Ps.77
 

Oordenking 1

Lees: Ps.77
Teks: Ps.77:12,13
Tema: Die harde werklikheid en die inwendige stryd wat dit meebring

Ons kan Psalm 77 in twee dele verdeel. In vers 2 tot 11 staan Asaf voor die probleem van die harde werklikheid en vertel hy watter inwendige stryd dit by hom ontketen het. In vers 12 begin deel 2. Vandaar tot aan die einde vertel hy van die troos van die Woord.

Asaf en sy volk, die kerk van die HERE, was in nood. Wat dit presies was, word nie vir ons ges nie. Miskien was die volk Israel toe in die Babiloniese ballingskap of dalk is hulle deur 'n ander vyand verdruk.

Wat die digter onder di moeilike omstandighede gedoen het, is besonder prysenswaardig: hy het sy gedagtes laat teruggaan in die geskiedenis. Met ander woorde: hy het hom in die Bybelse geskiedenis verdiep. Dit s hy in vers 6:"Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare". Ja, hoe het die HERE nie sy volk in die verlede versorg en gered en dag vir dag gedra nie.

Maar dan die skokkende: in plaas dat hierdie man moed skep uit die Woord, slaan dit hom juis plat. Hy raak verbysterd en verslae wanneer hy opkyk uit die Boek van God se dade in die lewe van sy volk en sy blik laat gaan na die smartlike hede. Waarom? Want hy sien niks nie! Hy sien God nie! Dit lyk asof God nie daar is nie, asof Hy sy volk vergeet het! Ja, dit lyk asof die HERE sy volk losgelaat het en glad nie meer aan hulle dink nie. Want gaan hierdie man se o oor die bladsye van die Heilige Skrif, dan lees hy daar, in sy Bybel, van God se wonderdade in die lewe van sy kerk. Maar…...kyk hy rondom hom, dan bemerk hy niks daarvan nie! Dan sien hy geen redding nie.

Dt was die oorsaak van die man se bittere inwendige stryd: die Bybelse geskiedenis teken nou wel God as Helper in die nood, maar in die nood van die hede merk hy dit nie en in die smart van sy dae ontwaar hy God se hand nie.

Hierdie probleem het hom slapelose nagte gekos. Hy het byna sonder ophou daaroor gebid het. Hy kon dit doodeenvoudig nie verstaan hoe die HERE, wat vroer sy volk altyd gered het, hulle nou maar oorgee aan die geweld van die vyand nie (vv.2-5).

Bange vrae het in sy gemoed opgekom: is dit nou gedaan met die HERE se verbondsliefde en genade? Het Hy in sy toorn die fontein van sy ontferminge vir altyd toegesluit? (Vv.8-10)
In vers 11 kom die klimaks - of sal ons liewer s: die laagtepunt - van sy benoude klag, wanneer hy dit uitkerm:"Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander het!" Dit is my grootste kwelling, dat die HERE nie meer dieselfde is as in die geskiedenis nie, dat, waar sy hand vroer reddend ingegryp het, Hy ons vandag nie meer wil red nie, maar ons losgelaat het.

Die probleem van die digter kan so opgesom word: die Bybel praat een taal, maar die harde werklikheid spreek ‘n ander taal. Die Woord leer ons dat God goed is vir sy kinders en dat Hy sy beloftes nooit vergeet nie. Daarenteen s die siekte wat my tref en die nood wat ek ondervind skynbaar heeltemal iets anders.

Oordenking 2

Lees: Ps.77
Teks: Ps.77:12,13
Tema: Die troos van die Woord: die heerlike werklikheid van God se liefde

Die digter het 'n probleem gehad. Hy het egter ook biddende - ja, moet dit tog asseblief nie miskyk in hierdie Psalm nie - , onder leiding van die Heilige Gees, gekom tot die oplossing van die probleem. Hierdie oplossing het hy opgeskrywe , sodat ons, net soos hy, getroos mag wees.

In vers 12 tot 13 deel hy ons die oplossing mee: hy het vir 'n tweede keer sy Bybel opgeneem en weer begin blaai in die Boek van die groot dade van God in die geskiedenis!
Dit klink seker vir u na 'n yslike teenstrydigheid: eers was hierdie man op die punt om die Boek van God vir altyd weg te bre. Van die reddingsdade van God waarvan die Skrif melding maak, het hy immers niks gesien in die hede nie. Tans egter neem hy daardie selfde Troosboek op en hy verheug hom oor God se verlossingswerke in die verlede wat daarin beskryf word. Aan die klaaglike toestand van sy volk het nog niks verander nie en tog, wanneer hy nou die Woord opneem, verbly hy hom.

