DIE KERK VAN CHRISTUS IN DIE KRISIS VAN SLAPENDE OF WAKENDE

(Ds. G.B.S. Pasch)

 

Lees: Matteus 24 : 36 - 47

Teks: Openbaring 3 : 1 tot 6

Sing: Ps. 36 : 2

Ps. 128 : 4

Ps. 134 : 1 of 3

Ps. 22 : 11

 

Gewoonlik, as daar oor een van die briewe van Christus aan die gemeentes van klein-Asi gepreek word, word daar eers iets ges oor die stad waarin die gemeente lewe.

 

Uit die geskiedenis weet ons nie iets besonders van Sa rdis nie. Ja . . . . . n ou stad . . . . n veelbewo geskiedenis, gele aan die kant van n vrugbare vlakte, met wol en skaapboerdery as die vernaamste bedrywe. Tog was daar enkele dinge wat lig laat val het op die mentaliteit van die bevolking.

 

Sardis . . . . n stad van vervalle grootheid, met baie, baie dapper voorsate, maar nou nie meer dapper nie. Tweemaal oorval as gevolg van hulle onwaaksaamheid. Hulle teer op die mooi verlede, maar presteer self nie meer iets nie. En toe in 17 n.C. n aardbewing die stad uitmekaar ruk, het keiser Tiberius help bou, maar die inwoners self herstel hulle stad nooit weer ten volle nie. Al staan daar dan nou n klompie nuwe geboue, bly dit n stad van vergane grootheid. Geen nuwe geesdrif . . . . geen besielende aksie nie. Hulle lewe maar so van dag tot dag voort sonder ho momente van ywer en daadkrag. En dit wat die stad van Sardis geld, geld ook in n ho mate van die kerk aldaar. Nogtans is dit moeilik om die probleme en die sonde van hierdie gemeente in n preek raak te vat, want daar is so min wat konkreet, tasbaar verkeerd is. Dit bly so vaag en algemeen. Efese byvoorbeeld het daadwerklik te doen met die Nikolaete. Pergamus is die tuiste van Satan met sy baie afgode. Die vinger word by hierdie kerke op die sweer en die ontsteking gedruk. Maar by Sardis word daar in die algemeen net ges dat die gemeente dood is, dat hulle slaap, maar hoe hulle dood is en waarom hulle slaap word kwalik ges.

 

Wat is n dooie gemeente?

 

Ons dink dan gewoonlik aan n gemeente van gewoonte en verstarring. As die dominee preek omdat dit nou maar eenmaal Sondag is en n preek by Sondag en n predikant hoort. As die ouderling gereeld huisbesoek doen en maar oor koeitjies en kalfies gesels of op hulle beste so n outomatiese vraagmasjien geword het wat op n ry n klomp vrae aframmel en tevrede is met elke dooie antwoord. As die diakens kerkportrette is stewig in n ry op die voorste banke, maar verder prakties niks meer nie. As die lidmate Sondae tweemaal stewig in die kerk sit, maar in die week rustig saam spoel in die donker stroom hel toe. As nooit iets opvallends gebeur nie. As daar nooit n preek soos n sweepslag weerklink wat wakker maak nie. As die dominee maar ou afgesaagde sinne gebruik wat gesellig soos koel water op n warm dag oor n lui baaier val . . . . maar niemand tot sy fondamente ruk of raak nie. Geen bekering, geen heiligmaking, van Sondag tot Sondag beweeg soos n ou karperd wat van huis tot huis loop en staan, loop en staan. Nooit n tuggeval nie . . . . almal vriende met die ouderling en predikant . . . . nooit iemand vir hulle kwaad nie.

