Kritiek op Rick Warren se The Purpose Driven Life

 

Dr AH Bogaards (Pretoria-Rooiwal)

Artikel geskryf vir Waarheid en Dwaling

 

Eers was dit Bruce Wilkenson en die gebed van Jabes. Nou is dit Rick Warren en sy The Purpose Driven Life wat vele Gereformeerdes gaande maak nie alleen in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Die boek is so gewild, dat dit in Afrikaans en Nederlands vertaal is. Dit is so populÍr, dat ek nie eens 'n Afrikaanse kopie kon kry nie. Daar is alreeds vier en 'n half miljoen kopieŽ van The Purpose Driven Life verkoop.

Wie is Rick Warren? Hy is 'n Baptis en predikant en stigter van die Saddleback Church in Lake Forest, KaliforniŽ. Die Saddleback Church is Ė so staan dit op die agterkant van sy boek Ėeen van Amerika se grootste en mees bekende kerke en Christianity Today noem Warren Amerika se mees invloedryke dominee.

Maar is Rick Warren Gereformeerd? Hoort sy boeke in Gereformeerde huise en kerke? Is The Purpose Driven Life 'n geskikte geskenk vir belydeniskatkisante en 'n goeie boek vir Bybelstudiegroepe? Dit is die vrae wat beantwoord sal word deur 'n beoordeling van hierdie boek.

In my ondersoek het die volgende besware na vore gekom: Warren sluit hom aan by en maak gebruik van werke wat allermins gereformeerd is; eenheid en liefde is vir hom belangriker as leersuiwerheid; male sonder tal word Skrifgedeeltes buite verband aangehaal en die Skrif verdraai; hy kies aanhoudend vertalings wat sy saak sterk; die mens staan in die middelpunt en aan die plek en die werk van Christus word tekort gedoen; sy doop- en verbondsbeskouing is nie die van ons belydenis nie; die skrywer is deur en deur Arminiaans in sy teologie.

Ek gaan uit van die oorspronklike (Engelse) weergawe van die boek in my beoordeling.

1. Vreemde geselskap

Selfs voordat 'n mens die boek oopmaak, moet jy reeds wonder oor die leerstellige suiwerheid daarvan as jy sien watter godsdienstige groepe dit in die publiek aangeprys en die 40 Days of Purpose veldtog gehuisves het.

Dit sluit die volgende in: Baptiste, United Methodiste, Nasareners, Sewende Dag Adventiste, Presbiteriane, Lutherane, Assemblies of God, Church of God, Vineyard, Calvary Chapel, Christian, Evangelical Free, International Pentecostal Holiness en baie ander. Daarby het ook leidende figure soos Billy Graham, Franklin Graham, Bruce Wilkinson, Max Lucado and Lee Strobel die boek sterk aanbeveel.

Van die begin af was The Purpose-Driven Life en die 40 Days of Purpose veldtogte ekumenies gerig. In promosiemateriaal skryf Warren: Ons is almal in dieselfde span. Hy sÍ verder: Hierdie veldtog gaan oor die Koninkryk van God en sy agenda in die wÍreld. Niks verheerlik God meer as dat sy kerke, kleingroepe en volk sy doelwitte vervul nie. Omdat 40 Days of Purpose gaan oor die Koninkryk van God, is dit groter as enige individu, kerk of denominasie. Ons moet saamwerk om God se doel in ons generasie te vervul (Hand.13:36).

Warren haal onder andere die volgende persone positief aan om sy eie beginsels te ondersteun: C.S. Lewis (iemand wie se teologie van die inspirasie van die Skrif en selfs sy verlossingsleer nie ortodoks is nie), broeder Lawrence ('n Rooms-Katolieke mistikus), moeder Teresa ('n Roomse non), Billy Graham ('n evangelis wat hom in die openbaar daartoe verbind het om met Rooms-Katolieke, liberaliste, ens. saam te werk), Albert Schweitzer (een van die voorste liberaliste van die vorige eeu en bekend vir sy soeke na die historiese Jesus), Madame Guyon ('n sewentiende eeuse Roomse mistikus) en Bill Bright (die stigter van Campus Crusade for Christ).

