 45: 'n vrou. Op die dag van sy promosie het Cato se grootmoeder en voog hulle die ja-woord gegee. Dit het so verloop: toe sy van Cato verneem dat Kohlbrugge Psalm 45 verdedig as Psalm oor Christus en sy bruid, die kerk, het sy ges: as Kohlbrugge as doktor terugkeer, kan jy hom gelukwens en s dat julle maar mag trou, want as hy Christus en sy bruid so verdedig en hom daarvoor nie skaam nie, skaam ek my ook nie vir hom nie (Kohlbrugge, 1889:7).

In 1846 het Kohlbrugge sy Wozu das alte Testament? geskryf. Daarop gaan ek nou verder in.

3. Sy boek Wozu das Alte Testament?

3.1 Kohlbrugge se inleiding tot die boek

Kohlbrugge (1855:7) begin die inleiding tot sy Wozu das Alte Testament? met die opmerking: Dit is beslis nie 'n onverskillige saak watter waarde 'n mens heg aan die boek, wat gewoonlik Ou Testament genoem word nie. Daarmee s hy eerstens waaroor dit vir hom in hierdie geskrif gaan: oor die waarde van die "Ou Testament". Tweedens benadruk hy dit: Hierdie vraag na die waarde van die Ou Testament is beslis geen kleinigheid nie, maar in sy eie woorde - 'n saak van die hoogste betekenis vir tyd en vir ewigheid.

In enige wetenskaplike boek is die inleiding van groot belang. Daarin sien 'n mens hoe die skrywer te werk wil gaan, waarheen hy mik en waarteen hy mik.

        Kohlbrugge (1855:7) gee eerstens 'n aanduiding van sy werkwyse, dit wil s hoe hy hierdie vraagstuk van die waarde van die Ou Testament wil beantwoord. Hy wil dit doen deur 'n sorgvuldige ondersoek van die boeke van die sogenaamde Nuwe Testament. Wat s die Nuwe Testament van die Oue? Dit is met die oog op die oplossing van hierdie vraagstuk die aangewese weg.

Dit is sekerlik 'n suiwer Bybelse siening van Kohlbrugge: die Skrif self moet lig werp op die waarde van sy dele. In hierdie geval is dit die Nuwe Testament wat die mens moet leer wat die waarde van Moses en die Profete is. Met hierdie benadering hou Kohlbrugge vas aan die beginsel wat hy self reeds in sy proefskrif neergel het, naamlik dat 'n mens in die skool van die beste Leermeester, Jesus Christus, en sy apostels les moet ontvang in Skrifuitleg (Kohlbrugge, 1995:125) Hulle het die sleutel gegee, s Kohlbrugge (1995:129). Christus en sy apostels moet ons leer wat die gesag en die inhoud, wat die waarde van die Ou Testament is. In die hele res van sy boek soek hy dan ook in die Nuwe Testament die antwoord en daar alleen.

Die hele teologie van Kohlbrugge kan saamgevat word in een frase: die mens 'n nul, Christus alles. Dit geld nie alleen ten opsigte van die mens se saligheid nie. Dit is ook van toepassing wanneer dit by Skrifverklaring kom. Van nature is die mens nie bekwaam tot Skrifverklaring nie. Daarom moet die hulpelose mens na die Nuwe Testament toe gaan, dit wil s na Christus toe, om die Oue te verklaar. En die omgekeerde is vir Kohlbrugge ewe waar: deur die Ou Testament wat eweneens die woorde van Christus is na die Nuwe Testament. Daarom kan Kohlbrugge ook in naspreke van sy vader s: Moses is die beste persoon om my in te bring en rond te lei in my Koning se paleis.

Kohlbrugge laat hom in sy Skrifuitleg nie lei deur buite-Bybelse bronne nie, maar aan die hand van Jesus, dit wil s aan die hand van Ou en Nuwe Testament, gaan hy na die Bybel toe. Egte Skrifverklaring is 'n saak van Sola Scriptura. Kohlbrugge het hom streng gehou aan die beginsel van Sacra Scriptura sui ipsius interpres (= die Heilige Skrif is sy eie verklaarder).

