Ds. Jan Coetzee 2 Junie 2002 (Oggend)

 

Lees: Psalm 121: 1-16

Teks: Psalm 121: 8

Psalms: 72:1,10; 139:12; 91:1,6; 51:1,2; 68:9,16

 

 

Die Bybel leer ons in hierdie deel dat God op meer as een manier aan ons leer dat Hy naby is. Dit is deel van die Godsopenbaring dat die gelowiges moet weet God is nie ver nie. Dit is deel van die ongeloof om te s: God is ver.

Nou is daar, soos byvoorbeeld in Psalm 81, die woorde: Maar My volk wil my nie gewillig eer nie, ver van My vandaan het hul weggegaan en My nie begeer nie. Dit is n openbaring dat God naby wil wees, maar in vermaning en in strafaankondiging. Hier, in hierdie bedevaartslied, is dit nie n openbaring met n vermaning en n straf nie, maar met die vertroostinge wat uit God se Woord tot gelowiges kom.

 

Bedevaartsliedere, soos u stellig weet, is liedere wat gesing was, in die tyd van Israel; aanvanklik, as hulle oppad was na die jaarlikse fees in Jerusalem, hier min of meer in Septembermaand. En dan het hulle hul huise en alles laat staan en was hulle oppad. Nou ja, die verste wat hulle kon gaan, as die aardrykskunde reg is, is maar omtrent 200km. Maar gaan stap dit nou, met alles wat jy het en met kindertjies, dan word dit n groot werk. En so het hierdie togte na die jaarlikse fees, wat hulle moes onderneem, n simboliek geword van die mens wat in gevaar oppad is. Want gevare was daar; daar was diere en sekerlik rowers en wat kan nie alles met jou gebeur in die week of wat wat jy oppad is nie. Dan het die gedagte gekom: Waar is God? Moet ons nou juis Jerusalem toe gaan? Moet ons nou juis by die tempel kom? Kan jy nie die Here maar naby h, hier in jou huis, sonder al die moeite en gevaar nie?

 

Dan kom hierdie Psalm se ongewoonheid: een man, nie almal nie, n, preek vir die ander en hy s vir hulle: Jy hoef nie na die berge te kyk waar jou hulp is nie, jou hulp is van die Here, in die berge, hier, in Jerusalem en by jou huis. Dan vertel hy hulle van God; die Here kan jou voet nie laat wankel nie; God kan nie n mens seermaak dat jy l nie. Ons het gesing uit Psalm 91, dat die engele jou selfs dra waar die pad rotsagtig en ru is. Hy s verder vir hulle: Jou Bewaarder kan nie sluimer nie; hy s dinge wat God ni kan doen nie. En dis belangrik, want u weet, mense wil gewoonlik weet wat kan God alles doen. Kan Hy my help? Kan Hy die wreldonrus bedaar?

Maar dis die buitengewone van hierdie prediking: hy s wat God ni kan doen nie. Hy kan jou nie verlaat nie en Hy kan jou nie laat bly nie en Hy slaap nie en Hy is soos die skaduwee so naby aan jou. Dit is die bedevaartslied se inhoud. Dit is ook die eerste gedagtereeks wat ons vir u het, die inhoud van die bedevaartslied, van hierdie bepaalde ene.

 

En dan kom daar in hierdie bedevaartslied se inhoud nog die volgende by; nou gaan hy oor wat gaan gebeur: Die son sal jou bedags nie steek nie. Dan kan n mens s: Gaan die Here dan die son nie meer laat skyn nie? Hoe kan dit? En ook die maan nie by nag nie. En daar is mense wat dink hierdie maan wat jou in die nag nie steek nie, is n bygeloof. Jy kry die gedagte in die sogenaamde omdigtings van die Psalms. Die kwaad van die maan sal jou nie tref nie. Van wanneer af het die maan kwaad? Hulle s die honde tjank dan baie.

Maar die gelowiges is nie onderhewig aan sulke ongeloofsnatuurkragte nie, die okkulte nie. Broeders en susters, n klomp jare gelede sou u hierdie ding nooit vir n gemeente ges het nie, of dit onder hulle aandag wou bring nie. Maar die okkulte het n staanplek ingeneem in ons lewe en lewensbeskouing. En dan is dit nodig dat die gelowiges moet weet dat hier n gedig is wat nie praat van maanwaansin en sondoodbrand nie.