Deur hierdie mense aan te haal, probeer Warren doelbewus 'n (valse) eenheid te bewerk.

2. Liefde en eenheid bo (en sonder) leersuiwerheid

In die lig van voorafgaande is dit nie vreemd dat die aandrang tot leersuiwerheid by Warren afwesig is nie.

Hy waarsku gelowiges nooit teen valse leer en skadelike geselskap nie. Inteendeel, dogmatiese suiwerheid is vir hom onbelangrik, want hy beklemtoon die belangrikheid van "liefde" en "eenheid" bo enigiets wat twis of verdeling kan veroorsaak. Hy benadruk dit dat gelowiges moet weier dat enigiets hulle verdeel. Hy vermaan hulle wat krities is oor die geloof, handelinge en leer van ander.

Warren glo met ander woorde: "Liefde" en "eenheid" moet heers oor "leersuiwerheid" in die kerk.

In die verband kan die volgende voorbeelde uit sy boek genoem word:

"God waarsku ons oor en oor om nie te kritiseer, te vergelyk of ander te oordeel nie (Rom.14:13; Jak.4:11; Ef.4:29; Mt.5:9; Jak.5:9). As jy bekritiseer wat 'n ander gelowige in die geloof en uit opregte oortuiging doen, meng jy in met God se besigheid. 'Watter reg het jy om iemand anders se diensknegte te oordeel? Net God kan besluit of hulle reg doen' (Rom.14:4 CEV)" (p.268). En: "Diensknegte dink aan hulle werk, nie aan wat ander doen nie. Hulle vergelyk, kritiseer of kompeteer nie met ander nie. Kompetisie tussen God se diensknegte is onlogies om verskillende redes: Ons is in dieselfde span. Ons het nie verskillende opdragte ontvang nie" (p.268).

In 'n onderhoud met USA Today het Warren verklaar: Ek gaan nie betrokke raak in 'n debat oor sake wat nie wesenlik is nie. Ek sal nie probeer om ander denominasies te verander nie. Waarom verdelend wees?

3. 'n Veldtog van veertig dae

Warren deel sy boek in in veertig hoofstukke. Die leser is veronderstel om 'n hoofstuk per dag te bestudeer.

Die skrywer grond die veertig-dae-indeling van sy boek op die gebruik van die getal veertig in die Bybel (p.10-11). Hy sÍ: Die Bybel is duidelik dat God veertig dae as 'n geestelik betekenisvolle periode beskou. Wanneer God iemand vir sy doelwitte wil voorberei, beweer Warren, neem Hy veertig dae. Hy noem dan onder andere die volgende voorbeelde:

Wat Warren sÍ, is doodeenvoudig onwaar:

Reeds op die eerste bladsye van sy boek leer ons Warren ken en sien ons in watter rigting sy boek gaan: Hier is absoluut nie 'n betroubare eksegeet aan die woord nie, maar iemand wat die Skrif inspan Ė verdraai Ė om by sy doel te pas. Dit sien 'n mens helaas meermale in die boek van Warren: dat Skrifgedeeltes verdraai word, buite verband aangehaal word en half aangehaal word.

In verband met sy 40-dae-boek maak hy nog diť stelling: Die volgende 40 dae sal jou lewe transformeer. Dit is 'n aanmatigende en 'n on-Bybelse stelling. Wie is jy as mens om te besluit of jou boodskap 'n mens gaan verander of nie? Dit is in die hande van die soewereine God om dit te doen. 1 KorintiŽrs 3:6 leer ons iets anders as wat Warren verkondig: "Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei". Boonop leer die Woord ons dat vele die Woord in ongeloof verwerp.

4. My Covenant of God se verbond?

Voordat Warren met sy 40 hoofstukke begin, kry die leser eers 'n onderneming, 'n kontrak, wat die leser en sy maat moet onderteken (p.13). Warren noem dit "My Covenant", die verbond van die ondertekenaars met God. Daarin word die volgende deur die ondertekenaars onderneem: "With God's help, I commit the next 40 days of my live to discovering God's purpose for my live".

