Ds. Jan Coetzee 16 Desember 2001 (Oggend)

Lees: Rigters 9:1-21 Teks: Rigters 9: 7 Psalms: 138:1,4; 139:12; 65:3,4; 121:1,4; 74:15,16

Ek meen dat hierdie gelykenis van Jotam die enigste in die Ou Testament is, die enigste gelykenis in die Ou Testament, die bome wil n koning h. En hy het vir die mense van Sigem ges hulle moet na hom luister. Sodat God na hulle kan luister. Ons kan s hy het op n bedekte manier die evangelie aan hulle verkondig. God is die koning, Hy regeer. En herken u dit nie? Dan sal daar vuur uitgaan en jy kom onder die oordeel. Nou is die tyd van die Rigters een van die verskriklikste tye wat daar ooit, dink ek, in die geskiedenis van Israel was. Die Boek self s: Elke man het gedoen wat reg was in sy eie o. Kan jy dink hoe is dit?

Tog het hulle een fout deur die bank gehad, wat vir almal gegeld het. Hulle het nie begryp dat God koning is nie. Die teokrasie, die Godsregering, God alleen wat regeer. Het hulle nie begryp nie en dit ook nie geglo nie. Hulle het die name van God geken. En God was nie oor hulle die regeerder in hulle eie o nie, hy was net n naam. En as daar nou strawwe kom van God, dan moet Hy hulle verlos en red. God was vir hulle n uitkomsgewer, nie n wetgewer nie. En dit is die enkele sonde wat al die mense van Israel begaan het.

En nou het Gideon, wie se geskiedenis u goed ken, dis die man met die bende, die klein klompie, Israel verlos uit die vyand, die Midianiete se hande. Om hierdie gelykenis van Jotam, Gideon se seun, te verstaan, meen ek moet n mens die geskiedenis waarbinne dit plaasgevind het, bietjie bedink. Ons sal eerste u aandag vra vir die geskiedenis rondom die gelykenis. Dan sal ons oor die sonde wat daar was moet dink. En derdens oor die genade van God, wat juis ook in Sy oordeel blyk.

 

Oor die geskiedenis dan, ons het reeds ges dit gaan oor Gideon, en hy is as rigter geroep. U weet hoe het hy God laat kies, God laat aanwys, u weet met die dou op die vel, dan rondom die vel. En toe kap hy die Bal-altaar om in Ofra. En hy kap die heilige boomstam, wat n simbool was, om. Toe wil hulle hom doodmaak. Dis mos kenmerkend van as God net jou uitkomsgewer is, maar nie jou wetgewer nie. Dan moet jy nie die simbole van uitkoms verwoes nie. Maar wat Gideon gedoen het, was om die simbool van afgodery te verwoes.

Hulle wil hom doodmaak. En toe kry hy n nuwe naam Jerubbal, wat beteken, as ek dit nou wild mag vertaal, laat Bal sy eie oorlog voer. Dit is wat Gideon se pa vir die Israeliete ges het. Laat Bal sy eie stryd voer, as hy dan nou julle god is. Dit is nie nodig dat julle in sy belange iemand moet doodmaak nie. Daar staan Jerubbal en van toe af het hulle hom so genoem.

Daarna het hy met die klein lermag God se oorwinning bevestig. Ek praat daar niks meer van nie. Maar na die oorwinning, die uiteindelike oorwinning, toe hy nou die twee konings geboei en gevange inbring, toe begin die onmin en die naywer. Ons lees daarvan in die vorige hoofstuk. As u Rigters 8 op n keer wil lees, dan kry n mens die voorspel tot hierdie vreeslike ding wat daar gebeur het in Sigem, in Ofra. Die Efraimiete, die stam van Efraim s: Wat het jy nou gedoen? Jy gaan wen n oorlog sonder ons. Pleks dat hulle bly was. En dit is ook presies wat Gideon vir hulle ges het. Hy s hulle na-oes is groter as sy hele oes. Daarop het hulle nie n antwoord gehad nie.

