Ps.93
 

Oordenking 1

Lees: Ps.93
Teks: Ps.93
Tema: Jou God is Koning

"Rus, my siel, jou God is Koning,
 oral voer Hy heerskappy..."

So word daar gesing in 'n baie bekende geestelike lied: Rus my siel, want jou God is Koning. Rus my siel, want oral voer Hy heerskappy. Die Here se Koningsheerskappy is die grond vir ons rus. Midde in 'n see van onrus en geweld, omgewe deur die woedende aanvalle, kan ons as gelowiges rustig, kalm, wees. En die rede: Ons God is Koning, oral voer Hy heerskappy. Wat 'n gemoedsrus moet dit ons nie gee nie: Nie net die volkeregeskiedenis is in sy hande nie, maar ook my persoonlike lewe; nie net wat in ons land gebeur nie, maar ook dit wat ek elke dag wedervaar, hoe moeilik, hoe swaar ook al.
"Rus my siel, jou God is Koning", dit kan ons ook gerus maar die tema, die groot boodskap, van Ps.93 noem. Want vv.1-2 handel oor ons Koning en sy almag en vv.3-5 leer ons watter rus en troos ons daaruit ontvang.

Ons Psalm is een van die paar sogenaamde Koningspsalms. Dit is Psalms wat sing van die koningsheerskappy van God. Maar dan jubel die Psalmdigters op so 'n wyse oor die koningsheerlikheid van die HERE, dat uit hierdie liedere strominge van troos voortvloei en golwe van bemoediging op sy Kerk afkom. Ja, reeds onder die Ou Verbond was die regering van die HERE, die gedagte dat die lewe van sy kinders in sy hande is, so 'n aangrypende gedagte dat hulle nie anders kon nie: Hulle moes sing; hulle moes juig daaroor. In hulle psalmgesang wou hulle diť evangeliese wonder, hierdie blye boodskap, onder woorde bring.
"Die HERE is Koning." So begin die Psalmis. 'n Wonderskone begin. Want ons moet goed lees wat geskrywe is. Daar staan: Die HERE, met vier hoofletters geskryf. Daar word in die Bybel ook nog 'n ander naam vir God gebruik, nl. Here, met kleinletters geskryf. Daardie kleinletternaam beteken soveel as koning. Die hoofletter HERE daarenteen is die verbondsnaam van die HERE. In daardie naam het elke gelowige Israeliet, telkens wanneer hulle dit gehoor het, hierdie blye boodskap gehoor: Diť God wat Here, wat Koning is oor alle dinge, Hy is dieselfde God wat met ons 'n verbond gesluit het; dit is dieselfde God wat ons deur die verbond tot sy kosbare en dierbare eiendomsvolk gemaak het. Hier God wat heers oor die ganse wÍreld, dit is dieselfde God wat Hom op 'n allerbesonderste wyse deur die verbond aan ons verbond het en wat in sy verbond sulke grootse dinge aan ons beloof het.

En wat 'n Koning is Hy nie! Wat 'n Regeerder van onvergelykbare formaat is ons Verbondsgod nie, want:"Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord." Die beeld wat ons hier voor oŽ geroep word, is die van 'n held, 'n krygsman wat uittrek vir die stryd. So sien die Psalmis sy Verbondsgod: As 'n heldhaftige soldaat wat opruk vir die oorlog. En wat 'n krygsman is ons Koning nie: Want Hy het Hom met sterkte gegord. AlvermoeŽ is die gordel van sy heupe. Daarom sal die anti-goddelike en die kerkvyandige niks vermag nie. Want wie van hulle is opgewase teen so 'n gedugte God. Ja, so Koning het die Kerk! So sterk!

En dan brei die Psalm verder uit op die tema van God se koningsheerskappy:"Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is u." Aardse trone sal wankel, maar u troon nooit. WÍreldryke verskyn en verdwyn, maar u heerskappy is van ewigheid tot ewigheid.
Hoeveel wÍreldryke het nie al in die wÍreldgeskiedenis opgekom, om dan, na 'n tyd weer in die niet te versink nie. Maar so is die ryk van God nie: Dit bly vir altyd. Geen koning, hoe magtig ook al, geen duiwel, hoe sterk ook al, kan ons almagtige Verbondsgod, die HERE, van sy troon stoot nie.