'n Ent verder (p.84) het ons 'n duidelik verklaring van Warren self van waar hy aan sy my covenant kom en wat hy daarmee bedoel. Hy vertel van 'n gesprek wat hy gehad het met Bill Bright, die stigter van Campus Crusade for Christ en Ė soos hy hom noem - een van die groot Christen leiers van die twintigste eeu. Op 'n keer het Warren hom gevra hoekom God hom so gebruik en geseŽn het in sy lewe. Daarop het Bright geantwoord: "Toe ek 'n jongman was, het ek 'n kontrak met God gesluit. Ek het dit letterlik uitgeskryf en my naam onderaan geteken. Die kontrak lui: Van hierdie dag af is ek 'n slaaf van Jesus Christus". En dan vra Warren aan sy lesers: Het jy al ooit so 'n kontrak met God geteken? Of is jy nog steeds besig om met God te stry oor sy reg om met jou lewe te doen soos Hy wil? Nou is die tyd om jou lewe oor te gee aan God Ė aan sy genade, liefde en wysheid.

Hoe is dit moontlik dat Gereformeerdes hulle aangesproke kan voel deur so 'n boek en deur sulke gedagtes? Daar bestaan nie so iets soos my verbond met God nie. Die Woord weet net van God se verbond. Die Bybel ken ook nie so iets dat die mens van sy kant 'n verbond sluit met God as 'n gelykwaardige party nie. Inteendeel, God se verbond is eensydig in sy ontstaan: Sonder dat ons daarvoor gevra het, van alle ewigheid af, dus voor ons geboorte, het God sonder ons oor ons besluit. By ons doop het Hy sy verbond ons opgelÍ en ons vermaan en verplig tot geloof en 'n nuwe gehoorsaamheid. Hy het na ons toe gekom nog voordat ons na Hom toe kon kom. Daar by die doopvont Hy het ons 'n plig opgelÍ en nie gewag op ons commitment of 'n kontrak van die mens nie.

Hoe is dit moontlik dat Gereformeerdes, wat met aflegging van geloofsbelydenis ja geantwoord het op God se verbond by die doop, ja gesÍ het voor die heilige aangesig van God, nog 'n kontrak (my covenant) met God wil sluit en allerhande ondernemings aan Hom wil gee? Moet ons commitment en ons handtekening ons nou dring tot 'n doelgerigte lewe? Of moet die erns van God se verbond, opgelÍ deur Hom in die uur van ons doop en ons aflegging van geloofsbelydenis ons verplig tot 'n nuwe gehoorsaamheid?

Dit is bedenklik dat Warren hom alreeds by die begin en uitgangspunt van sy boek aansluit by iemand wat 'n Arminiaan is, 'n aanhanger van die leer van die vrye wil. Dit moet ons al waarsku.

5. Die doel van ons lewe

Die titel van sy boek moet al vir ons sÍ waaroor dit vir Warren gaan: die doel van ons lewe.

In die eerste hoofstuk sÍ die skrywer heeltemal tereg: Om die doel van ons lewe te ontdek, moet ons na die Woord toe gaan. In die verband haal hy EfesiŽrs 1:11-12 aan.

EfesiŽrs 1:11-12 is dus vir Warren beslis 'n belangrike teksgedeelte. Daarom wil ek nou twee dinge doen:

5.1. EfesiŽrs: Lofprysing van God se dade

EfesiŽrs 1:3-14 is een groot lofsang op die dade van die Drie-enige God, die Vader (v.3), die Seun (vv.3, 5 ev) en die Heilige Gees (v.13).

EfesiŽrs 1:3-14 'n jubelsang op God Drie-enige se die genadige daad van uitverkiesing. Dit het gebeur sonder ons toedoen, sonder ons dade.