        Kohlbrugge (1855:7) motiveer in sy inleiding tweedens die noodsaak tot hierdie ondersoek. Dit word, verklaar hy, al meer en meer die oorheersende opinie dat die Wet en die Profete tot die ou tyd behoort en dat dit nie meer vir ons dae bindend is nie. Daar is mense wat die Ou Testament slegs as 'n Jodeboek sien. Met Jodeboek bedoel hy: 'n boek sonder Christus en sonder Christus-profesie.

Uit sy proefskrif kan ons aflei wie hierdie mense is wat die Ou Testament slegs as Jodeboek sien, want sy proefskrif is veral toegespits op en gemik teen die akkommodasie-teorie van sy dae (Van Wijk 1985:34). Kohlbrugge (1995:131-132) gee self 'n beskrywing van hierdie teorie: in die akkommodasie-teorie word beweer dat die apostels in hulle verklaring van die Ou Testament heelwat verwysings via akkommodasie op Christus toegepas het, hoewel dit in profetiese sin nie oor Hom gaan nie.

Met akkomodeer word bedoel: maak pas. Volgens hierdie teorie het die skrywers van die Ou Testament volstrek nie aan Christus gedink nie. Inteendeel, die skrywers van die Nuwe Testament het vele plekke in die Ou Testament so verdraai en gemaak pas, dat dit op Christus pas, terwyl dit tog op Dawid en ander sien.

        Derdens wys Kohlbrugge in sy inleiding daarop hoe die Skrifkritici van sy dae met hulle voorstelling van die Ou Testament beskaam word deur die voorstelling wat die eerste Christelike kerk oor die "Ou Testament" gehad het.

In hierdie verband verwys Kohlbrugge na die opvatting van die gelowiges in Berea oor die Ou Testament gehad het. In Handinge 17:11 staan: hulle het die woord van Paulus met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte (d.w.s. Ou Testament) ondersoek of hierdie dinge wat Paulus geleer het, so was. Uit daardie teks blyk vir Kohlbrugge (1855:8, 10): Hierdie eerste Christene het geen ander Bybel gehad het as die sogenaamde "Ou Testament" nie. In daardie Bybel, in die Skrifte, het die gelowiges van Berea dieselfde evangelie van Christus gevind as wat aan hulle deur Paulus en Silas gepreek is. Die "Ou Testament" was vir hulle die toetssteen vir die prediking van Paulus en Silas (Kohlbrugge, 1855:11). Hulle het gesoek na woorde van lewe en van saligheid by God en as hulle Moses en die Profete nie as God se bindende Woord beskou het nie, sou hulle nie daarin gesoek het nie, maar dit eerder opsy gesit en hulle alleen aan die woord van die apostels gehou het. Die apostels self het hulle egter ook steeds na die Ou Testament terugverwys. In Handelinge 17:2-3 staan immers: Paulus het uit die Skrifte - die Ou Testament - gespreek en hy het die Skrifte uitgel en hy het uit die Skrifte aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan.

Kohlbrugge (1855:10) laat hom skerp uit oor die godgeleerdheid van sy tyd, wanneer hy s: teologie en kritiek (Skrifkritiek) het die gelowiges van Berea sekerlik nie bestudeer nie, maar hulle het wel soveel verstand en insig ontvang as wat nodig was om die ooreenstemming tussen hulle Bybel (Moses en die Profete) enersyds en die evangelie van die apostels van Christus andersyds te erken. Daarom vind Kohlbrugge dit 'n skande vir die Christene van sy tyd dat hulle niks meer van die Ou Testament wil weet nie.

        Voordat Kohlbrugge by die vraag "Wozu das alte Testament?" kom, wil hy aan die einde van sy inleiding eers ingaan op die titels Ou Testament en Nuwe Testament.

Kohlbrugge praat die hele tyd van "die sogenaamde Ou Testament" en "die sogenaamde Nuwe Testament". Daaruit moes dit al duidelik geword het dat hy glad nie met di name saamstem nie.

Die benaming Ou Testament is afgelei van 2 Korintirs 3:14. Uit dieselfde hoofstuk (v. 6) is dan gemaklik die teenstelling "Nuwe Testament" gemaak (Kohlbrugge, 1855:12-13).

Kohlbrugge (1855:13-16) se besware kan in die volgende vier punte saamgevat word:

1.      Daar is geen bewys daarvoor dat diegene wat die boeke van Moses en die profete eerste versamel het dit "Ou Testament", en dat diegene wat die boeke van die evangeliste en die apostels versamel het dit "Nuwe Testament" genoem het nie.