Maar soos wat dit gaan in sulke gevegte, dit duur lank, jy kry nie klaar met n oorlog in n dag se tyd nie. Dis net Israel wat dit in ses dae kon regkry, huidige Israel. n Oorlog vat lank en Gideon moes nog veg. Nou kom hy in die stad Sukkot. En hy s my manne is honger, die driehonderd, gee vir ons broodjies. Toe s hulle wie en wat is jy? Het jy al die twee konings gevange geneem wat jy so vervolg, dat ons nou vir jou moet brood gee? Hy s hy sal hulle straf. Hy kom by die volgende dorp Pnil. Hulle gee ook nie broodjies nie, met dieselfde woorde.

Gideon het ges hy gaan hulle straf as hy terugkom. Hy kom toe terug daarlangs met die twee konings wat ek netnou van gepraat het. En Sebna was die een se naam en Salmuna. En hy s hier is hulle nou. En hy het die twee dorpe, Sukkot en Pnil, ernstig en swaar gestraf met die dood, en baie leed aan hulle berokken. Mens kan vra was hy reg om dit te doen? Kan jy jouself so wreek op iemand?

Die antwoord is: Nie jouself nie. Maar hierdie mense het geweet God gee met driehonderd man duisende in n oorwinning oor. En Gideon was besig om te agtervolg. Hulle was onbarmhartig teenoor God se soldate, ongehoorsaam. God is immers nie wetgewer nie, Hy moet uitkomsgewer wees. Hier verbeel Gideon, wat nou Jerubbal is, verbeel hy hom dis hy. Dis hoe die mense geredeneer het. Kan u sien dit is n noodwendige logiese uitkoms daarvan . As God net uitkoms moet gee en jy Hom nie met hart en siel dien en gehoorsaam nie.

Toe hy terugkom, wil hulle Gideon met geweld koning maak oor Israel. En hy s nee, ek wil nie julle koning wees nie. Hy het hulle seker goed geken. En buitendien God is koning. Die God wat die oorwinning gegee het. Wat maak dat hy met die driehonderd man Goed hy het n plan gehad. U weet met die fakkels en die kruike, en toe hulle dit stukkend slaan, is daar skielik baie lig. Maar driehonderd fakkels is nog nie n goed genoeg weermag teen duisende nie. God regeer, maar nie net as n uitkomsgewer nie. Hy heers. Gideon het dit geweet. Hy het vir God ges: As U my stuur, sal ek gaan, maar ek wil sekerheid h van my roeping. Sekerheid oor n mens se roeping in God se diens, is n wonderbare gawe van God. En daarom wil hy nie hulle koning wees nie.

Maar hy vra vir hulle gee vir my, elkeen van julle, n ring uit die buit wat julle gemaak het. Dit sou dan seker driehonderd ringe gewees het, goue ringe. Mantel oop by elkeen en hulle s: Ons gee dit graag. En daar begin die sonde. Ek het vinnig oor die geskiedenis-deel gegaan, want as u hoofstuk 8 en 9 deurlees, het u dit self beter as wat ek dit kan vertel.

Gideon maak van die klomp ringe n skouerkleed. n Skouerkleed word in hulle taal genoem n efot, en is n soort jakkie wat hulle gemaak het. As jy baie materiaal gehad het, was hy langer. Hoe ryker jy was, hoe langer was jou skouerkleed. Party sn het sommer hier onder die arms gesit. In Rigters was hulle erg oor n skouerkleed. U ken die geskiedenis van die Leviet wat by sy ma dertig sikkels silwer gesteel het. En toe hy dit wil teruggee, s sy ag nee en hulle maak toe n skouerkleed van die silwer. En hy word n priester en dit het tot moord gelei.