Vers 11 vestig ons aandag op die verlossingsdade van Christus: Dit is in Christus, in Wie ons ook 'n erfdeel van God geword het. Die uitdrukking in Christus is die trefwoorde van die hele gedeelte. Alleen in sy bloed is ons tot erfdeel van God gemaak. 'n Erfdeel is jy nie deur eie toedoen of verdienste nie. Diť gedagte van onverdiendheid, iets wat sonder ons toedoen gebeur, kom nog sterker na vore as ons weet dat ons die woorde 'n erfdeel geword het in die lig van tekste soos Numeri 26:55-56, 33:54, 34:13 en 36:2-3 soos volg kan vertaal: Die lot het op ons geval. Erfdeel is dus 'n woord wat sy wortels het in die Ou Testament. Ons hoor dit ook onder andere in Deuteronomium 4:20 (Maar die Here het julle geneem en julle uit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is) en in Psalm 33:11 (Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het ). Vanuit Deuteronomium 4:20 en Psalm 33:11 val daar verdere lig op die woord erfdeel in EfesiŽrs 1:11. Dit is naamlik opvallend dat ook in hierdie twee Ou Testamentiese tekste die woord erfdeel of erfvolk in die raamwerk van God se genadige, onverdiende uitverkiesing staan: Ps.33 (uitgekies); Deut.4:20 (vgl. hierby Deut.7:7 en 9:4,6). God se dade word belig.

Hoor net hoe mooi verkiesing en lot in die beryming van Psalm 33 saamgevat word:

Salig wie tevore / deur Hom is verkore

as sy erf en lot (33:6)

God se wonderdade en dit alleen staan in hierdie Skrifgedeelte in die middelpunt.

In EfesiŽrs 1:3-14 staan drie maal (vv.6, 12, 14) die frase tot lof van sy heerlikheid en telkens gaan dit daarom dat God se heerlikheid in sy dade geprys word. Hier het ons dus die doel van God se werke: die lof van sy heerlikheid, die prys van sy dade.

Die Verkiesingsjubel (Skrifberyming 24:3) verwoord die diepste bedoeling van hierdie woorde:

Tot roem en prys van Gods genade,

die grond van ons behoudenis,

sing ons nou van sy reddingsdade

in Hom wat die Geliefde is.

5.2. Rick Warren: die mens se dade in die middelpunt

Dit is duidelik wat die doel van EfesiŽrs 1 is: dat God verheerlik sal word oor sy dade in Christus.

Die vraag is: Is dit ook Warren se doelwitte in sy boek?

In hoofstuk 7 stel Warren inderdaad die vraag: Hoe kan ek God verheerlik? Daarop antwoord hy: Daar is baie maniere om God te verheerlik, maar dit kan opgesom word in God se vyf doelwitte met jou lewe. Warren noem dan die vyf en sÍ wat hy met elkeen bedoel. En - bekyk ons hierdie vyf doelwitte noukeurig, dan sien ons: NÍrens in die vyf punte kom die werk van Christus, dat Hy sy bloed vir ons gestort het, en God se genadige daad van uitverkiesing in Hom ter sprake nie. Dit is net ons, ons, ons. Dit is net die mens se dade, wat die mens moet doen en nie wat Christus gedoen het nie.

Dit is sekerlik nie so dat Warren die Heilige Gees en Christus heeltemal weglaat nie. Hy gebruik ook uitdrukkings soos "met die hulp van God". Tog is sy tekening van die werk van die Heilige Gees en die werk van Christus nie die van die Bybel nie. Dit sal in die vervolg aangetoon word.

5.3. EfesiŽrs 1 nog 'n voorbeeld van Skrifverdraaiing deur Warren

EfesiŽrs 1:11-12 is nog 'n goeie voorbeeld van hoe Warren Skrifgedeeltes misbruik en verdraai. Hy kies ook juis daardie vertalings, wat by sy doel pas.

In die geval van EfesiŽrs 1 gaan Rick Warren uit van die Message (MSG) se parafrase van hierdie vers, wat lui: "It's in Christ that we find out who we are and what we are living for. Long before we first heard of Christ and got our hopes up, he had his eye on us, had designs on us for glorious living, part of the overall purpose he is working out in everything and everyone".