2.      Paulus noem die boeke van die "Ou Testament" nrens anders so nie. Hy praat van die Skrif, die Skrifte, die Heilige Skrif en Moses en die profete. Ook haal hy hulle soos volg aan: "God s", "Hy het betuig" en "die Gees s".

3.      Dat Paulus verkeerd uitgel word en dat hy heeltemal iets anders bedoel het, is baie duidelik. Toe die apostel sy briewe geskryf het, het daar immers nog geen Nuwe Testament - ten minste 'n versameling wat so aangedui word - bestaan nie. Derhalwe kon die apostel nie gedink het aan die teenstelling wat sedertdien gemaak word nie.

4.      Paulus voel dat die "Ou Testament" in sy hele prediking vervat is. Hy beroep hom op die gesag daarvan en wie dit doen, kan so 'n leer onmoontlik oud en sy eie nuut noem.

Kohlbrugge (1855:13) sien 'n groot gevaar in die benaming "Ou Testament", want dit is natuurlik dat by die aanduiding "Ou Testament" die gedagte aan iets wat oud is, by die lees daarvan die oorhand het, en gevolglik aan 'n teenstelling gedink word van iets wat nuut is.

Volgens hom (Kohlbrugge, 1855:14) bedoel Paulus met die uitdrukking "Ou Testament" bloot dt: Wie Christus nie in Moses en die Profete vind nie - vir hom is dit "oud", "Ou Testament".

3.2. Watter waarde die "Nuwe Testament" aan die "Oue" heg

3.2.1 Inleidend

In vyf afdelings laat Kohlbrugge vervolgens sien:

1.      wat die Joodse tydgenote van Christus (soos die Farisers), wat Christus nie as die Messias erken het nie, van Moses en die Profete gedink het en dat hulle die Messias daarin gevind het;

2.      wat Joodse tydgenote van Christus en die apostels (soos Simeon en Anna), wat Christus wel as die Messias erken het, van Moses en die Profete gedink het en dat hulle die Messias daarin gevind het;

3.      hoe Christus self in die dae van sy omwandeling op aarde Moses en die Profete beskou het;

4.      hoe die evangeliste (Matteus tot Johannes) Moses en die Profete beskou het; en

5.      hoe die apostels en hulle medegenote (in Handelinge, die briewe van Paulus, ens.) van Moses en die Profete gebruik gemaak het.

Kohlbrugge bewys dan uit die Nuwe Testament dat al vyf hierdie groepe Moses en die Profete gesien het:

1.      as gesagvolle Woord van God; en

2.      as Woord van God wat die Messias of die Christus as inhoud het.

3.2.2 Wat die Joodse tydgenote van Christus (soos die Farisers), wat Christus nie as die Messias erken het nie, van Moses en die Profete gedink het en dat hulle die Messias daarin gevind het

Ook die Joodse tydgenote van Christus, wat Christus nie as die Messias erken het nie (bv. die Farisers) - ook hulle het Moses en die Profete as die gesagvolle Woord van God aanvaar.

Hulle het die Skrifte in sy geheel as die Woord van God beskou. Dt, s Kohlbrugge (1855:19-20) dan, doen vele Christene nie. Inteendeel, baie Christene meen dat die Bybel nie die Woord van God is nie, maar dat die Woord van God in die Bybel staan. Hierdie beskouing sien Kohlbrugge net as 'n verskoning waardeur hierdie Christene vir hulself vrye speelruimte maak om slegs dit as die Woord van God te beskou, wat hulle met hulle rede (verstand) in ooreenstemming kon bring. En dan s Kohlbrugge: Dt het die Jode ni gedoen nie.

Daarmee s hy: Nie eens die Jode wat nie in Christus geglo het nie, nie eens hulle het so met hulle Bybel omgegaan soos hierdie Christene nie.

Inteendeel, die Jode het die Skrifte hoog aangeslaan. Hulle het dit beskou as boek waarin die weg tot die ewige lewe aan hulle voorgehou word. Vir hierdie stelling beroep Kohlbrugge (1855:20) hom op wat Jesus self van die Jode s - Jesus wat tog weet wat in elke mens omgaan. Want in Johannes 5:39 (vgl. ook Luk.10:25-28) s Jesus vir die Jode: Julle meen dat julle in die Skrifte die ewige lewe het.

