Ds. Jan Coetzee Oggenddiens

 

Lees: Psalm 2

Sing: Ps 100: 1, 2, 3

Ps. 40: 4

Ps. 33: 5, 6

Ps. 45: 1, 2, 3

Ps. 99: 1, 2, 3

 

Psalm 2 gaan oor Christus, al dink mense soms nie so nie. Dit gaan oor die seun van God en wat Hy doen en dan begin hierdie gedig deur aan ons te leer dat die Here onheile op n mens se pad bring. Dinge wat jou in hierdie lewe laat swaarkry. En dit gebeur met alle mense, maar dit is nog nie die straf van God nie. Dit is Sy Hand wat jou stuur en in n rigting dwing om Hom te ken en te bely. En dit doen die Here deur in n mens se hele lewe n afwisseling te laat kom van wat maklik is en wat swaar is.

Hierdie waarheid maak dit vir n gelowige partykeer swaar om werklik die diens van God met vreugde en blydskap te volbring, want die onheile kom jou ook te, maar dan net daarna s die gedig, die Psalm, dat hy van n besluit wil vertel wat God geneem het nl. dat daar n Held, n Oorwinnaar, n Koning kom; n Saligmaker, en Hy is God deur God self voortgebring.Hierdie is n geheimenis, al word dit bekend gemaak. In die taal waarin die gedig oorspronklik geskrywe was, gebruik hulle die woord: gebore word. Vandag het Ek U laat gebore word.

Hier het u n voorbeeld waar ons Bybels ook uit die Nuwe Testament n woord kies om die Ou Testament toe te lig, want rens in die Nuwe Testament word gepraat van die generasie, die ewige generasie, voortbring , van die Seun van God. So het dit gekom dat hier in ons Bybels staan:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

Wanneer is daardie dag? Onthou Hy wil van n besluit vertel. God se besluite word nie op n oomblik geneem nie, hulle word geneem in die ewigheid. Maar Hy s dit vir mense. En daarom is daardie vandag elke dag in n mens se lewe wanneer jy op hierdie pad van wisselende blydskap en smart kom en jy soek hulp by God, dan s die Here, maar jy het die Seun van God wat deur God self daargestel is, wat deur die Here gedurigdeur gegee word. Hy sal jou op die pad help om God te dien; om die smart te kan te bowe kom en om jou vreugde te kan dra.

Hierdie gedigte uit die Ou Testament is partykeer onbarmhartig, onskynlik, in hul reguitpraat. Selfs jou blydskap kan jy in sonde deurbring en ook daar moet en ook daar moet God jou help om Hom te dien. Maar Hy wil vir ons vertel van die besluit, en omdat dit n besluit is, staan dit vas. Geen twyfel daaroor nie. Dan gaan die gedig verder en verduidelik die wondere van God se weg as Hy teen die kwaad stry. Nou is die mense op die weg. Almal wat Hom wil aanval en Sy Goddelikheid nie wil herken nie, di sal Hy laat vergaan, dis iets ergers as die beproewinge wat die Here op ons lewenspad bring.

Nou s hierdie Psalm n verskriklike ding wat waarheid geword het n klomp kere al in die geskiedenis en wat nou weer besig is om waar te word. Die konings van die wreld staan saam en hulle s: ons moet die bande van God afskud. Maar wie is die hulle wie se bande hulle wil losmaak?

Dit kan net in n gedig gebeur dat die Here so-iets vir n mens s: daar kom n skielike draai in; die goddelose mense soek nou iemand om aan te val en by God kom hulle nie uit nie. Nou goed dan, die kerk...Goed dan, die gelowiges...Dis hlle wat die bande maak. Dis hlle wat n las l op die wreld, wat niemand kan dra nie. So s die konings van die wreld.

En dit is letterlik besig om te gebeur dat die mense die bande, wat onskynlik deur die kerk gel word in beskawings, in gemeenskappe, in lande, in regerings, afgooi. Hulle s: kom laat ons die bande stukkend ruk!

Dit is die moed en durf van mense wat onder die straf van God staan. Die Bybel leer ons hier n ding wat jou benoud maak. As God jou gaan straf, word jy dapper. Dis wanneer die Here vir jou goed word en jou sen en jou troos, dat jy jou kleinheid voor God begryp. Maar as die Here jou straf, dan is jy soos die Farao van Egipte, in die tyd van die tien plae, wat die Almag van God beleef het en op die laaste ges het: ek laat nie my bediendes trek nie, hulle sal vir my kom werk. Wie is hlle? Maar eintlik s hy: Wie is God? Of soos di wat die Here Jesus laat kruisig het, wat ges het: Ons is nie bang nie, en selfs ons kinders kan maar ly s dit dan n sonde is wat ons hier begaan.