Die skouerklede wat hulle gehad het, was nabootsings uit die heidendom. Want onthou hulle het in hulle lewenswandel die afgode erken asof hulle ook God is. Daar is darem niks nuuts onder die son nie. Om die ware God gelyk te wil stel in jou gedagtes met afgode. En hulle het veral die vrugbaarheidsgodsdiens liefgehad. Dit was n plesierige godsdiens gewees vir die vlees.

En hulle het hulle afgod Bal, die naam van Bal-Berit gegee. En dit beteken Bal van die verbond.Hulle het geweet van die verbond met Abraham. Hulle was die besnedenes. Die het hulle onderhou, want dit was n ritueel. n Ritueel is vir mense n mooi ding, nog altyd. En Bal se naam het hulle verder verander na God-Bal, Here-bal, El-Bal. En in Sigem het hulle n dubbelmuur aan die westekant van die stad gemaak. Dis nou wat die opgrawings leer. En binne-in dit met grond opgevul. Dit was n bre, veilige skans en bo-op n tempel vir Bal. Dit is die Millo waarvan ons hier lees. Die huis van Millo is die afgodstempel wat hulle bo-op gebou het en daar het hulle al hulle vergaderings gehou en het hulle hulle besluite geneem.

Toe kom Abimeleg nadat Gideon, Jerubbal vir veertig jaar n vreedsame regering oor Israel gehad het. Sien u, die goed het nie sommer gou klaargekom, alles in n kort rukkie se tyd nie. Mens s dit maar net gou en skryf dit vinnig op. Maar hier staan in die Bybel Gideon het veertig jaar oor Israel regeer as rigter en daar was vrede. Hierdie selfde Gideon het die twee konings van die Midianiete doodgemaak. Vir hulle gevra daar in Ofra: Het jy mense doodgemaak? Ja, het s hy. Hy s hoe het hulle gelyk? Soos jy, groot, koningseuns. Toe laat hy hulle doodslaan. Hy roep n jongman en s: Slaan dood. Nee, s hy ek is n seun. Toe maak hy hulle maar self dood. Dis woes.

En Abimeleg, wat beteken my pa is koning. Wat n leuennaam was, wat Gideon vir hom gegee het. Nou die man het sewentig seuns gehad, dan kan u dink hoe het hy aangegaan. Hy moes in elke dorp vrouens gehad het. So was daar in Sigem n vrou van mindere afkoms, hulle noem haar n slavin. En dit is sy wat die ma was van Abimeleg. Hier kom hy nou aan en hy s julle is my broers. Hy gaan na sy ma se mense toe, hy bly weg van sy pa se mense af. Daar is sewentig en hy wil alleen regeer. En hy regeer deur moord. Mens kan daar amper nie aan dink nie. Dat hy die seuns, sy halfbroers, almal deur deugniete aan wie hy geld gegee het, op een klip laat vermoor het. Ek dink mens moet verstaan dit was verbryseling van die skedels gewees, op een klip, almal daar. Wreder kan ek my nie indink nie, want jy slaan tog nie sewentig in n klein tydjie dood nie.

En hier is hy nou alleen oor, maar Jotam, n ander halfbroer van hom, het gevlug. Nou sal u sien hoe die Bybel met getalle werk. Gideon het sewentig seuns gehad en sewentig is doodgeslaan. Maar Abimeleg was een van hulle en hierdie Jotam ook. So as jy nou gaan somme maak, wat nie nodig is nie, dan het hulle agt-en-sestig doodgemaak. Dis nog baie. Wat die Bybel wil s, is Abimeleg maak almal dood wat kan s hulle pa is koning. Hy is die enigste Abimeleg wat daar is.