Kohlbrugge gaan tweedens in op die vraag wat die ongelowige Jode in Moses en die Profete gevind het. Die antwoord uit die Nuwe Testament is: die Geskrifte het vir hierdie Jode die Messias as inhoud gehad.

Kohlbrugge haal verskillende voorbeelde aan om dit te bewys:

En dan maak Kohlbrugge (1855:22) daarby die skerp opmerking: Baie Christelike teolo, wat die voorspellings nie glo nie, sal seker wonder hoe hulle dit uit Miga kon aflei; want die rabbyne se rels van Skrifuitleg was toe nog nie bekend nie, ten minste die Targum spreek nie ten gunste van hierdie verklaring nie.

Hier kan net terloops verwys word wat uit buite-Bybelse bronne oor die Jode se Messiaanse beskouing van die Ou Testament afgelei kan word. AH Edelkoort (1941:307) skryf in verband met Psalm 2 die volgende: Die Midrash op die Psalms, die Babiloniese Talmud en die Kabalistiese Joodse boek Sohar betrek almal Psalm 2 op die Messias. In di rigting wys ook 'n Talmud-traktaat, wat Ps.2:1-3 aanhaal en daarby s dat in die tyd van die Messias die proseliete teen God en sy Messias sal rebelleer. By vers 7 e.v. twyfel die rabbyne nie daaraan dat hierdie vers oor die Messias, die Seun van Dawid , spreek nie. Selfs geleerdes soos Kimchi (1105-1170) en Jarchi so skryf Hengstenberg (1973:43) erken dat dit die oorheersende opinie onder hulle voorvaders was[1].

Dit is diep tragies: k die Jode wat Christus nie geken het of wou aanvaar nie, k hulle het geweet en geglo dat Moses en die Profete die Messias as inhoud het maar vele teolo in ons tyd glo dit nie.

Maar as die teolo swyg, sal die klippe dit uitroep. En: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie (Mt.21:16): "Hosanna vir die Seun van Dawid! Gesend is Hy wat kom in die Naam van die Here" (Mt.21:15).

3.2.3 Wat Joodse tydgenote van Christus (soos Simeon), wat Christus wel as die Messias erken het, van Moses en die Profete gedink het en dat hulle die Messias daarin gevind het

Een veelseggende voorbeeld is hier genoeg: Simeon. In Lukas 2:25 staan van hom geskrywe: Hy het die Vertroosting van Israel verwag (vgl. Jes. 40:1; 49:13; 51:12; 54:11; Hag. 2:8). Met hierdie uitdrukking gee die evangelis duidelik te kenne dat Simeon die boeke van Moses en die profete as die onbedrieglike Woord van God beskou het en dat hy die vervulling van alle troosryke beloftes daarin as baie naby beskou het (Kohlbrugge, 1855:37).

Simeon was so vol van hierdie geloof, dat hy nie kon ophou bid dat hy die vervulling van hierdie beloftes mag belewe nie. En, s Kohlbrugge (1855:37-38), iemand wat so bid, bewys daarmee dat hy die woorde van Moses en die Profete as die waaragtige woorde van God beskou.

En, vervolg hy (Kohlbrugge, 1855:37-38): Simeon het begeer om die Gesalfde van die Here met sy eie o te aanskou. Dit bewys dat hy die Skrifte, onder andere Jesaja 33:17 "Jou o sal die Koning in sy skoonheid aanskou" Messiaans, van Jesus, verstaan het.

Kohlbrugge (1855:38) wys onder andere nog na die woorde van Simeon: "Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, omdat my o u heil gesien het, wat U berei het voor die o van al die volke" (Lk.2:29-30). Daaruit is dit vir Kohlbrugge duidelik dat Simeon ook Jesaja 52:10 geken en Messiaans verklaar het: "Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die o van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God".

Dit is diep aangrypend wat Kohlbrugge van die daad van Simeon s dat hy met die Kind in sy arms geneem het en God geloof het. Want, s Kohlbrugge (1855:38), daarmee s Simeon: die boeke van Moses het vir hom in vlees en bloed oorgegaan as die Woord van die lewende God.

Simeon staan met die vervulde Ou Testament, met die inhoud van die Ou Testament, in sy arms. Voor sy o sien hy in vlees en bloed dat God se Woord waaragtig en betroubaar is. En hy erken dit deur God te prys en in al die tekste wat hy aanhaal Ou Testamentiese tekste wat hy vervuld sien in die vleesgeworde Woord.