As jy onder die straf van God staan, is jy braaf. En daarom het die wreld krag, hyt die krag van die vreesloosheid omdat hy in homself vertrou. Die wreld het ook, dink ek, al n reg om op homself te vertrou, as hy dan nie op God wil vertrou nie, want in die wreld en deur die mense se krag word tegnieke gevorm, nuwe dinge ontdek.

En ek vra u aandag vir hierdie waarheid: omdat in die tegnologie n nuwe ding beter is as n oue (dis altyd so; dis die ontwikkeling en die voortgang) dink die mense dat n nuwe soort godsdiens beter is as n ou soort godsdiens. Of dink mense dat, as ek jonk is, is ek beter as een wat oud geword het.

Maar geestelik is die tegnologie mos nie, die tegnologie is stoflik. En waar dit n saak is waaroor ons bly is, dat alles beter word (hoeveel waardevoller en nuttiger is n rekenaar nie as s n telraam ?) Dit s so.

Maar nou kom die nasies en hulle s: omdat ons sulke oulike dinge kan maak, en omdat die mensdom buitengewone tegniek en vaardigheid ontwikkel het, kan ons vir die kerk s: Jou bande is oud en lastig. Maar eintlik het hulle dit teen God.

En dan s die Psalmis: as die Here dt sien dan lag Hy. Hierdie is een van die oudste uitdrukkings wat ek van weet, in die hele taalgroep waarvan die Bybelse Hebreeus een is. En dit is n uitdrukking wat jy baiekeer kry in ook heidense gedigte, dat die godheid lag. En daarmee word dan ges (so kan mens ook uit die heidense geskrifte die Bybelse woordbetekenis leer verstaan), nie dat die Here n spotlag het of dat Hy die mense uitlag nie, maar Hy lag in Sy krag.

In die Bybel word dit ook van n wilde woestynesel ges: hy lag vir die droogte, hy lag vir die wind en hy gee sy balk en gaan voort. Lag is die uitdrukking van krag en sterkte en n groter vreesloosheid as di van hulle wat onder God se straf staan. n Mens moet hierdie gedagte en woordstrukture van die Bybel vashou, jou daaraan steur.

God lag nie oor Hy verspot is nie, allermns. Hy lag soos Een wat die krag het en betuig en betoon; n krag groter as di van hlle wat onder die straf staan. Daarom spot Hy met hulle.Hoe spot God met die wreld? Deur Sy heilige toelating.

Wat kan mense doen as God hulle nie toelaat nie? En die Here laat baie dinge gebeur; Hy straf nie dadelik nie, Hy sit nie dadelik die onheil stop nie. Die lasteraars verskrompel nie net daar waar hy laster nie. Die ongelowige gaan nie ten gronde net waar hy staan nie maar die Here laat hom lank lewe. Psalm 73 se digter het swaar gekry daaroor, hyt ges die goddelose se o peul eintlik uit van die vet, so goed gaan dit met hom en hier sit hy en swaarkry; totdat hy, s Psalm 73 , op die eindes van hulle lewens gelet het. Dis gladde paaie na die afgrond waarnatoe hulle gaan.

En dieselfde gedagte l hir ook in. Nou, die Here laat toe dat die konings versamel en maak nie met hulle soos Hy eenmaal in die woestyn gemaak het toe die drie manne wou offer in die plek van die priester nie. Dit is die bekende Korag, Datan en Abiram; dat die Here hulle nt daar vernietig het, mt hulle besittings...

Ek het nou al n paar keer na hierdie drie verwys, want dit is die unieke, dat die Here daar en dan die sondaars straf. As Hy dit altyd sou doen sou die wreld voor God gebeef het en gesidder het. Maar nou, nou gee God uiting aan Sy krag. Hy lag en Hy laat toe en s: gaan maar nog n bietjie aan; verlustig julle nog in jul eie mag en seggenskap en werp die bande van die kerk af, julle kn.

Hoeveel keer het dit nie al gebeur nie. Op hierdie kontinent waarop ons woon het ons opstandelinge selfs die liggame van nonne geet. God laat dit gebeur; Hy het dit toegelaat dat in Kaapstad n kerkdiens n moordplek word. En dan s God: Gaan aan.

En kyk, dis dan wanneer Ps. 45 so aangrypend word, wanneer jy in die geloof van die Koning leer wat n Held is wat oorwinnend na die geveg ry vir Waarheid, Ootmoed, Hoogste Reg. Di dinge wat juis afgegooi wil word deur die wreld se konings.