En toe kom Jotam wat weggekruip het. En dit was so n slagting dat hulle hom dalk nie eers gemis het nie. En hy klim op die berg Gerisim, dis n bult naby Sigem, jy kan van bo af inkyk in die stad. En daar staan hy en hy vertel vir hulle van die bome wat n koning wou h. Kan u nou sien? Hulle maak Abimeleg koning, hy het dit ook verklaar, self. Hy wys hulle op die verskriklike sonde wat besig is om toe te neem in Sigem. Hulle het Sigem opgegrawe, sy runes staan daar, vandag nog. En wat van Sigem oorgebly het, is sekerlik n vervulling van wat in Psalm 9 staan. Al wat van hulle grootheid oor is, was kliphope waar geen pad of spoor is. En dit is regtig so.

Nou, die gelykenis van die bome, was n gelykenis gewees wat die spot dryf. En die oordeel aans oor Sigem. Bome met n koning. En die koning moet dan volgens die vyeboom en die olyf en die druiwestok oor hulle swewe, oor die bome. Sodat hulle kan groei, n bewaarkoning, n koning wat moet uitkoms gee, n koning wat jou bedek. En toe s die steekdoring, volgens Jotam se verhaal, as julle my koning maak, sal ek nie oor julle swewe nie, ek is n groot boom, kom in my koelte.

So oordeel die Here die mense van Sigem deur vir hulle te s: Julle het nou vir Abimeleg koning gemaak. Ek wil ook nie koning wees nie, s Jotam in soveel woorde vir hulle. Maar dan die vreeslike oordeel: As julle in waarheid en opregtheid gehandel het met Abimeleg, mag dit goed gaan. Sewentig broers doodgeslaan, sy broers verag. Sy familie aan sy ma se kant hoog geag, baie bly, hulle broertjie is koning, mensebande. As julle in waarheid gehandel het, dan sal dit met julle goed gaan. En wees dan vrolik, dit beteken in die taal van die Ou Testament, gaan word n bietjie dronk. En so het Jotam met die mense van Sigem eintlik die gek geskeer.

Julle is niks beter nie as bome, want julle erken nie dat God oor julle regeer nie. Julle familielid, julle broer is julle koning.

Broeders en susters, die dag dat jou broer jou koning is, is hy nie meer jou broer nie. En is dit nie juis n kenmerk van die ongeloof nie? Dat regeerders aangestel word wat dan ophou om aan menslike beperkinge gehoorsaam hoef te wees? Wat norme op hulle eie is? Eeue-oue kwaal van die ongelowige mensdom. Nou, Jotam kondig die wese van Abimeleg se koningskap aan en ook die einde. As julle nou in waarheid gehandel het, moet julle in julle eie gewete, so s hy vir Sigem, moet julle nou gaan besluit: Het ons reg gedoen?

Ek dink dit is die swaarste vraag, die vraag wat die moeilikste is om te antwoord liewer. Wat jy aan n mens kan stel: Het jy reg gedoen? Het jy ook lank gevat voor jy besluit het? Soos n oorlog gaan, want n besluit kom uit stryd voort. Maar Abimeleg se koningskap, ek moet s sy skyn-koningskap, het vinnig na vore gekom. Dit was nie die vrug van n stryd nie.

Hier, in die verbygaan, is n baie, baie groot troos vir mense wat in stryd en nood leef. Uiteindelik word uit die stryd en die kommer en die nood, n goeie besluit gebore. Dit is n troos, dat as n mens dan besluit het, en voor jou besluit, is daar n worsteling met God en met mense, dan weet jy dit was in waarheid en in reg. Die Bybel werk so, hy gee aan ons n maatstaf waarmee ons kan vasstel of ons reg of verkeerd gedoen het. Dis nie so dat n mens maar dinge doen en wonder of dit goed was nie. Elke man doen nie wat reg is in sy eie o nie.