Maar nou moet ons Ps.93 ook deurtrek na die Nuwe Testament. Want hierdie Psalm is uiteindelik niks andes as 'n loflied op die koningsheerlikheid van die Koning van die Kerk, ons Here Jesus Christus, nie. In Ef.1 skrywe Paulus van sy hemelvaart, wat eintlik niks anders as die troonsbestyging van ons Koning was nie. Daar sÍ die apostel van Jesus dat die Vader "Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele." En wat 'n Koning is Hy nie, want Hy troon daar "bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wÍreld nie, maar ook in die toekomstige." En ons is die eiendomsvolk van so 'n Koning, wat staan bo ale magte wat woel en beweeg in hierdie wÍreld. Hy het alles in sy hand.

As Krygsman het ons Here Jesus Christus uitgetrek en op die slagveld van Golgota het Hy die Satan en sy trawante verpletter. Wie sou dan vrees vir hierdie magte? Ons Koning het immers gewys dat Hy die meerdere is en is ons lewe nie in sy hand nie?

Ons Koning is almagtig. Hy is beklee met alle mag in die hemel en op die aarde. Daarom kan ons as gelowiges met rus en vertroue voortgaan, elke dag, as ons daaraan dink. Maar, sÍ Calvyn, juis lÍ ons probleem. Juis hierin lÍ die oorsaak van al ons angs en ons onsekerheid, dat ons nie daaraan dink dat ons Koning met mag omgord is nie. Wie bang en bewend die toekoms tegemoet gaan, beroof God van sy Koningsheerskappy, sÍ Calvyn. So iemand vergeet dat Hy regeer, dat Hy Koning is en dat Hy alle dinge in sy hande het.
Was ons waarlik oortuig van die almag van ons Here Jesus Christus, dan sou ons 'n onoorwinlike steun teen alle aanslae van versoekings gehad het. Maar, sÍ Calvyn, hoeveel gelowiges is daar eintlik wat, soos dit hoort, hierdie skild van God se almagtige koningskap aan die vyandige wÍreldmag voorhou? Hoeveel van u soek daarin, ook in die donker dae waarin ons leef, rus vir u hart en u gemoed?

En juis dit wil die Heilige Gees ons in Ps.93 leer: Jou God, die HERE wat met jou 'n genadeverbond gesluit het en by jou doop beloof het dat Hy jou en jou nakroos altyd naby sal wees - Hy, Hy is die EEn wat regeer in hierdie wÍreld. Hy is beklee met mag en majesteit. En daarom: Rus, my siel.

Daaroor volgende keer meer.

Oordenking 2

Lees: Ps.93
Teks: Ps.93
Tema: Rus, my siel. Jou God is immers Koning

In vv.3-5 kry ons, wat ons gerus kan noem, die toepassing van hierdie Psalm. Uit die heilsfeit van die HERE se almagtige koningskap oor alle dinge maak die Psalmis nou sekere troosryke afleidings. In die nood wat wat hy en die Kerk van sy tyd ondervind, vind hy in die alvermoeŽnde koningsheerskappy 'n oneindig heerlike troos.

In vv.3 en 4 skilder hy sy nood met beelde wat hy aan die natuur ontleen:"Die riviere, o HERE, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas." Voor hom sien hy die see met sy woedende golwe.

Die see en die riviere met hulle magtig-dreigende waters en hul siedende golwe waarmee hulle aanstorm op die land en die rotse bedreig, is in die Bybel deurgaans simbool aanslag van die Gode- en Kerk-vyandige magte teen die HERE en sy Kerk( Ps.65:8; Ps.89:10; Jes.17:12).

Die ontsaglike watermassa van die see is vir die Psalmdigter beeld van die menigte van vyandige heidenvolkere rondom Israel. By die riviere dink hy weer aan Israel se magtigste vyande, aan Egipte met sy Nyl-rivier, AssiriŽ met sy indrukwekkende Tiger en Babilon met sy groot Eufraat-rivier.

Hoe het diť magtige nasies die Kerk van die ou tyd nie dikwels vrees aangejaag nie.
Maar kyk nou wat doen die Psalmdigter van Ps.93: Wanneer hy so die nood aan alle kante sien, dan kyk hy nie, soos 'n Petrus later, in die woedende golwe vas nie, maar hy slaan se blik na bo. So 'n Hiskia van ouds lÍ hy sy nood voor die HERE neer. Hy gee nie net 'n beskrywing van die vreeslike aanslag teen volk van God nie, maar hy sÍ:"O, HERE". "Die riviere, o HERE,... het hulle gebruis verhef." Dit is dus 'n gebed. Dit is die weg wat die Psalmdigter met sy nood gaan: Deur die gebed dra Hy dit op aan God.