Hoe kan dit wees dat teolo in ons tyd die Messias nie meer sien in die Ou Testament nie? Hoe sien Simeon Hom dan wel? Hoe sien die ou Simeon Christus wel in die Skrifte, ook toe Christus nog nie eens daar was nie en nog nie in sy hande was nie? Waar kom hy aan sy Messiasverwagting, sy verwagting van die Vertroosting van Israel? Dit s Kohlbrugge (1992b, 279-280) in 'n preek: Dit was uit die Heilige Gees. Daarom staan daar in Lukas 2:25: En die Heilige Gees was op Simeon. Dit was God die Vader wat Simeon vanuit sy genadetroon deur die Heilige Gees aangespoor het en in sy sondeverlorenheid na die profetiese Geskrifte gedryf het. En daar in die profetiese Geskrifte het Simeon gelees van die heerlikheid van Christus en van die magtige vertroosting van sy leer. En deur daardie selfde profetiese Skrifte het die Vader Simeon aangespoor om die dag van die koms van sy Seun in die vlees te begeer.

Ek gaan 'n bietjie weg van Kohlbrugge, maar ek glo wel dat dit in die gees van Kohlbrugge is wat ek nou gaan s. Waarom het die Jode nie geglo dat Jesus die Messias van die Skrifte is nie. Stefanus l sy vinger op die wond, wanneer hy in sy preek in Handelinge 7 s: Julle hardnekkiges, julle weerstaan altyd die Heilige Gees (v.51). En dan gaan Lukas verder: Stefanus "het die o na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. En Stefanus het ges: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan" (vv.55-56). Ons kan maar s: Stefanus kyk in die hemel in en hy sien die Ou Testamentiese Psalm 110. Met sy o aanskou hy die vervulling van daardie Messiaanse Psalm: Jesus aan die regterhand van God. Hoe sien hy dit? Lukas onthul die geheim, wanneer hy s: Stefanus was vol van die Heilige Gees en het gesien.

Simeon sien en Stefanus sien. Beide van hulle sien op dieselfde manier: alleen deur die Heilige Gees. Beide sien dieselfde: hulle sien die Ou Testament in sy betroubaarheid en in sy vervulling. Hulle sien die inhoud van die Ou Testament, naamlik Christus. Simeon hou die beloofde Christus in sy hande, Stefanus gee homself oor in die hande van die Vors van die Ou Testamentiese Psalm 110.

Hier is geen sprake van interpretasie of akkomodasie nie, maar sien. My o het u heil gesien.

3.2.4 Wat Moses en die profete vir Jesus Christus was in die tyd van sy aardse omwandelinge

Net wat Kohlbrugge (1855:66) skryf oor Jesus se verskyning aan die Emmausgangers (Luk.24) word uitgelig.

By hierdie geskiedenis skryf Kohlbrugge: Dit sou vir Jesus maklik gewees het om Homself aan die twee Emmausgangers bekend te maak. Dit doen Hy egter nie. Hy begin deur uit Moses en die profete aan hulle te leer wat met Hom moes gebeur. Agter hierdie optrede van Jesus sien Kohlbrugge iets heel besonders. Die besondere l daarin dat Jesus op 'n verhewe manier die Skrifte, die Ou Testament, handhaaf. Jesus wil nie h dat die Emmausgangers aan 'n verskyning moet glo nie. Jesus wil h dat hulle aan die geskrewe Woord van die "Ou Testament" sal glo. Voordat Hy Hom dus aan hulle bekendmaak, s Hy vir hulle: O onverstandiges en trages van hart om te vertrou. Om te vertrou waarop? Op My, op Jesus? Nee, - maar traag om te vertrou op alles wat die Profete gespreek het. Moes die Christus nie al hierdie dinge gely het en ingegaan het in sy heerlikheid nie? En dan begin Jesus van Moses en van die profete af om vir hulle uit te l in al die Skrifte dit wat van Hom geskrywe was.

Trages van hart om te glo alles wat die Profete gespreek het - Kohlbrugge (1888:54) het ook in 'n preek op hierdie woorde ingegaan: Sien julle, s hy vir sy gemeente, sien julle dat die Here Jesus wil h dat die Profete geer moet word? En dan s Kohlbrugge ook waarom: Want in die Profete is Jesus self aan aan die Woord daarom. Die profete het nie met hulle eie gedagtes gekom nie, maar hulle is gedra deur die Gees van Christus.