Drie jaar nadat Abimeleg nou koning geword het, kom daar n opstand teen hom en hy verloor die geveg. Hy vlug en n vrou gooi hom met n meulklip, n meulsteen van bo af. Hy gaan by n verdieping verby, hy het nie baie mooi gedink waar hy loop nie. En sy gooi hom teen die kop en daar l hy. En nou s die Bybel hier hoe gaan dit met mense wat nie deur God regeer wil word nie. Luister na my, s Jotam, sodat God na julle kan luister, sodat julle kan bid. Dis wat hy vir hulle ges het. Maar hulle veg en gaan voort op die manier waarop Abimeleg koning geword het. En daar skreeu Abimeleg, waar hy gekwes l, vir sy dienaar, maak my gou dood. Ek gaan nie lewe nie, hulle moenie van my kan s n vrou het my doodgegooi nie. En hy doen dit. Het n vrou hom nou nie doodgegooi nie? Omdat hy deur sy dienaar met n spies of n swaard gesteek is? Dit bly steeds so.

Maar, broeders en susters, as God n vrou gebruik om n einde te maak aan onreg, dan moet mens die Here dank. Dat hy nie altyd die kragreuse, soos koning Dawid, gebruik het wat mans genoeg was vir Goliat. En groot genoeg om Saul se harnas te kon dra. As hy n klein mannetjie was, sou hy mos nie in die harnas kon gepas het nie. God gebruik ook die wat nie deurgaan vir vegtershelde nie, om sy werk te doen. En dis iets om oor na te dink as mens dink oor die roeping waarmee God mense roep om Sy werk te doen.

En daar is die oordeel voltrek oor Abimeleg en Sigem. En die ergste van God se oordeel was, nou is hulle weer net soos hulle was in die rigterstyd. Herderloos, regeringsloos, want God is vir hulle net n naam. Nou moet n mens daaroor dink, as jy vir jouself hier n toepassing van maak: Is God vir ons werklik die wetgewer, of is Hy n naam? En as Hy wetgewer is, soos Hy inderdaad is, dan beheer Hy jou hele lewe. Dan het jy nie hierdie skouerklede nie en as jy in Rigters lees, in hoofstuk 34, dan kom van die vreeslikste goed wat die spul gedoen het, op skrif.

En dan word dit vir n mens tyd, wanneer dit in die wreld so is, dat gode name is, om na die rel van God in jou lewe te kyk. En nougeset daarop te let. God is nie vir ons n uitkomsgewer nie. Natuurlik gee Hy uitkoms, Hy gee volkome uitkoms, so s Psalm 68. En u weet dit is n Psalm wat die Hugenote in Frankryk gesing het tydens die vervolging van die Kerk daar. Het hulle ges: Die Heer sal opstaan tot die stryd. En hoe sleg dit met sy haters sal gaan en hoe vrolik God se volk sal wees. En in daardie tyd het die spreekwoord gekom: Die koel is deur die kerk. Waar die mense onveilig was terwyl hulle God se almag bely en lofsing daaroor.

Hier s die Bybel dan in die rigtertyd vir ons, hoe ons ni moet maak nie. En as Rigters dan die enigste boek in die Bybel was, kon ons nie salig word daaruit nie. Dis juis die teenstelling van daardie tyd met die vrederyk van onse Here, met die goedheid waarmee onse Here ons oordek. Die rus wat Hy ons gee na stryd, die moed waarmee Hy ons vervul, die uiteindelike heil wat daar vir gelowiges is.

En so het dit dan gekom met Jotam, en mens moet aanvaar dat die Heilige Gees hom gedryf het om hierdie ding te s, want dit staan dan in die Bybel geskrywe. Luister na my, sodat God na julle kan luister. Luister na my, hoe verkeerd julle gedoen het, en begin dan bid.

So loop die erkenning van God as regeerder uit op die gebedslewe van die gelowiges, waarin ons hulp vra, God loof, Hom dank en in Sy heilige wil berus.

Mag die Here gee, broeders en susters, dat ons sal verstaan: slegs in die Godsregering is heil. Christus is die Koning van die konings en ons moet Hom dank.

Amen