Hoe anders reageer ons nie op die probleme van die Kerk van ons tyd nie. Ons praat daaroor, ja. Maar praat ons met God daaroor? En word ons blik slegs vasgevang deur die aanvalle en die aanslae van alle sye, of hef ons ons oŽ ook op na God wat in die hemel troon? Want as ons ons aandag nie vestig op ons Here Jesus nie, dan sink ook ons, net soos Petrus, weg in die golwe.

Die digter van Psalm 93 laat nie toe dat sy aandag vasgevang word deur die gebruis van die nasies teen die volk van die HERE nie. Hy slaan sy oŽ op na die HERE en dan word sy gebed 'n belydenis:"MEER as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!" Hoor u dit? Hoor u die jubelende, vreugdevolle triomf in sy woorde? O, die nasies mag magtig wees:

 "Maar oor hul, in die hoogte, sit die HEER,
  geweldiger as vloed van storm en meer,
  geweldiger as golwe van die see
  as Hy van bo sy stormbevele gee( Ps.93:3, berymd)."

Rus my siel, jou God is Koning! Nie die vyandige nasies het die septer in die hand nie, maar Hy heers as hoogste HEER! Nie die vyand bepaal die lot van die Kerk nie, maar ons lewe is in die hande van die alvermoeŽnde Koning van alle dinge! Daarom, rus my siel.

Maar nie net die almag van God is vir die digter tot troos nie. Ook in sy verbondstrou, vind hy so 'n heerlike vrede en so 'n soete rus. Ook daarvan wil hy sing:"U getuienisse is baie betroubaar." Die getuienisse waaroor hy dit dan het, is die beloftes van die HERE aan sy volk. Hy het immers in sy verbond belowe dat Hy sy volk sal beskerm, sal red, sal verlos uit die hande van al hulle vyande. En die Psalmis weet: Die HERE, sy Verbondsgod, is volkome betroubaar. Op sy Woord kan jy staatmaak. Hy sal doen wat Hy beloof het.

 "Al u getuig'nis, HEER, is gans getrou,
 belofteword sal U vir altyd hou( Ps.93:4a, berymd)."

En op grond van sy trou weet die Psalmdigter, sal die tempel van die HERE, d.w.s. sy gemeente, ook nog mŰre en oormŰre daar staan.

 "U tempel sal, wat ook om ons vergaan,
  net soos u trou, onskendbaar bly bestaan( Ps.93:4b, berymd)."

In die almag en die trou van die HERE, in die koningskap van sy God, vind hy troos."Rus, my siel, jou God is Koning."

Vandag, seker meer as ooit te vore in die Kerkgeskiedenis, word die volk van God bedreig. Die aanslag is enorm. Die een golf na die ander breek teen die muur van die Kerk aan. Nog nooit in ons volk se geskiedenis was die afval en die geestelike verval so groot as nou nie. Strome van perverse lektuur dreig om ons en ons jeug mee te sleur. oor die christelike karakter van ons skole en die christelike karakter van ons leerplanne in die toekoms hang daar 'n enorme vraagteken. Dit alles dreig om 'n mens so pessimisties, so swartgallig te make. Wat moet van ons Kerk, wat moet van ons Kerkjeug word in 'n samelewing waarin die Satanisme 'n ongekende opbloei beleef en die anti-christelike New Age-beweging daagliks toeneem in mag? Hoe kan 'n mens kinders opvoed in so 'n wÍreld? Ja, krasser nog, is dit nog goed om in hierdie dae kinders in die wÍreld te bring?

Ja, sulke gedagtes maal in 'n mens se kop...as 'n mens in die golwe vaskyk, as jy jou as gelowige blindstaar op die groot mag van die antichris in hierdie eeu. Maar ons blik moet hoŽr op, op na Hom wat BO die golwe troon. In die geloof moet ons opsien na Hom van Wie Ps.65:8 sÍ dat Hy "die gebruis van die seŽ stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke." Ons moet sien op Jesus, gegord met almag, wat altyd gereedstaan om ons te red, te beskerm en te bewaar. As Koning-Veldheer trek Hy uit tot ons verlossing.
Maar ons moet ook bedink dat ons die merkteken van diť Koning dra, die teken van sy verbond, die doop. Ons en ons kinders is gemerk as sy eiendomsvolk. En dan moet ons ook dink aan die heerlike en grootse verbondsbeloftes wat hierdie Koning vir ons gegee het, hoe Hy vir ons en ons nageslag by die doopvont gesÍ het: Ek wil jou Vader wees en Ek wil jou met alle goeie dinge versorg en alle kwaad van jou afweer of tot jou beswil laat dien...En Hy wat DIT gesÍ het, is absoluut betroubaar. Hy bly by sy Woord.