Ps.107
 

Oordenking 1

Lees: Ps.107

Teks: Ps.107:4-9

Tema: 'n Danklied vir 'n dankseggingfees

Nagmaal is 'n fees. Nabetragting is dit eweneens: Dit is 'n dankseggingsfees. Dit is bedoel as fees waartydens ons die Here sal loof en prys vir sy verlossing. Dit kan ook nie anders nie. Aan die tafel van die Here is die rykdom van sy verlossing aan ons verkondig. Dit roep om reaksie van ons kant. Ons moet God daarvoor dank.

Psalm 107 is 'n besonder gepaste Psalm by Nabetragting. Dit het as opskrif: Danklied van die verlostes. Die Psalmdigter roep die kerk van sy tyd en God se volk van vandag op tot danksegging: "Loof die HERE". Daarvoor is daar alle rede, "want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid". Die HERE se goedheid is geopenbaar in sy verlossingswerk.

Na die inleiding, wat strek tot by vers 3, gee die Psalmdigter vier voorbeelde van die HERE se reddingswerk wat ons dring tot lofprysing. Vier flitse uit die geskiedenis laat sien hoe goed die HERE vir sy kerk is. Vier noodsituasies word voorgehou en hoe die HERE sy kinders telkens daaruit verlos het: Eerstens word verhaal hoe die HERE verlos het uit die woestyn, tweedens hoe Hy gered het uit die gevangenis, derdens hoe Hy verlos het van siekte en vierdens van doodsgevaar op see.

Hierdie gedig is wonderlik-mooi opgebou. Na die inleiding, word die Psalm in vier dele verdeel. Elkeen van hierdie vier dele het weer 'n vaste patroon: eerstens word die nood van die kerk geteken; dan word vertel hoe die volk gebid het; derdens maak die digter melding van die gebedsverhoring, hoe die HERE sy volk verlos het uit hulle nood; en vierdens word die kerk opgeroep tot lofprysing en danksegging. Ons kry dus hierdie vierdeling: nood-gebed-verlossing-danksegging.

Ek gaan by die eerste van die vier voorbeelde uit die geskiedenis in die volgende vier oordenkings stilstaan: die verlossing uit die woestyn.

Oordenking 2

Lees: Ps.107

Teks: Ps.107:4-5

Tema: Die NOOD van die kerk

In vers 4 tot 5 word een noodsituasie van die Ou Testamentiese kerk ons voorskilder: "Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ín stad om in te woon het hulle nie gevind nie. Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag".

Hierdie Psalm kom uit die tyd kort na die ballingskap. Die digter beskryf die ballingskap as 'n dwaal in die woestyn, op woeste paaie. Dit hoef ons nie letterlik op te vat nie. Inteendeel, in Babel het vele Israeliete dit so goed gehad, dat hulle nooit na Kanašn teruggekeer het nie. In die letterlike sin van die woord was Babel dus nie 'n woestyn nie. Die beeld van 'n woestyn teken wel hulle geestelike ellende en hulle diep treurige toestand in godsdienstige sin: Babel en die Babiloniese ballingskap was God se toorn teen hulle sonde. Die dwaal in die woestyn simboliseer God se straf.

Die digter sÍ verder: " 'n Stad om in te woon het hulle nie gevind nie". Daar in Babel was hulle ver van Jerusalem, die stad van die lewende God. Hoewel die tempel op daardie stadium verwoes was, het die Israelitiese ballinge hulle ballingskap ook ervaar as afgesny wees van die tempel, daar waar God gewoon het en Hom in sy liefde aan sy volk geopenbaar het. Na sy teenwoordigheid het hulle in die woestyn van Babel gehonger en gedors. "Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag".

Dit was te wyte aan hulle eie sonde dat hulle in die woestyn beland het. Ons sonde vervreem ons van God. Dit bring sy toorn oor ons.

Wat het die kerk van die HERE toe gedoen? Dit in die volgende oordenking.

Oordenking 3

Lees: Ps.107

Teks: Ps.107:6a

Tema: Die GEBED van God se volk

Die kerk was in nood.

Wat het hulle toe gedoen? "Toe het hulle die HERE aangeroep in hulle benoudheid". Die kerk het geweet waarheen hulle met hulle nood moes gaan: na God toe. Hulle het gebid.

Dit moet u egter nie verkeerd verstaan nie. Van nature weet ons dit nie. Uit ons eie gaan ons nie na die HERE toe nie. Soos Adam en Eva in die paradys vlug ons weg van God af. Ons is nie van nature bidders nie, maar vlugters. Die gebed self is daarom reeds 'n deel van die verlossing. Dit is 'n wonder van God as mense hulle nood besef en begryp dat hulle verlossing nodig het. Dit is God se genade wat ons op ons knieŽ bring en dit is alleen danksy sy goedheid dat ons ons hande hulpbehoewend uitsteek na Hom toe. Die gebed is 'n gawe van die Heilige Gees.

Wat 'n wonder is die gebed nie. Vir mense wat vergaan in hulle nood, sÍ die HERE: Kom na my toe! Vir mense wat krom gebuk gaan onder die ondraaglike las van die sonde, sÍ: Hy Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee.