En so gee die Here dan die toelating tt op n tydstip. Die Bybel gebruik n uitdrukking (dit staan in die Galasirs-brief): die volheid van die tyd.

U merk dat hierdie Psalm verklaar moet word en verstaan en geglo moet word in die lig van die res van die Bybel. Daar word in Galasirs ges: Toe die tyd vl was het Christus gekom. Ek dink dit is by u nie n onbekende gedagte nie en raak dit dalk net effens aan. Die tyd was vol vir die koms van die Seun van God na die wreld toe, omdat, deur die ontwikkeling van beskawing (wat God toegelaat het, aangehelp het, veral in die Helenistiese en Griekse beskawing---die kuns, ongewenaard, die wysbegeerte, die letterkunde, ook die sport) die ietwat naiwe Balsdiens (die vrugbaarheidskultus, waaraan die hele wreld deelgeneem het) verspot begin lyk het. Mense het begin insien, maar die Bal-priesters het nie die waarheid beet nie, en toe gooi hulle die bande van die heidendom van hulle af (van die vrugbaarheidsgodsdiens).

Kan u sien hoe spot God? Hulle s: kom ons gooi die bande af wat God maak, maar in werklikheid het die wreld ontwikkel in sy heidensheid deur die afgooi van heidense bande.

En daarom is hierdie spot van God iets waar n gelowige voor bewe. Dat die Here toelaat dat mense hulself vernietig en dat n heidense kultus wat vir duisende jare, van die mensdom se eerste bewus wees dat hulle mense is (en die opgrawings, daar waar vandag Irak en Iran is, die noordelike dele daarvan, bewys dit) het hulle hierdie vrugbaarheids-kultus beoefen. Dis die oudste godsdiens, nou ja, afgodsdiens dan, wat bestaan, na ons wete. En daarlangs het die Here die pad gemaak van Sy verbondsvolk. n Klein klompie wat ook daar rondgetrek het (dit was maar Abraham en dit was nie eers genoeg dat hy in Ur bly tussen die klomp met hulle vrugbaarheidskultus wat op n hoogtepunt was toe Abraham daar moes uittrek nie...) ...ly Hy hom na Kanan, na Egipte...waar hy ook swaar gekry het (hys bang vir die konings, dan gee hy sy vrou vir hulle, gee hulle sy vrou weer terug...)

Ek het nogal gewonder as n mens, in die verbygaan, in die huweliksformulier s mens moet gehoorsaam wees soos Sara aan haar man...nou wonder ek of die opstellers van die formulier hieraan gedink het? n Gehoorsaamheid tot in die skande toe?

Ek weet nie. Ek dink die opstellers van die formuliere het aan iets anders gedink. Nou, dit was in die verbygaan...

Maar God het Abraham gelei en hoe lank het dit nie gevat voor Israel volk kon word uit die een seun, Isak, en toe hulle baie was toe s hulle vir die Here: ons gaan U bande afgooi en ons wil n koning h. En hulle kry Saul. Kop en skouers bo die volk uit en toe hy gekies word kruip hy weg by die bagasie. n Lang, sterk, skaam man kry die volk want hulle gooi mos God se bande af.

Die Here het vir Samuel ges: dis nie teen jo wat hulle dit het nie, dis teen die Here wat hulle dit het. Dis ltyd so en dit is die troos van die kerk wat in verdrukking kom: dis nie teen die kerk wat hulle dit het nie, hulle het dit teen God.

Maar nou, so het die Here dan, in die Bybel, die volheid van die tyd laat aanbreek.Die mense het begin insien dat die godsdienste van die wreld nie bevredig nie. En die Grieke met hulle beskawing en al het, wanneer hulle die Here wou dien, ook n veelgodendom gehad. Die Romeinse Ryk het n Vredesryk op aarde gestig: in hulle eie taal het hulle dit genoem (soos u seker weet) die Pax Romana. Vrede van Rome. Wat hulle met die kortdwaard gehandhaaf het. En die geoefende, gedrilde soldate-kolonnes, want die Romeine het anders geveg as die res van die nasies, en daarom oorwin. En hulle het wette gemaak wat orde daargestel het, gegrond op waarheid. Sodat ook die regstelsel wat daardie mense gehad het, oorleef omdat dit die waarheid dien. En toe kon die Seun van God kom.

En daar was nogiets wat die volheid van die tyd bewerk het, en dit is n taal wat almal kon verstaan. So n dialek van die Griekse taal, dis die een waarin die Nuwe Testament geskrywe is.