Jesus wil h dat die Profete geer moet word en Hy het dit self ook gedoen, nie alleen na sy opstanding nie, maar ook voor sy dood. Want in Getsemane het Hy nog ges: Hoe sou dan die Skrifte van die Profete vervul word, wat s dat dit so moet gebeur? (Mt.26:54). En ook aan die kruis het Hy Hom in alles wat Hy ges en gedoen het, slegs deur die profete laat lei, soos Johannes 19:28 ook s: Omdat Hy geweet het dat alles al volbring wassodat die Skrif vervul sou wordhet Jesus ges: Ek het dors! (Kohlbrugge, 1888:54-55).

Dat Jesus Moses en die Profete ten hoogste geer het, dat Hy uit die Ou Testament geleef en gespreek het, dat Hy Hom voortdurend daaraan vasgeklem het en daarin geglo het en Hom daardeur alleen laat lei het dit is 'n gedagte wat soos 'n goue draad deur al Kohlbrugge se werke loop. Ons kan beslis hier praat van 'n besondere lyn in sy teologie.

Met woord en daad, met sy leer en met die daad van sy sterwe en die daad van sy opstanding, met sy vervulling van die Skrifte, het Jesus die Skrifte gehandhaaf en bekragtig as die betroubare, gesagvolle, troosryke Woord van God (Kohlbrugge, 1888:67).

Jesus wil die Emmausgangers in die profetiese Woord inlei. Daarin en daaruit moet hulle die ware, lewende Christus leer ken (Kohlbrugge, 1888:55).

As 'n mens dit alles hoor, dan word dit duidelik presies wat Kohlbrugge se vader bedoel het, toe hy ges het: Moses is die beste man om ons in te bring en rond te lei in ons Koning se paleis. En: As jy die vyf boeke van Moses verstaan, verstaan jy die hele Skrif.

3.3 Slot van sy boek

Kohlbrugge (1855:133) sluit sy boek af met die opmerking: Hy verwag nie dat hy die nuwerwetse geleerdes voldoening verskaf het met hierdie boek nie. Wel voel hy dat hy sy doel bereik het. Daardie doel was om elke denkende gemoed te oortuig dat die boeke van Moses en die profete nie "oud" is vir al die aangehaalde getuies uit die Nuwe Testament nie. Inteendeel, dit was vir hulle juis die enigste gesaghebbende voorskrif vir leer en lewe, die heilige Skrif waaruit hulle die evangelie van die koninkryk van God onderrig het. Dit was nie vir hulle "oud" nie, maar hulle het Christus daarin gevind.

Kohlbrugge (1855e:134-135) kan aan die einde van sy boek net tot een gevolgtrekking kom: f die Here, sy apostels en die eerste Christene het die Skrifte van Moses en die Profete heeltemal verkeerd uitgel, hetsy dan omdat hulle dit nie verstaan het nie, hetsy dan omdat hulle ander bedrieg het f ons moet eenvoudig hierdie Skrifte so verstaan en uitl soos hulle, sonder om iets daarvan weg te neem of daaraan toe te voeg. Hier is geen middeweg nie.

4. Aktualiteit

Is Kohlbrugge nog aktueel vir vandag?

Net enkele hedendaagse teolo word aangehaal, om te laat sien hoe aktueel hy wel is.

Kommentaar is, in die lig van wat reeds ges is, oorbodig.

5. Ten slotte

In 'n gedig Op de moderne wetenschap die de wonderen en de opstanding loochent geskryf in Januarie 1862, hekel Kohlbrugge (Groot, 1953:112) die moderne teologie:

"Moderne wetenschap! help van den dood!

Daar ligt u leerling in zijn laasten nood!

'Een drankje van kritiek en pleisters van legende!'

Hebt ge anders niet! waarheen zich nu te wenden?"

 


Bronnelys

BURDEN, J. 1997. Psalms. (In Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (Electronic ed.).

DONKERSLOOT, P.M. 1962. De Goddeloze gerechtvaardigd. Utrecht : De Banier. 166p.

EDELKOORT, A.H. 1941. De Christus-verwachting in het Oude Testament. Wageningen : H.Veenman & Zonen. 537p.