By Hom is daar veel verlossing en antwoord op al ons nood. Hy is groter as ons nood. Dit wil die HERE aan ons laat sien. Daaroor volgende keer

Oordenking 4

Lees: Ps.107

Teks: Ps.107:6,7

Tema: Die VERLOSSING van die HERE

Die HERE is 'n hoorder van die gebed. Nooit is ons skuld voor Hom te groot nie.

In Psalm 86 vers 3 sing ons:

U sal mild ons skuld vergewe;

Wie u aanroep in die nood,

vind u guns oneindig groot.

Dit het Israel ook ervaar. Telkens wanneer hulle gebid het, het hulle verlossing ontvang. Vier maal. Ondanks hulle baie sondes. Al was hulle nood hulle eie skuld. Die voorbeelde is vir ons opgestapel ter wille van ons kleingeloof en ter wille van ons kleinmoedigheid. Dit is vir ons opgeskryf as les. Ons moet weet tot Wie ons nader in die gebed: 'n Vader wat goed is, wie se goedertierenheid tot in ewigheid is.

Waarin kom die goedheid van die HERE tot openbaring? Waarin kan ons sien en ervaar en beleef dat God goed is? Dit sÍ vers 1 se laaste gedeelte: "Want sy goedertierenheid is tot in ewigheid". Dit is 'n verklaring van die woordjie "goed". Die HERE se goedheid kan u sien in sy goedertierenheid.

Die HERE se goedertierenheid kan ons maar vertaal as sy verbondslojaliteit. Die HERE is absoluut lojaal teenoor diegene met wie Hy 'n verbond gesluit het. Hy hou Hom by dit weet Hy beloof het. Nooit doen ons tevergeefs 'n beroep op sy beloftes nie. Dit het die Israeliete in die woestyn van Babel ook ervaar. Hy het hulle gebed verhoor. "Uit hulle angste het Hy hulle gered. En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon". Dit wil sÍ: Hy het hulle teruggebring na Jerusalem en die Godshuis. Hulle kon weer in sy teenwoordigheid kom. Die HERE het Hom gehou by sy belofte dat Hy sy volk na sewentig jaar weer sou terugbring in die land van belofte.

Die hoogste openbaring van God se verbondsliefde en lojaliteit het ons in Christus Jesus. So lief het God die wÍreld gehad dat Hy sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons oorgegee het tot in die allerdiepste diepte van die ewige dood. Daarmee het Hy sy belofte van vergiffenis waargemaak. Wil u daarom sien hoe goed God vir u is? Kyk dan na Golgota.

Ons is geneig om vas te staar teen ons omstandighede en om ons blind te staar teen ons teŽspoede. Dan voel dit ook dikwels vir ons asof God nie goed is nie. God roep ons egter op om ons oŽ te vestig op die kruis. Daar het Hy sy vaderhart aan ons geopenbaar. Golgota is verbondslojaliteit en liefde in die mees verhewe en heerlike sin van die woord.

Daar is ons gered van die woestyn van God se gerig. Daar is ons verlos van die doodsdors van die sonde. Die kruis bring ons terug in die nuwe Jerusalem, 'n stad om in te woon. Dit red ons van die doodsdors van die sonde en dit herstel ons verhouding met God.

Dit kan ons ook aan die Nagmaalstafel sien. Daar les die HERE ons dors en word ons honger harte versadig met die wyn en die brood, met die liggaam en die bloed van sy Seun. Aan die tafel van die Here bevind ons ons eintlik al, kan 'n mens sÍ, in die voorportaal van die nuwe Jerusalem. Ons kry 'n voorsmaak van die bruilofsmaal van die Lam in die nuwe Jerusalem. Voor ons oŽ sien ons die stad waarvan Psalm 107 praat.

Oordenking 5

Lees: Ps.107

Teks: Ps.107:8-9

Tema: Die oproep tot DANKBAARHEID

Van nature is ons nie bidders nie. Van huis uit is ons ook nie dankers en lofprysers van God nie. Van nature is ons so ondankbaar as wat maar kan kom. Die HERE het soveel moeite met ons.

Kyk nou maar na ons Psalm. Waarom moet die HERE vier voorbeelde van sy goedheid, vier demonstrasies van sy verlossing gee? Dit het sekerlik te make met die feit dat ons sulke slegte leerders is.

Tog hou die HERE nie op om geduldig met ons te wees nie. Vier keer laat Hy voor ons verbyflits hoe goed Hy vir ons is en vier maal roep Hy ons op: "Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders".

Die van u wat kinders het, weet hoe moeilik dit is om 'n kind te leer om dankie te sÍ. Elke slag as ons hulle iets gegee het, moet ons maar weer vra: En wat sÍ jy nou? Dankie! En hoeveel keer ons dit ook al sÍ, net die volgende keer as hulle iets kry, vergeet hulle al weer om dankie te sÍ.

Nou is God nog 'n beter opvoeder as ons. Ja, Hy is die volmaakte Vader. Daarom hou Hy nie op ons sy liefde te laat sien nie en met byna eindelose geduld roep Hy ons op: "Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders".

Waarom is ons so ondankbaar? Waarom is daar so weinig lofprysing in ons lewe? Dit sal sekerlik daarmee saamhang dat ons so min begryp van die nood waaruit ons verlos is. Dit het sekerlik daarmee te doen dat ons so weinig verstaan van die wonder van die verlossing. God was dit nie aan ons verskuldig nie, maar tog het Hy dit gedoen. Hy het sy eie Seun vir ons gegee, vir mense soos ons.