 

Maar laat ek maar dadelik s: So n gemeente of kerk was Sardis nie. Hier het die kerk n uitstekende naam gehad . . . . ver buite sy grense. Een van die lewendigste en beste kerke in die klassis. Christus Self s: Julle het die naam dat julle leef. n Uitstekende reputasie. Alles so pragtig in orde. Die dominee van Sardis het vol kerke . . . . hy staan bekend as n vurige en talentvolle spreker. Hulle ingenomenheid met hulleself maak dat hulle nie tevrede is met n man sonder talente nie. Die kerkraad was ook hoog in aansien. Die ouderlinge voer met huisbesoek n geestelike gesprek. Ouderlinge van ander plekke jaloers op hierdie ywerige swartspan. Die ander het gesukkel met ketters en afwykers in hulle wyke . . . . Nikolaete, Bileamsmense, Isabeliete. Elke huisbesoek n geveg, n worsteling. Maar kom kyk bietjie na Sardis. Geen vervolging van buite, geen dwaalleer van binne. En met kerkvisitasie kry hulle n pragtige, salige rapport: pragtige dominee, voortreflike kerkraad, werkende diakonie. Maar Christus s: Julle is dood op n paar na. Verskriklik so n uitspraak na n kostelike visitasierapport. Julle is dood.

 

Wat skort dan?

 

Hier is net n paar wat hulle klere nie besoedel het nie. Mens kan die paar op jou vingers tel. Net n paar wat hulle klere nie besoedel het nie. En wat die res betref moet mens nie dink aan uitspattighede nie. Maar die blinkende wit van die kleed was tog by die meeste dof en vuil geword en goed gekreukel. Nou kan n mens miskien s: Dit kan tog nie anders nie. Wie is volmaak? Mens kan tog nie onmoontlike eise stel nie. Was die klere in Pergamus of Thiatire miskien smetteloos wit? Waarom dan die skerpe oordeel van Christus: Julle is dood? Waarom soveel lof vir Pergamus en Thiatire vir hulle trou en hulle werke? Al antwoord: Sardis is doodtevrede met die peil wat eenmaal bereik is. Die gemeente het dieselfde mentaliteit as die stad - Selfvoldaan. Teer op die glorie van die verlede en hulle jaag nie die noodsaaklike wedloop na die volmaaktheid nie. Hier was geen reaksie omdat daar geen aksie was nie. As n kerk n sterk en prinsipile aksie van stapel stuur . . . . . moet daar ook reaksie wees. - by die lidmate, by die rondom die gemeente. Maar hier geen aksie en daarom geen reaksie nie. In die ander kerke van Klein Asi was daar aksie en die aksie werk reaksie en nou moes die kerk sterk en groeiend stelling inneem teen die reaksie - hom staal teen aanvalle van buite wat gewek is deur hulle aksie. Almal wat hand-om-die-nek met die wreld wandel is gedwing na n kant toe . . . . hulle moes hulle teen die sterk aksie en prediking verdedig . . . . . hulle standpunt stel. Maar in Sardis was dit nie nodig nie. Die slap broeders bly slap omdat die kerk hulle nie aanval nie. Die predikant preek vurig en warm, maar al om die punt . . . . . die vinger nooit op die abses nie. Die hoere en die dansers en baster-gelowiges in die kerk hoor die predikant van Sardis graag. Hy maak nooit iemand seer nie. En die ouderlinge met hulle vroom praatjies het so oor Christus gepraat dat die duiwel nooit geprikkel is tot n aanval of geveg nie. Dit was Sardis se dood. Niemand praat absoluut nie. Altyd om die punt . . . . . niemand word tot teenspraak geprikkel nie. Gisteraand op n dans in die stadsaal van Sardis en vanmre salig in die kerk met geen woord uit die predikant se mond wat enigsins die gewete kwel nie. Sardis daarom is jy dood. En behalwe die wandel wat buite orde was . . . . . ook die leer was verkeerd. Die ganse massa van gelowiges moet ons aflei was ontrou in hulle taak om Christus te belei. Hier swaai die gevangenisdeure nooit oop ter wille van die Efangelie nie. Hier word geen fakkel in die brandstapel gesteek ter wille van Christus nie. Geen martelare soos Antipas in Smirna nie. Die andersdenkendes van die stad kom luister graag na die dominee omdat hy so niemand seermaak nie. Geen wrewel, geen aksie teen hom nie. Maar met Paulus was dit tog heeltemaal anders. Nrens kon Paulus praat of hy word opgesluit, geslaan en die hele stad jaag hom die poorte uit - juis omdat Paulus n absolute Evangelie bring. Hy bring iedereen voor die keuse van dood of lewe . . . . van die mes insteek onder die sweer en gered word, of sterwe. Nooit kon die mense onder sy prediking dieselfde bly nie . . . dit breek uit na n kant toe . . . . bekering of haat. Redding of opstand en moord en dreiging. Maar in Sardis het die kerk die simpatie van die wreld met hulle binnkamergodsdiens wat nooit meer agressief na buite optree nie. En so n kerk het die naam, hy is populr, hy lewe skynbaar skitterend, maar is inteendeel dood, dood, dood.

