Na bange tyd van somerdroogte?

Dr AH Bogaards

 

Die probleem

Totius begin sy beryming van Psalm 65 met die vermelding van 'n droogte:

"Na bange tyd van somerdroogte

is daar die uitkoms weer!"

Van die begin af het Totius kritiek op hierdie eerste vers gekry. Die kritici meen: Van 'n droogte lees ons niks in die eerste verse van Psalm 65 soos dit in die Bybel staan nie. Trouens, die hele Psalm gebruik nie die woord droogte nie.

Totius verantwoord hom

In die argief in Potchefstroom is ook Totius se handgeskrewe manuskripte van sy Psalmberyming.

Wat hierdie manuskripte so belangrik maak, is die feit dat Totius daarby aantekeninge gemaak het. Daarin verantwoord hy hom oor spesifieke berymings.

Dit geld ook van sy Psalm 65:1. Totius het in rooi daarby die volgende geskryf:

"Ps.65 besing die uitkoms wat die Here gegee het na swaar droogte. Dit word teveel uit die oog verloor, veral weens ons gebruik om net enkele verse van 'n psalm aan te hef vandaar dat dadelik in die eerste vers van die beryming van 'lang droogte'[1] gemeld word, hoewel dit eers later in die psalm uitdruklik ter sprake kom en in die begin net onderstel word (vgl. A.Noordzij). Deur die hoofgedagte by elke vers voor te hou, win die psalm aan diepte en rykdom".

Die vraag is: Is Totius reg met sy verantwoording en as hy sy vers 1 berym soos hy dit doen?

Om hierdie vraag te kan beantwoord, moet ons die Psalm gaan uitlÍ.

Levitikus 26

Levitikus 26 is van kardinale belang om Psalm 65 reg te verstaan.

In Levitikus 26 lees ons van die seŽn en die straf van die verbond. Die HERE belowe die sy seŽn as Israel y verbond hou: "As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reŽns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee" (vv.3,4). Andersyds (vv.19,20) dreig die HERE met sy vloek as hulle sy verbond verbreek: "En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie". As die volk nie luister na sy verbond nie, sal die HERE hulle straf onder andere met droogte.

In Levitikus 26:40 en 42 sÍ die HERE verder: As Israel sy ongeregtigheid bely, sal die Hy dink aan sy verbond (Lev.26:40,42). Dit beteken in die lig van die vorige paragraaf: seŽn (reŽn) in plaas van vloek (droogte).

In Psalm 65 kom al hierdie dinge waarvan Levitikus praat, terug.

So hoor ons in Psalm 65:4 van die Psalmdigter se verbondsbreuk: "Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad". Dit (ongeregtige) is dieselfde woord as wat in Levitikus 26:40 met "ongeregtigheid" vertaal word. In dieselfde vers praat die Psalmis ook van sy "oortredinge".

Verder doen die digter van Psalm 65 in vers 4 wat Levitikus 26:40 leer: Hy bely sy ongeregtigheid.

Daarop het die HERE se antwoord nie uitgebly nie: "Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid..." (Ps.65:6). Ons kan dit ook vertaal: "Met gedugte dade antwoord U ons in geregtigheid". Met "geregtigheid" word bedoel: die verbondstrou van die HERE. Die HERE is trou jeens sy afsprake in die verbond: Hy gee seŽn by gehoorsaamheid, vloek by ongehoorsaamheid, heil by verootmoediging en bekering, Lev.26, Deut.28).

Die "vreeslike dinge" of gedugte dade slaan op die verlossingsdade van God. Die "vreeslike dinge" word dikwels saam met die magtige dade en tekens genoem wat die HERE gedoen het toe Hy Israel uit Egipte uitgelei het ( vgl. Deut.10:21: "Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oŽ gesien het, aan jou gedoen het"; 2 Sam.7:23: "om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode"; Ps.106:22: "wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee").

Totius berym die "vreeslike dinge" daarom tereg met "reddingsdade":

"U antwoord ons in reddingsdade: gedug is u in mag"

Die res van die Psalm laat ons sien waarin die vreeslike dinge of reddingsdade gesien kan word: reŽn en vrugbaarheid (vv.10-14). Die uitkoms leer ons ook wat die straf was: droogte.

Reeds uit hierdie paar opmerkings kan ons sien hoe reg Totius is met sy "Na bange tyd van somerdroogte is daar die uitkoms weer!"

Die gelofte-offer

Psalm 65:2-5 in die 1953-vertaling lui: "2 Aan U kom ín lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. 3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! 4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge. 5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis".

Ek het 'n paar sleutelwoorde gekursiveer. Al hierdie woorde verwys na 'n sekere soort offer: die gelofte-offer.

As 'n Israeliet in die nood was - dit kon 'n droogte wees, 'n vyand, of iets anders -, het hy 'n gelofte gedoen. Dan het hy belowe: As God verlossing bring, sal hy aan die Hom 'n gelofte-offer bring. Hy was ook verplig om dit te doen, om sy geloftes te betaal. As u dit weet, word Totius se vers 1 vir u duidelik:

Na bange tyd van somerdroogte

Is daar die uitkoms weer!

Nou pas dit ons op Sionshoogte

U lof te sing, o HEER!

Nou sal hul aankom uit die stamme;

geloftes word betaal,

die offerdier rook in die vlamme,

uit verste veld en kraal.

So 'n gelofte het ook gepaard gegaan met gebed en skuldbelydenis. Ons hoor van beide in hierdie Psalm, want in vers 3 beskryf hy God as "Hoorder van die gebed" en in vers 4 bely hy sy skuld.

Hoe skitterend word skuldbelydenis en gebed nie in hierdie woorde van Totius verwoord nie:

Dis waar, 'n donker skuldverlede

leef in ons heugenis (skuldbelydenis);

maar al ons ongeregtighede

word deur U uitgewis.

