Ps.105

Oordenking 1


Lees: Ps.105
Teks: Ps.105:5
Tema: Ons moet dink aan wat God gedoen het

In hierdie en in die volgende oordenking wil ek met u stilstaan by die Bybelse woordjie dink.
In Psalm 105 het ons ‘n hele stuk geskiedenis. Maar let wel: hier gaan dit nie bloot maar net oor volksgeskiedenis nie: hier word aan ons heilsgeskiedenis vertel, die geskiedenis van hoe die HERE sy volk verlos het. Dit gaan ook nie maar bloot om die verlede van een van die duisende volke op aarde nie,maar om 'n heel besondere volk: die volk van God, die kerk van die Here.

Die digter roep sy medegelowiges op om saam met hom te dink aan die reddingsdade van die HERE in die verlede (v.5). Dit is ‘n bevel wat eweneens tot u kom: dink aan die geskiedenis van die kerk. Dink aan die kruis en die oop graf.

Dink! Dit is ‘n bevel wat ook weerklink aan die nagmaalstafel: “Neem, eet, gedenk en glo dat die liggaam van ons Here Jesus Christus gebreek is tot ‘n volkome versoening van al ons sondes”. En verder:”Drink almal daaruit. Gedenk en glo dat die bloed van ons Here Jesus vergiet is tot ‘n volkome versoening van al ons sondes”. Ja, die nagmaal is ‘n gedenkmaal, ‘n “dink”-ete. Aan hierdie tafel gaan ons gedagtes terug in die geskiedenis , hoe God ons uit die slawehuis van die sonde verlos het.

Dit is belangrik dat ons aan die geskiedenis sal dink. In die politiek hoor ons soms die uitspraak: ‘n volk wat sy geskiedenis vergeet, is nie werd om ‘n volk te wees nie. MAAR NOG VEEL ERGER IS DIT as die volk van God sy geskiedenis vergeet.

Dink daaraan! Maar dan moet u steeds onthou: dit het by hierdie digter nie maar net gegaan om ‘n koue, onbetrokke oordenking van die verlede nie. By sy terugsien op die geskiedenis is sy hart vervul met dankbaarheid. Hy is so daardeur aangegryp, dat hy sy geloofsgenote oproep:”Loof die HERE, roep sy Naam aan”. Hy kon die wonder van die geskiedenis onmoontlik nie vir homself hou nie. Dit was vir hom selfs nie genoeg om dit aan sy mede-lidmate te vertel nie. Daarom sÍ hy: “...maak onder die volke sy dade bekend”.
Vir die meeste mense is geskiedenis maar ‘n taamlik droŽ vak. Miskien moet die rede daarvoor gesoek word in die feit dat ons dink: wat het al daardie stokou gebeurtenisse nou eintlik vandag met my te make?

Met gewone geskiedenis kan ‘n mens miskien nog ongeÔnteresseerd wees, omdat jy voel: wat sÍ al daardie dor feite uit die verlede nou eintlik vir my. Maar met die Bybelse geskiedenis kan dit nooit so wees nie: WANT dit gaan om MY geskiedenis, die geskiedenis van MY verlossing, hoe God sy Seun vir MY gestuur het, om MY te red van die ewige dood.
 
 

Oordenking 2

Lees: Ps.105
Teks: Ps.105: 8
Tema: God het aan ons gedink.

In v.8 lees ons: “Hy (die HERE) dink aan sy verbond...”
Hierdie woordjie “dink is ‘n gelaaide woord. As daar staan: die HERE het gedink aan sy verbond dan beteken dit nie maar slegs dat die HERE gedink het aan alles wat Hy aan sy volk beloof het nie en verder niks nie. Nee, dink het hier die betekenis van DOEN. Die HERE het gedoen wat Hy beloof het.

Wat het die Here beloof? Wel, aan Abraham het Hy beloof dat Hy sy nageslag 430 later uit Egipte sou uitlei. En Hy het gedink aan sy verbondsbelofte. Hy het sy volk uit die slawehuis verlos.

Maar kom ons boor nog dieper in hierdie woordjie “dink”. Die uitleiding uit Egipte is immers ‘n heenwysing na veel en veel meer. Dit is ‘n afbeelding van God se verbondsbelofte dat Hy sy kerk eenmaal uit die slawehuis van die sonde sou uitlei. En die HERE het aan daardie belofte gedink. Hy het sy Seun gestuur. Hy het gedoen wat Hy beloof het.
Aan daardie “dink” van God moet u vandag dink. U moet daaraan dink wat dit Hom alles gekos het: dit het Hom sy Seun gekos, die dierbaarste en die kosbaarste wat Hy gehad het. Hy het gedink aan sy genadeverbond met ons en daarom het Hy sy Seun gestuur om die bittere en smadelike dood van die kruis te sterwe om ons te red.

Moet ek die “dink van God” vir u spel in die woorde van ons Nagmaalsformulier? Kom ek doen dit. Dit klink so: “...die liggaam van Christus is verbreek tot ‘n volkome versoening van al ons sondes...(en) die bloed van Christus is vergiet tot ‘n volkome versoening van al ons sondes”. Dit is wat die dink van God inhou: dat Hy met die bloed van sy Seun ons sondes, nee, AL ons sondes versoen het. Daar het nie een van oorgebly nie. AL ons skuld is afgewas. Heerlik dat God so aan ons gedink het, nie waar nie?