TWEE UITERSTES

(Nagmaalspreek)

Ds. G.B.S. Pasch

 

Lees: Esegil 33 : 1 - 11

Teks: Esegil 33 : 10

Sing: Ps. 65 : 3

Ps. 119 : 63

Ps. 73 : 1

Ps. 48 : 4

 

'n Mens kan maklik van die een uiterste in die ander verval. Vroer was die stemming deurentyd uiters optimisties gewees - in die kring van die ballinge waar Esegil ook een van was, sowel as in Jerusalem wat sy laaste ure tegemoet gaan.

 

Die ballinge is van oortuiging dat hulle binne n baie kort tyd bevry sal word en sal terugkeer na die klein vessie in Jerusalem. En hulle in Jerusalem verwag om met 'n nuwe Palestynse koalisie Nebukadnesar in sy opmars te stuit. Selfs toe die stad omsingel was, bly hulle optimisties hoop. Hulle reddende engele sal die Egiptenaars wees. Tot op die laaste nippertjie heers 'n lughartige stemming. Die slagspreuk is: Jerusalem kan nooit verlore gaan nie. Die Here sal Jerusalem nie prys gee nie. En daarom is hulle oortuig dat wat Jeremia getuig en Esegil dreig, praatjies van gekke is.

 

Dit was die agtergrond van hulle ongemotiveerde optimisme. Ongemotiveerd - want die engel van die Here trek wel laer rondom hulle wat Hom vrees, maar nooit rondom hulle wat hom verag nie, al woon hulle ook in Jerusalem.

 

En toe stort hierdie ongegronde optimisme soos 'n kaartehuis inmekaar. Want (vers 21) : . . . in die twaalfde jaar van ons ballingskap, . . . het n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde: Die stad is ingeneem!"

 

Oor Esegil se woorde kon hulle lag, maar vir hierdie vlugteling en ooggetuie gladnie. Nou kan hulle net ween. En dit gebeur ook. Maar dit gebeur so radikaal dat die uitbundige optimisme van netnou omslaan in 'n volslae en troostelose pessismisme. Hulle stort uit die een uiterste in die ander. Troosteloos snik hulle uit en sonder reserwe kruip hulle onder die las. Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg - hoe kan ons dan lewe?

 

As hulle gedink het om vroer lig te sien ook waar daar geen lig was nie, nou is dit so donker dat die een vertwyfeld vir die ander s: verby, vir altyd verby!

 

Bokant die poort van die ballingskap lees elkeen nou die vlammende opskrif: Laat vaar alle hoop - elkeen wat hier binnekom die hel is om ons - die hel aan alle kante.

 

Die rouklaers gaan die strate deur en roep elkeen wat nog durf lag toe: Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die Here my bedroef het op die dag van Sy toorngloed. So staan dit letterlik in klaagliedere. En in al die verskriklike klagte en dodelike pessimisme is daar een saak wat weldadig aandoen. Die skuldbesef, die skuldbewussyn het weer wakker geword. Tot dusver het hulle met onverklaarbare gemaklikheid oor hulle skuld heen geloop, maar nou erken hulle dit tog openlik en reguit: Ons oortredinge en ons sonde is op ons. Daardeur teer ons weg. Dit gee goeie moed. Maar as hulle uit dieptes gans verlore die twyfelmoedige vraag daarop laat hoor - hoe kan ons dan lewe? As dit vir hulle sielsbesef opeens s donker word, dat alle, alle hoop op herstel geheel en al uitgesluit is, wanneer die las van hulle sonde s swaar word dat hulle uitroep: Nou sink ons vir goed weg in die dood. Dan, dan is hierdie pessimisme net so ongegrond en sondig en onvanpas as hulle optimisme van netnou.

 

Die lughartige en oppervlakkige optimisme ontken die erns van die sonde en speel met die vreeslike geregtigheid van God.

 

Die moedelose en donker pessimisme aan die ander kant doen ernstige tekort en afbreuk aan God se barmhartigheid en sy getrouheid. Veral God se trou. Sy getrouheid aan Homself. Hoe sou God dit ooit met Homself kon rym, as Hy Sy kerk, ook Sy kerk van die O.T. totaal en grondig sou vernietig? Hy verlaat mos nie die werk wat sy hand mee begin het nie. Nie terwille van ons, maar terwille van sy eie eer. Daarom is die sondedroefheid wat oorslaan in droefgeestige en somber pessimisme en moedeloosheid, steeds n ernstige sonde en moet bestraf word.

 

Ons hoor dat ges word dat dit beter is as iemand sy sonde liewers te swaar as te lig opneem. En dit is beter om voor God wanhopig te snik as om lughartig oor alles heen te loop. Nee - ewe sleg en ewe sondig. Net so sleg om God se barmhartigheid in twyfel te trek in oormatige droefheid as om God se reg en geregtigheid te vertrap met slordige wandel. Optimisme en pessimisme is albei ernstige sondes - elkeen net in 'n ander rigting.