Welsalig wie in skuld verlore,

versoeningswoord hoor ruis.

Ps.116 is ook 'n Psalm by 'n gelofte-offer. Die 1953-vertaling vertaal Psalm 116:13,14 as volg: "Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die Here aanroep. My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk". Hoor net hoe mooi Totius verskillende elemente in verband met die gelofte-offer (nood, gelofte, betaal) in sy Ps.116:8,9 verwoord:

Al my geloftes, uitgespreek in nood,

sal ek betaal as ek voor U mag naderÖÖ

bring ek die offers, aan U toegeseg (AHB - belowe).

In die Ou Testament hoor ons van verskillende soorte offers: skuldoffers, sondoffers, brandoffers, vredesoffers, ensomeer.

Die vredesoffers is nog weer verder verdeel in drie soorte vredesoffers: vrywillige offers, lofoffers en gelofte-offer. 'n Gelofte-offer was dus 'n vredesoffer (Lev.3; 7:16).

As ons dit weet, dan is dit nie moeilik om te verstaan wat so 'n gelofte-offer beteken het nie. As vredesoffer het geleer: Daar is vrede tussen God en sy volk. Vrede is in die Bybel die teenoorgestelde van toorn en straf. Vrede beteken: Die verhouding tussen God en sy volk is herstel. Ons kan gerus ook maar sÍ: Die offer is die geheim van die vrede. Dit bring die vrede. In vers 4 lees ons: " Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge".

Die Psalm laat nog meer van die kenmerkende die eie van die vredesoffer sien. In vers 5 sÍ die digter: "Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis".

As ons die woord "versadig word" hoor, dan dink ons aan eet. Hierdie "versadig word" moet ons so letterlik as moontlik opvat. Dit was naamlik 'n kenmerk van die vredesoffers - in teenstelling tot die ander offers - dat die persoon wat die offer gebring het, 'n gedeelte daarvan kon eet. Die "goeie" en die "heiligheid" waarmee die digter versadig wil word, is die vredesoffer. Dit het gebeur aan 'n vredesoffermaaltyd.

So 'n maaltyd is ook nie sommer op enige plek gehou nie, maar by God se woning (Lev.3; 7:11-27). Die digter sÍ: "Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis". Met die huis of paleis word bedoel: die tabernakel of tempel, die woning van die HERE. Die maaltyd is dus genuttig in die teenwoordigheid van God, voor sy aangesig. Hy was ook self die Gasheer, want die gedeelte van die offer wat die Israeliete geŽet het, het hulle uit sy hand ontvang.

Nou moet ons weet: 'n Maaltyd het in die Ou Ooste 'n besondere betekenis gehad: Dit het die vrede tussen die tafelgenote afgebeeld. In hierdie geval is dit die HERE en die Israeliete.

Maar daar sit nog 'n ryker simboliek in hierdie eet voor die aangesig van die HERE in sy tempel. Hier het ons sekerlik 'n heenwysing na die volkome herstelde gemeenskap met God in die paradys wat kom.

Hoor nou hoe mooi Totius dit alles vaslÍ in vers 3 van sy beryming:

Ons al ons in u huis versadig

met hoogste gunsbewys:

met heil'ge goed wat U milddadig

laat stroom uit u paleis.

Psalm 65, Christus, die Nuwe Testament

Elkeen van die baie soorte offers in die Ou Testament belig 'n bepaalde kant van die groot offer van Christus aan die kruis. Dit geld ook van die vredesoffer. Christus is ons vrede, sÍ Paulus (Ef.2:14). God het deur Christus alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis (Kol.1:20).

Ook ons ken 'n vredesoffermaaltyd: die nagmaal. Ook ons eet by diť tafel. Ons word versadig met die brood en die wyn, die liggaam en die bloed van Christus. Ons nagmaalsformulier noem Hom "'n spys en drank van die ewige lewe". Hy is ons vredesoffer. Dit is vir ons die goeie, die heiligheid van God se paleis. Danksy sy kruisoffer mag ons by die nagmaal saam met God aansit en hier word ons verseker van die vrede met God.

Dit is egter nie al nie. Aan die nagmaal gaan die vensters na die toekoms vir ons oop. Die nagmaal is niks minder as 'n heenwysing na die bruilofsmaal van die Lam nie. Die nagmaal verkondig die volkome vrede wat kom, die lewe vir ewig saam met God in sy salige teenwoordigheid as heerlike vrug van die vredesoffer van Christus. In die Nuwe Testament word die toekomstige vreugde van God se verlostes geteken as die viering van 'n feestelike maaltyd (Mt.8:11; Mt.22:1,10,11; Op.3:20).

Dit is wonderlik mooi om te sien hoeveel ooreenstemming daar tussen ons nagmaalsviering en die vredesoffermaaltyd van Psalm 65 is. Ook by ons nagmaalsviering ontbreek die skuldbelydenis nie. Gaan lees maar gerus die nagmaalsformulier. Daar hoor ons dat ons in die selfondersoek voor die nagmaal moet nadink oor ons sonde en vervloeking; en, sÍ die formulier, as ons na die tafel toe kom, bely ons dat ons deur ons misdade dood is en dat ons die vrede met God buite onsself in Christus soek. Ook die gebed ontbreek nie by ons nagmaal nie: Voor en na die nagmaal word in die formulier gebid en gedank vir die vrede in die bloed van Christus.

Psalm 65 van Totius Skrifgetrou

Daar bestaan by my geen enkele twyfel nie: Totius se beryming is Skrifgetrou.

 



[1] In sy eerste beryming van Psalm 65 het Totius nie "bange tyd" nie, maar "lange tyd".