 

Maar nog is dit nie al rede dat Sardis dood is nie. Ons moet nog dieper delf. En dan kan daar geen ander antwoord wees nie: In Sardis het die spanning van die koms van Christus op die wolke, verlore gegaan. Hulle het die uitsig oor die jongste dag verloor. Want ons moet daarop let met watter naam Christus Holmself hier noem. Dit s Hy wat die Sewe Geeste van God en die sewe sterre het. Met ander woorde Ek spreek hier wat dit Pinkster laat word het, wat toe die volheid van die Heilige Gees uitgestort het. Maar met hierdie uitstorting van die Heilige Gees begin die einde, want Petrus s: dit is wat gespreek is deur die profeet Jol: Dit is die laaste dae. Pinkster beteken dat alles nou gedryf en gepers word na die einde - na die voltooing van die eeue. En omdat Christus op Pinkster jaag na die einde en daarvoor Sy Sewe Geeste Stuur, daarom hou hy ook die sewe sterre. Dit wil s Hy roep in sy kerk die ampte in aansyn . . . . . apostels, profete, herders, leraars sodat die heiliges volmaak kan word. Met die Gees en met die ampsdraers is daar uitgestort die kragte van die einde . . . . . die kragte wat moet voortstu en voortdrywe na die einde toe. En so het Christus ook gaan werk in Sardis. In die gemeente het Hy ontketen die kragte van die jongste dag. En hulle is geroep om te werk en te bely in al die spanning, die hoogspanning van die einde en om hulle uit te strek na die volmaaktheid van die gelowiges. Maar Sardis weet van die jongste dag niks meer nie. Hulle weet nie meer dat hulle die Heilige Gees nie ontvang het vir n stigtelike lewe en om dit te geniet en rustig en veilig te h nie, maar om in die brandpunt te staan en om hierdie wreld aan die brand te steek sodat die vlamme soos van vuur oral uitslaan. Hulle het n kerkraad en n predikant maar hulle weet self nie meer dat hulle die gemeente moet voortjaag na die volmaaktheid en heiliging toe nie. Pragtig en prettig vind hulle dit dat hulle geen moeilikhede het nie. Maar dat dit die laaste dae is weet en besef hulle nie. Besef nie dat hulle met hulle belydenis moet indring in die wreld om die wreld te dring na die einde toe nie. Om die halwes in die kerk om te smelt tot bekeriing of tot verharding. En omdat die spanning gemis word preek die dominee so swak. Sondae steek hy n gesellige vuurtjie aan die brand waarby elke Jan Rap hom warm maak, maar nie die vuur van die Heilige Gees waardeur die slappes of gered of uitgedryf word nie. So gaan die Sondae en die jare in Sardis verby. Daar is aksie, maar in die aksie word die spanning van die einde gemis. Hulle vorder niks nie . . . . . word nie heiliger nie, word nie meer volmaak nie en dit spel een woord: Jy is dood . . . . . Sardis.