Die toneel was reg, die wreld reggestel dat die Seun wat oorwinnend na die geveg ry en wat die vyand met n ysterstaf stukkend slaan, dat Hy kom. En toe Hy kom is Hy stom voor Sy skeerders...Deur Hom te kruisig, het hulle verlore gegaan; deur nie te glo nie, het hulle op n pad gekom wat nie n besteming het nie, hy loop maar.

En nou s die gedig: as jy hierdie dinge verstaan: welgeluksalig is di wat die Here dien. Maar Hy nooi jou uit en s: kom, kus die Seun, die soen op die Hand...U sal onthou ons het die vorige Sondag vir u vertel van die verheerliking, dis die soen op die hand wat jy geestelik, figuurlik gesproke, teenoor God doen. Nie n nuwe gedagte nie.

Ek s weer, as mens die gedagte-strukture, die woordbetekenis-strukture, in die Godsopenbaring vat, dan sien jy daarin die rykdom van die wreld-letterkunde, oor eeue saamgevat en gebruik om die taal van God te praat: kom, kus die Seun, want Hy word gou toornig; lig ontvlam Sy toorn.

Het dit nie in Getseman gebeur nie? Toe Jesus hulle vra: wie soek julle? En hulle s: ons soek Jesus, toe s Hy: Dit is Ek; en daar l hulle. Dit kn. Hierdie skielike toorn van God waarvan ons die voorbeelde het, genadiglik min, van Korag, Datan en Abiram, hierdie skielike toorn van God, is ni n onwerklikheid nie, dis dr. En daarom moet n mens die Here vrees.

Die Seun van God, wat gegenereer word deur God die Vader, is ni ons maat nie. Hy is die verskriklike. U moet weer in Openbaringboek gaan lees hoe het Hy gelyk, hoe Johannes hom gesien het. Vlammende o, voete van gloeiende koper, met die tweesnydende swaard wat uit Sy mond uitgaan; dit is die Oorwinnaar, n Oorwinnaar-wese.

En hier waar Christus as die oorwinnaarsheld besing word wil ek u graag daarop wys dat ook in die heidense gedagte wat in die tyd van die Psalms geskryf is, was daar n afgod gewees, ook met die naam van Bal. Hy het die bynaam gehad van Bal-oorwinnaar. Hulle het in n plek gebly met die naam van Ugarit, in Palestina.

Nou lyk dit asof die wreld eerste die oorwinnaarsgode gehad het en hier kom God agterna en Hy noem Sy Seun ook die Oorwinnaar. Dt doen die Here sodat ons geloof getoets kan word. Nou, as een kom s: og, die mense van Ugarit (by Rashamra het hulle dit opgegrawe) het vr die Psalm eintlik al die verlosser Oorwinnaar genoem. Hier kom God en Hy s ook Sy Seun is n Oorwinnaar.

Kan u die taal van die ongeloof verstaan? Wat nie verder kom as n opgegraafde klei-tablet nie? Ek moet verder gaan, ons moet by n herbore hart kom waarop God Sy Wet inskrywe en nie soos hierdie ou klei blokkietjies wat hulle opgegrawe het, hard en bietjie verbrokkel hier en daar nie. Maar n lewendige, gelowige hart waarop die Here die liefde vir Sy Waarheid geskrywe het, sodat jy die Seun kan kus. En dan kom die sen op die end: Welgeluksalig is di wat dit doen.

Hierdie gedig, broeders en susters, gee aan die gelowiges moed, nie die braafheid van diegene wat onder die straf staan en God uitdaag nie, nie die krag van God se lag nie, want ons kan niks toelaat nie, maar die krag van die verlosde.

Die oortuiging van die gelowige dat wanneer God op my lewenspad beproewinge bring, en vreugde bring, of Hy doen met my niks, dat ek eenselwig deur die lewe gaan, dan kus ek nog steeds die Seun. Dan dank ek Hom nog altyd dat Hy die Oorwinnaar van alle tye is, wat gekom het toe die tyd vol was; daar kom ng n tyd van volheid wanneer Christus die tweede keer na die wreld toe kom, as die Here die maat van die sonde laat volloop het. Dat die laster, die afgodery, die verwerping van wat goed is, s word dat mense dink: nou gaan ons teen God veg. Dn is daar n tweede volheid van die tyd. En die Bybel s ons kan dit nie uitreken nie, maar ons kan die tekens daarvan sien.

Laat ons die Here dank, broeders en susters, dat ons die troos het van die geloof, die moed en die krag het wat b die van die wreld uitgaan en wat ons aanbiddend voor ons Here laat neerbuig.

Amen.