In die grondteks staan egter: "In Hom (AHB = in Christus) in Wie (AHB = in en deur sy bloed) ons ook 'n erfdeel (AHB = van God) geword het, nadat ons tevore daartoe verordineer (AHB = bestem) is ooreenkomstig die voorneme van Hom Wat alle dinge werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het".

Die what we are living for staan nie in die oorspronklike nie, maar dit pas wel Warren se doel. Dat God oogmerke met ons het vir glorious living is heeltemal iets anders as wat eintlik daar staan: sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid.

Die probleem met die MSG Ė en dit slaan ook deur in Warren se hele boek - is duidelik: In hierdie parafrase is dit nie meer duidelik dat God se dade in EfesiŽrs 1 in die middelpunt staan nie. Dit gaan oor ons dade Ė what we are living for en ons glorious living - en nie oor God se dade in Christus en sy genadige uitverkiesingsdaad in Hom, wat geloof word in ons onverdiende verlossing nie. Dit is ook te sien in die feit dat die MSG die veelseggende woord erfdeel Ė God se verkiesende genade in Christus alleen- weglaat.

6. God wag vir die mens om eerste te handel

Deuteronomium is die invalspoort tot die verstaan van die Ou Testament. Romeine is die invalspoort tot die verstaan van die Nuwe Testament. En - hoofstuk 22 van The Purpose-Driven Life kan die invalspoort tot die teologie van Warren genoem word. Wie sy teologie wil verstaan en wil sien in sy Arminiaanse karakter, moet hier gaan lees.

Hy skryf: God wag vir jou om eerste te handel. Hy verduidelik: Ons moet saamwerk met die Heilige Gees se werk. Dwarsdeur die Bybel sien ons oor en oor hierdie belangrike waarheid geÔllustreer: Die Heilige Gees laat sy kragte los diť oomblik as jy 'n geloofstap doen. As Josua gekonfronteer word met die onoorkombare hindernis van die vloedwaters van die Jordaan, bly die waters staan slegs nadat die leiers die stroom in gehoorsaamheid en geloof ingestap het.

Net voor laasgenoemde paragraaf sÍ hy: Ons laat Christus toe om deur ons te leef.

Dit is nie die taal van EfesiŽrs 1 nie. Dit is die taal van Arminius: God moet wag vir ons; ons laat Christus toe. Dit beteken: die mens beskik oor sy lot of erfdeel.

7. Aan Christus gelykvormig

Die derde doel van ons lewe is volgens Warren om meer en meer soos Jesus te word, dit wil sÍ heiligmaking (Warren se kursivering).

Dit is nie iets wat ons self kan doen nie, sÍ hy. Slegs die Heilige Gees het die krag om daardie veranderings in ons lewe te bring.

Christus-gelykvormigheid, stel hy, word nie bewerk deur nabootsing (imitation) nie, maar deur inwoning (inhabitation). Ons laat Christus toe om deur ons te leef. Hoe gebeur dit in die werklike lewe? Deur die keuses wat ons maak. Ons kies - weer is dit die mens - om die regte ding in situasies te doen en vertrou dan God se Gees om ons die krag, liefde, geloof en wysheid te gee om dit te doen. Omdat die Gees van God in ons woon, is hierdie dinge altyd vir ons op aanvraag beskikbaar.

Vir sommiges mag dit miskien baie mooi klink, maar die fout wat gemaak word, is dŪt: 'n Mens soek by Warren tevergeefs na Christus se heilswerk aan die kruis (die afsterf van die ou mens) en in sy opstanding (die opstaan van die nuwe mens) Ė dinge wat die hart vorm van die heiligmaking en die diepste geheim en bron is van 'n lewe van navolging van Christus. Ons belydenis maak nooit ons heiligmaking los van die kruis nie, want hoor maar wat ons Heidelbergse Kategismus (Son.16, v/a 43) sÍ van die nut van Christus se kruisdood: Deur sy krag word ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe. Gevolglik (kursivering van my Ė AHB. Gevolglik, d.w.s. deur en danksy die kruis) kan ons sondige begeertes nie meer oor ons heers nie, maar kan ons onsself as 'n dankoffer aan Hom toewy. Dieselfde sien ons in antwoord 1 van die Heidelberger, waar ons geleer word dat Christus ons daarom Ė dit wil sÍ deur sy kruis en bewaring - deur sy Heilige Gees van harte gewillig en bereid maak om voortaan vir Hom te lewe. Christus werk in ons deur sy Gees en die Heilige Gees kom tot ons met die hele Christus.