 

Dit is n digterlike woord wat vir jou s: Het jy dan vergeet van die wolkkolom in die woestyn? Het jy dan vergeet van die vuurkolom in die nag? Dit is n digterlike manier om die geskiedenis van Israel, sy heilsgeskiedenis weer onder die aandag te bring van die wat ges het: Dit is te swaar, ek kan nie met hierdie pad gaan nie. En ons moet seker huiwer om die mense te veroordeel.

Ek het netnou van mas met kindertjies gepraat, maar het u die realiteit daarvan al bedink? Die rykes het miskien n donkie of n kameel gehad. En dan s die digter hier, en dit is hoekom dit in die Bybel gekom het en nie n liedjie gebly het nie: Het jy dan vergeet dat die son agter n wolkkolom verberg is as God naby Sy volk kom? En so in die nag die vuurkolom wat nie weggaan nie. En dan s hy: Dit sal so bly, jy sal nie n wolkkolom meer sien nie. Uit die verlede moet jy vir jouself die sekerheid kry vir die toekoms.

 

En dan s die laaste deel van die bedevaartslied wat God nog sal doen: Hy sal jou bewaar vir elke onheil, Hy sal jou hele menswees, jou siel bewaar. Hiermee s die Bybel nie dat daar nooit onheil oor ons kom nie.

Die woord bewaar in die Ou Testament se taal, beteken dat die Here jou behoed dat jy nie ten gronde gaan nie. Die kwaad sal jou tref, die onheil sal by jou kom, maar jy sal nie swig nie. Jy sal geestelik staande bly en die Here sal jou in die lewe hou totdat jy jou werk gedoen het, klaar gedoen het. Hier is n groot troos vir diegene wat treur oor geliefdes wat hulle voorafgegaan het, hulle werk is klaar.

 

En hierdie bewarende genade van God is dan uiteindelik die slot van die troossang, want dan kom die laaste rel. En nou moes ek die hele vorige deel s om uit te kom by vers 8: Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar van nou af tot in ewigheid.

Daarmee bedoel die Here se Woord jou gang deur die lewe, want wat is n mens se lewe anders as n opeenvolging van uitgange en ingange? Van jou geboorte af gaan jy uit en gaan jy in, in huise, in werke, in verhoudings, tot die laaste uitgang toe.

En met hierdie woorde dui die bedevaartslied dan aan hoe die Here ons van die gevare behoed. Hy doen dit deur jou lewe nie te verander dat jy nie meer uitgaan en ingaan nie. Dat jy onderhewig is aan vreugde en verdriet, krag en verdriet, jonkwees en oudword, dit bly.

Hy bewaar jou so dat hierdie uitgange en ingange van jou lewe jou nie verbitterd en verhard maak nie. Maar dat jy kan s, soos Job gedoen het: Die Naam van die Here sy geloofd. Dat jy die Here prys ongeag jou uitgang of jou ingang. Nou kan jy hierdie bewarende sorg van God slegs begryp as jy daaroor dink en vanuit jou nood, vanuit jou verlange na God, die Godstroos ontvang.

 

Die tweede en laaste reeks gedagtes is dan hoe die Here aan ons beloftes gee waarin Hy wil h dat ons self ook n geestelike werksaamheid moet doen. As die Here aan jou belowe, dan is dit nie: Toe maar, Ek sal vir jou so of so of so gee nie. Maar dan kom God en s: Maar jou gees moet werk, jou verstand moet werk.

Dink aan Psalm 42, waar die Psalmdigter s: Hoe begeer my siel... Psalm 81 wat ek aangehaal het: Hulle het My nie begeer nie... Uit die Godsbegeerte, uit die verlange na die nabyheid van die Here God, kom die belofte van die Here na vore.

As God vir ons s: Ek sal jou bewaar van nou af; dat jy daaroor begin dink, tot in ewigheid, wanneer jy nie meer dink nie, maar by God in die ewige lewe is. Wanneer die stryd verby is, dan s Hy: Maar dan moet jy met jou gemoed, jou verstand en jou gevoelens, besig wees om te dink: God moet tog nie ver wees nie. Juis uit die begeerte na God kom Sy nabyheid.

Dis presies dieselfde werking wat die Here hier met ons doen as wat Hy met ons doen in die uitverkiesende genade van God. As jy nie aan jou uitverkiesing glo nie, is jy ook nie bekommerd nie. Dan is jy soos Kain wat doodslaan; dan is jy soos die skrifgeleerdes wat die Here Jesus gekruisig het en ges het: Laat Sy bloed op ons en op ons kinders afkom, ons skrik nie. Maar ek maak die teenstelling van Petrus wat die nag ingegaan het in angs en verskrikking en in droefheid; hy het sy Heiland verlon. En daarom is hy nie verlore nie, daarom is hy weer opgesoek.