GROOT, K. 1953. Kohlbrugge in en uit zijn gedichten. Wageningen : H.Veenman & zonen. 120p.

HENGSTENBERG, E.W. 1973. Christology of the Old Testament. Grand Rapids, Michigan: Kregel Publications. 699p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1855e. [1846.] Wozu das alte Testament? Anleitung zur richtigen Schtzung der Bcher Mosis und der Propheten. Elberfeld : Verlag der niederl.-reform. Gemeine. p.136.

KOHLBRUGGE, H.F. 1884b. Zwanzig Predigten im Jahre 1846 gehalten. Elberfeld : H.W. Kaufmann. 433p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1888. [Oorspronklike datum onbekend.] Feeststoffen. Leerredenen gehouden door Dr. H.F. Kohlbrgge, in leven predikant bij de Nederlandsch-Gereformeerde Gemeente te Elberfeld. Uit het Hoogduitsch. Tweede herziene uitgave. II. Paaschpreeken. Amsterdam : Scheffer & Co. 118p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1889. Ansprache des Herrn Pastor Kohlbrgge an die Jugend der Gemeine bei seinem Jubilum 1871 Juni. (In Kohlbrugge, H.F. Zur Feier des fnfundzwanzigjhrigen Bestehens unsers Vereins. Elberfeld : Festgabe des Vorstandes der Gesellschaft "Vereinigung". p.5-13.)

KOHLBRUGGE, H.F. 1988. [1855.] Waartoe het Oude Testament? Derde druk. Kampen : Uitgeverij De Groot Goudriaan. 138p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1989. [1833.] Het lidmaatschap bij de Hervormde Gemeente hier te lande mij willekeurig belet. Echte bescheiden van H.F. Kohlbrgge. Met een inleiding van Dr. J. van Oort. Leiden : J.J. Groen en Zoon. 192p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1992a. Twaalf twaalftallen leerredenen in nagenoeg chronologische volgorde. Derde, ongewijzigde druk van de nieuwe en van aantekeningen voorziene uitgave (1910-1917). Eerste en tweede twaalftal gehouden in 1833 en 1846. Houten : Den Hertog. 604p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1992b. Twaalf twaalftallen leerredenen in nagenoeg chronologische volgorde. Derde, ongewijzigde druk van de nieuwe en van aantekeningen voorziene uitgave (1910-1917). Sewende en achtste twaalftal gehouden in 1848 en 1849. Houten : Den Hertog. 495p.

KOHLBRUGGE, H.F. 1995. [1829.] Specimen Philologico-Theologicum Inaugurale, exhibens Commentarium in Psalmum Quadragesimum Quintum. Vertaald uit het Latijn door C. van Ginkel. Utrecht : De Banier. 226p.

OTTEN, W. 1992. Uit het levensboek van Dr. H.F. Kohlbrugge. Houten : Den Hertog. 213p.

VAN LONKHUIJZEN, J. 1905. H.F. Kohlbrugge, zijn prediking in de lijst van zijne tijd. Wageningen : Naamloze Vennootschap Drukkerij "Vada". 529p.

VAN WIJK, Ph. 1985. Kohlbrugge's proefschrift over Psalm 45. Een onderzoek naar de theologische positie. Utrecht : RU. (Ongepubliseerde skripsie). 48p.

WICHELHAUS, J. 1857. Vorbericht. (In Kohlbrugge, H.F. Zwanzig Predigten gehalten im Jahre 1846. Elberfeld : H.W. Kaufmann. p.I-XXX.)

VOSLOO, W en VAN RENSBURG, JJJ. 1997 (c1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (Electronic ed.). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy

VOSLOO, W en VAN RENSBURG, JJJ. 2000 (c1999). Die Bybellennium eenvolumekommentaar : Die Bybel uitgele vir eietydse toepassing (electronic ed.). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy



[1] Die Talmud is naas die Ou Testamentiese boeke die belangrikste en grootste geskrifte van die Jodedom. Dit het ontstaan uit die mondelinge oorlewerings rondom die wet van Moses na die Babiloniese ballingskap en is ongeveer 500 n.C. afgesluit. Die Targums is die Aramese parafrases van die Ou Testament en dit is nie voor 500 n.C. afgesluit nie. Die Midrash is die naam vir die skrifverklarings van die rabbyne. Dit het begin rondom die Christelike jaartelling en is in die vyfde eeu n.C. beindig.