Ja, dit klink na 'n groot teenstrydigheid, maar in elk geval nie vir die wat glo nie. Want weet u wat was die digter en wat is ons probleem? Ons dink: sien is glo! Ons wil God se reddingsdade sien, dan sal ons glo. Dan sal ons glo dat Hy 'n Bewaarder van sy volk is. Maar dt is nie geloof nie! Wat is geloof dan wel? Dit het Jesus eenmaal aan Thomas ges: "Salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het"(Joh.20:29). En op 'n ander plek word van die geloof ges: "Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie" (Heb.11:1).

Weet u wat? Heel dikwels gee God ons nie sigbare en tasbare bewyse van sy redding nie. Al wat Hy ons gee, is 'n Boek: die Bybel! Dit is die boek wat getuig van God se oneindige mag en goedheid. Dit is al wat God in die nood van die hede ons in die hand stop. Daarmee moet ons tevrede wees, maar dit is ook meer as genoeg. Want daaruit moet ons leer dat die Bewaarder van Israel nooit sluimer of slaap nie. In di Boek straal sy almag ons tegemoet en aan alle kante skitter sy trou.

In vers 12 en 13 vertel die digter hoe hy die Boek van die geskiedenis gebruik het. Drie maal gebruik hy die woordjie "dink" : "Ek dink aan die dade van die HERE: ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd en al u werk oordink...". In die Bybel beteken die woord "dink" baie meer as om maar net met die verstand oor iets na te dink of om maar net kennis daarvan te neem. Om te dink oor God se dade beteken om ook daaruit te lewe, om dit op jou te laat inwerk. Dit beteken om vir jouself te s: di God is nog daar! Hy is nog dieselfde, ewe sterk en ewe trou!

Vanaf vers 16 vertel die digter aan watter deel van die geskiedenis hy gedink het: die wonder van die uittog uit Egipte en die magtige werk van die HERE toe Hy sy volk deur die Rooisee gelei het. Volgens Skrifverklaarders het ons in vers 16 tot 21 eintlik 'n Psalm in 'n Psalm: waarskynlik het ons hier te make met 'n oeroue lied wat die Israeliete al vir baie jare gesing het. Die digter van Psalm 77 maak di stokou bewoording, di ou, ou geskiedenis van God se almag en trou, sy eie.

Ons het 'n nog baie dikker Geskiedenisboek as die man van Psalm 77. Hy het net die Ou Testament gehad. Ons het boonop die Nuwe Testament. Asaf het net geweet van die verlossing uit die slawehuis van Egipte. Ons weet ook nog van Golgota en die oop graf. En hoe het die Here nie, op die mees luisterryke wyse, sy trou en sy almag in die kruis en in die opstanding van sy Seun geopenbaar nie. Daar is geen duideliker en sekerder en groter bewys van die liefde van God as die kruis nie. "Want so lief - so ontsaglik lief - het God die wreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het..." (Joh.3:16), ja, gegee het vir ons sondes en om ons 'n ewige verlossing te skenk. Daarom, as u ooit twyfel oor God se liefde vir u, of aan sy trou en sy almag, blaai dan in die boek van die Heilige Skrif en lees van die kruis en die graf.

Nogtans twyfel ons so dikwels. As die golwe van beproewing oor ons spoel, kom ons met ons vrae : Waar is God se liefde nou? Die duiwel is boonop 'n meester om sulke noodsituasies uit te buit en te vra: En nou, waar is nou jou God? (Ps.42:11)
As Satan ruk aan die ankers van ons geloof, wat doen God dan? Dan gee God ons tog iets om te sien ! Ja, Hy maak sy heerlike Woord sigbaar. Dit doen die HERE in die doop en die nagmaal.

In die doop kom die HERE na ons toe op so 'n heel persoonlike manier. Hy noem ons by die naam. Op die man af s Hy: Hy wil jou Vader wees en jou met alle goeie dinge versorg en alle kwaad van jou afweer. En as daar wel swaar kom, wil Hy dit vir jou ten goede laat meewerk.

By die nagmaal gaan dit ewe persoonlik daaraan toe. Daar s die HERE self vir ons: hier, hier is die liggaam van sy liewe Seun ook vir jou ! Neem, eet, dink - weer die "dink" van vers 12 en 13! - daaraan en glo dat die liggaam van Christus ook vir jou gebreek is. Hier is die hoogste bewys van sy liefde ook vir jou: neem, drink almal daaruit, "dink" daaraan en glo dat die bloed van ons Here Jesus Christus vergiet is tot 'n volkome versoening van al ons sondes.

Waarheen moet ons dus gaan met ons twyfels en ons kleingeloof ? Na God se Woord soos ons dit in die Bybel hoor en soos ons dit in doop en nagmaal sien. Daar laat God ons die werklikheid van die kruis en die werklikheid van Christus se genadeheerskappy sien. En daar leer ons, ondanks alle teslae, bely: waarlik, God is goed vir my!