Warren maak Gees en Woord, die Woord wat die kruis en opstanding verkondig, van mekaar los. Daarenteen wortel ons belydenis ons heiligmaking diep in die verlossingswerk van Christus. Ons heiligmaking kan nooit losgemaak word van kruis en opstanding nie. Ons kan ons dankbaarheid nooit diep genoeg in die verlossingswerk van Christus intrek nie.

Warren se leer van heiligmaking is brandarm. Dit is 'n heiligmaking sonder die gekruisigde en opgestane Christus. Christus is net 'n voorbeeld. Dit is nie die heiligmakingsleer van die Bybel nie.

8. Verbond en Doop

As sy tweede doel waarvoor ons hier op aarde is, noem Warren dat ons geskape is vir God se familie.

Onder hierdie hoof kom sy verbonds- en doopbeskouing ter sprake.

Reeds die feit dat Warren 'n Baptis is, moet ons waarsku: Ons kry hier nie 'n Gereformeerde verbonds- en doopbeskouing nie. Dit spreek vanself dat Warren uitgaan van die grootdoop.

Warren praat nie van verbondsvolk nie, maar van familie. Die voorwaarde om deel te word van hierdie familie, is geloof in Jesus. Dit gaan dwars teen die Gereformeerde belydenis in, wat leer dat jong kinders net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (HK Son 27 v/a 24).

9. Nog 'n voorbeeld van Skrifverdraaiing

Nog verskeie voorbeelde van Warren se Skrifverdraaing kan genoem word, maar ek volstaan met hierdie een:

Bo-aan hoofstuk 7 Ė The Reason for everything Ė word Spreuke 16:4 aangehaal. Of meer korrek: Dit word half aangehaal. Net die gedeelte wat by sy boek se doelwitte pas, word aangehaal: "The LORD has made everything for his own purposes" (NLT). Die volle teks lui egter: Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

10. Musiek in die kerk van Saddleback

Dit staan nie in die boek nie, maar ek wil hierdie gedeelte afsluit met die relaas van iemand wat dienste van die Saddleback Church bygewoon het. Hy vertel: Die musiek was pure ruk-en-rol. Daar was vyf sangers, twee elektriese kitare, 'n dromstel, 'n elektriese sleutelbord, twee saksefone, 'n klavier, trompet, tromboon en fluit. Drie spesiale items is gelewer gepaardgaande met nagklubeffekte, kompleet met swaaiende ligte in die agtergrond en aantreklike sangeresse, wat dans op die musiek. Dit het nie gelyk asof veel mense deelneem aan die erediens nie. Die meeste het bloot net gesit en kyk na die vertoning.

11. Die doel van EfesiŽrs 1 gemis

Ek kan nie, in die lig van wat gesÍ is, die boek van Warren aanbeveel nie. Inteendeel, Gereformeerdes moet ernstig hierteen gewaarsku word. Ons ontmoet hier nie Calvyn nie, maar wel Arminius. Warren se Purpose Driven Life is nie Christ driven nie. Daar is geen heil in hierdie boek nie, want alleen die volle Christus is ons heil en ons heiligmaking. Die gees van Warren is nie die Gees van Christus nie, want die Gees van Christus bring die gekruisigde en opgestane Christus. Die Gees van Christus verheerlik Christus en dit gebeur nie in The Purpose Driven Life nie.

Die doel van EfesiŽrs 1 Ė om God se dade in Christus te prys Ė word gemis in The Purpose Driven Life.

Die outeur beloof 'n 40-dae geestelike reis. Wat u kry, is 'n 40-dae rondswerf in 'n woestyn van dwaalleer.