 

In Matteus 24 skets Christus die dienskneg of die predikant wat preek en werk onder die spanning van die jongste dag. Dit is die man wat voedsel gee op die regte tyd . . . . . die man wat op die horlosie kyk en die wysers sien voortbeweeg 12 uur toe, en dienooreenkomstig die regte spyse bied. Maar Sardis se dominiee preek die een jaar soos die ander jaar. Hy sien nie God se horlosie nie. Hy die ouderlinge besef nie hulle moet die gemeente met elke diens en elke huisbesoek opvoer en aanvuur na die einde toe nie. Om aktueel en waaragtig te preek beteken om te besef dat met elke preek die preektyd korter word, elke preek bring die einde nader. Preek beteken die slappes wakker ruk en die volharde slappes hulle dood verkondig, en hulle die kerk uitdrywe en die wreld in reaksie bring teen die kerk.

 

Hoe skiet ons tog nie hieraan te kort nie. En broeder en suster dat die sonde van Sardis in alle waarheid gel het in die feit dat hulle die lewe losmaak uit die spanning van die jongste l ook daarin dat Christus aan die kerkraad en gemeente beveel: Wees wakker, wees wakende. En om wakende te wees beteken in die Bybel nooit dat mense moet oppas vir een of ander sienlike gevaar nie, maar dit is altyd die verwagting van die koms van Christus. Elke dag lewe in die verwagting van die einde en daarom ook elke dag werk in die spanning van die einde.

 

Word wakker: Dit beteken vir die predikant hou die mense nie langer gesellig besig nie, maar preek onder die hoogspanning van die einde. Hy mag hulle nie trakteer op nagereg nie, maar op die vaste spyse dat hulle volwasse word in die geloof, liefde, heiligmaking. Word wakker: Dit beteken vir die ouderling nie n gesprekkie oor ditjies en datjies nie maar ondersoek ernstig wat daar nog aan lidmate ontbreek aan die volmaaktheid in hoeverre hulle nog nie gereed is om Christus te ontmoet nie.

 

Word wakker: Dit beteken vir die hele gemeente, moenie langer n binnekamergodsdiens daarop nahou nie, want Christus kom en dan moet die wreld gereed wees. En hulle moet gereed word deur elkeen se tong. . . . . ook u tong en lewe. Vertel n slag vir die mense langs u van Christus . . . . . praat van Hom in die publieke lewe. Dan kry n mens moeilikheid. Dit storm op jou af . . . . . . jy word gehaat. Maar jy dring die wreld na die einde toe. En as jy wakende is, let jy gespanne op en mens sien die tekens van Christus se koms . . . . . . jy is altyd bereid. En die dag kan jou nie oorrompel soos n dief in die nag nie. En ten slotte . . . . . . hier is niks wat mens kan prys in die gemeente as geheel nie en tog is daar n belofte vir hulle wat getrou bly. Wit klere sal hulle dra . . . . . . hulle wat wakker was onder die geklank van God se Woord. Wat geleef het vir een saak. Die koms van Christus op die wolke. Hulle wat bekommerd was oor die stadige groei na die volmaaktheid toe. Hulle name staan geskrywe in die Boek van die lewe.

 

Broeder en suster, dit was n eienaardige preek . . . . . n preek sonder n toepassing. Maar die preek is bedoel vir u en my van die gemeente. God wil ook vanmiddag n spiel voor ons ophang. Sy Gees dra hierdie brief deur die eeue en eeue heen tot by ons en lewer dit vanmiddag af aan ons adres af. Hoor wat s die Gees van God tot hierdie kerk: n mooi gemeente, n goeie kerkraad, n redelike predikant. Daar word gewerk. Maar ons durf nie roem nie. Het ons nie dalk die naam dat ons lewe, terwyl ons dood is nie? Is dit nie n vraag om baie, baie ernstig oor te besin nie. Waar is die spanning van die einde, wat ons dwing, opjaag, verteer? As ons maar nie slaap nie . . . . . . en wat my betref as ek u maar net nie doodpreek nie. God bewaar ons daarvan. Maar ons moet in die spiel kyk. Ernstig kyk . . . . . . voor dit te laat is. Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die Gemeentes s.

 

AMEN.