 

Die droefheid, ook die sondedroefheid, veral as dit tyd is vir selfondersoek, loop soms gevaar om eensydig te word. Met trane in die o sien mens dinge dof en onduidelik. Menige gelowige wat bedroef is oor sy sonde, sien hom op pad dood toe - vlug weg vir die nagmaal - beskou die nagnaal ver bo sy sondediepte verhewe. En dit terwyl hierdie droefheid die deurbraak, die deurbarsting is van die lewe. 'n Hartlike droefheid oor ons sonde is nie die begin van die dood nie, maar die begin van die lewe. Dit is 'n deel, 'n noodsaaklike deel van die nuwe lewe self. En bekering is juis 'n hartlike droefheid omdat ons God met ons sonde vertoorn het. Daarom tas die Israeliete skoon mis wat s: Hoe kan ons dan lewe?

 

En wonderlik - die profeet wat vroer saam met Jerenia as pessimis uitgeskel is, moet nou optimistiese klanke laat val op die ore van die huidige pessimiste. S vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here, Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe.

 

Reg teenoor Satan, wat in vernietiging en uitdelging sy volle behae stel en plesier vind in die dood en ondergang, staan die Here wat Lewe is, en nie behae het in dood en vernietiging nie, maar in lewe, ewige lewe en behoud. En tot hierdie behoud en lewe, die nuwe en ewige lewe is berou die nou poort. En dit is darem by die volk aanwesig, maar raak die spoor byster deur te verval in 'n totale wanhoopstemming.

 

En tog is daar hoop. Daar is lewe bespeurbaar. Daarom kan die profeet op die vraag: Hoe kan ons dan lewe, antwoord met 'n jubelende vraag: Waarom tog wil julle sterwe, Huis van Israel.

 

En hier voor nagmaal, met sy mooi en streng formulier is dit goed dat ons weet: Daar is onder ons ook die optimiste, gelowiges sonder sorg. Stryd ken hulle nie - diepte in hulle lewe en geloof is nie te bespeur nie - boetpsalms het vir hulle niks te s nie en oor die ontdekkende vraag: hoe groot my sonde en ellende is, lag hulle gemoedelik heen. Die afgrond van hulle eie hart het hulle nooit gepeil juis omdat hulle glo hulle is goed-gereformeerd, dikwels in die kerk kom, die sakramente gebruik en niemand iets in die weg l nie. Alles kom wel reg - uitverkorene gaan nie verlore nie. Dat ons almal sondaars is gee hulle in teorie dadelik toe, maar prakties sit vir hulle besef die goddelose in die bioskoop en hulle in die kerk. Vir hulle eie dade en gedagtes vind hulle altyd genoeg ekskuse en is op hierdie punt baie vindingryk. Hulle sondes van gierigheid noem hulle deugsame suinigheid en hoogmoed het by hulle die naam selfrespek. En hulle soeke na eer hou hulle verskuil agter baie praatjies.

 

Dit is hierdie optimiste wat die beste verwag as hulle toekomstige lot, omdat hulle self van die beste is en nie omdat God goed en genadig is nie.

 

Daarom is hulle optimisme ongegrond en sal, as hulle nie hulle van hulle optimisme bekeer nie, die ewige pessimisne van die buitenste duisternis hulle deel word.

 

Maar totaal anders is dit met die egte en opregte pessimiste in die kerk van die Here. Hulle wat diep en ernstig gebuk gaan onder die las van hulle sondes. Oor die deel van die ellende het hulle alle paaie geloop en gekruis en elke skuilhoek deurvors. Daar word nie 'n sondaar in die Bybel en in 'n preek geteken of hulle herken hulle eie beeld daarin en van die gruwelike booshede ontdek hulle saadkorrels in eie hart en lewe.

 

Laasgenoende is natuurlik goed en baie uitnemend en noodsaaklik. Ons kan van onsself nooit te lae en sondige gedagtes koester nie. Alle gedagtes aangaande onsself is nog te mooi gekleur en getint en die werklikheid is honderdmaal erger as wat ons vermoed. MAAR as di skuldbesef ontaard in pessimisme en dowe vertwyfeling is hierdie toestand sonde voor God.

 

Die gelowige wat saam met Esegil se tydgenote kan sug: My oortredinge en sonde is op my en daardeur teer ek weg - hoe kan ek dan lewe - so iemand onderskat Christus in Sy volmaakte verlossingswerk en het gebrek aan innige blydskap terwille van God se redding van sy lewe. Aan die voet van Christus se kruis is daar nie plek vir pessimiste nie.Golgota en Christus in Sy verdienste roep luid: So waar as wat ek leef - Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie. Inteendeel God regverdig juis goddelose. Nou ken u die weg. Moenie tafel toe kom as u nie bedroef is oor u sonde nie. Maar juig en wees bly want die sonde waaroor u bedroef is, is vergewe om Christus ontwil. Die brood en wyn is juis daarvan die teken..

AMEN