 

Vanuit jou bekommernis, vanuit jou begeerte na God, vanuit jou lyde, kom jy by die troosbelofte van God. Hoe kan jy n troosbelofte ontvang as jy dit nie vra nie, as jy dink jy het nie troos nodig nie? As jy nie swaarkry nie, hoe kan jy vra dat God sal help?

 

Nou is hierdie bedevaartslied, met sy gevaarlike tog waartydens dit ontstaan het, vir ons n troossang. Vanuit ons nood en sorg, groei in ons gees, nie net die begeerte na God nie, maar ook die sekerheid dat die Here naby is.

 

In hierdie verband wil ek u graag wys op wat in Lukas 2 geskrywe is. Toe Josef en Maria die Here Jesus gaan voorstel het op die agtste dag en die offer vir die eersteling gebring het aan die Here, toe die priesters Hom nie herken het nie, was daar die ou man Simeon. Hy het, so s Lukas, die heil van Israel verwag, maar hy het dit nog nie gekry nie. En daar was hy nou aan die einde van sy lewe en moet jy jou dit indink dat hy oud en ongeoorloof inskuifel in die tempel. En hy vat die Kind vir wie geoffer word by die priester, neem Hom by hom af. En soos dit seker moes gewees het, hy was oud, het die stem van die ouderdom gekom: Laat nou maar, Here, U dienskneg gaan in vrede volgens U Woord, omdat my oog gesien het, die heil wat U berei het.

Uit die begeerte en die verlange na die heil van Israel, het die Heilige Gees hom gedryf, so s die Bybel, om die kind Jesus te neem.

Daardie priester het sy mond nie oopgemaak nie (en hulle was nie traag om te verskreeu nie). Hierin, so in die verbygaan, het ons n verbysterende teenstelling met onse Here wat Sy mond nie oopgemaak het toe hulle Hom aan die kruis gesit het nie, behalwe om te bid vir die soldate en te vra: My God, My God, waarom het U My verlaat? Maar Jesaja 53 s Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.

Hierdie priester ook nie, nie omdat hy n leier was nie, maar omdat hy nie begryp het wat gebeur nie. Daar was in sy binneste, in sy gemoed, in sy verstand en in sy gevoelens, nie die bewerking om die Here te begeer nie, hy het die roetine van die tempel gevolg.

 

Hierdie ewige begeerte na God wek die Here by ons op deur ons te beproef, ons te laat swaarkry, ons te laat sien hoe groot die nood in die wreld is en ons te laat sien hoe goed God is. En dan ken ons die belofte: die Here sal jou uitgang en jou ingang --dis jou hele lewe-- bewaar, van nou af. En hierdie van nou af is elke keer wanneer jou gees, jou gemoed, jou verstand, jou gevoel, hierdie bewerking doen: Ek begeer om by God te wees.

In Psalm 84 het jy hierdie gedagte ook, dit is n lied van die kinders van Asaf, wat nie meer priester mag gewees het nie: Een dag in U voorhowe is beter as duisend daarsonder.

 

Ons moet n oog kry hoe die Bybel op baie plekke aan ons leer van die Godsbegeerte, die verlange na onse Here. Dan kom die belofte van die Here vir n mens duidelik na vore. Hy sal, elke keer wanneer ek hierdie Godsbegeerte bedink het, my bewaar. Ek sal nie struikel as ek s ek begeer God nie, ek sal nie iets oorkom as dit met my gebeur nie, en selfs al is ek in my laaste lewenslyde, die laaste uitgang, bewaar God n mens tot in ewigheid.

 

Daar is min plekke in die Bybel wat so duidelik vir die lydende gelowige leer dat sy uitgang by God is: die Here Jesus het ges: My God, My God, waarom het U My verlaat?, toe Hy as mens, sonder sonde, die laaste straf gedra het. Maar die Godheid het Hom nie verlaat nie; toe Hy opgestaan het uit die dode was dit juis deur die krag van God wat in Hom ingekom het. Jy kan God nie kruisig nie, jy kan dit net met n mens doen. En so was Hy dan nie aan tyd of ruimte se beperkinge onderhewig nie. Hy het by toe deure ingegaan, Hy was hier en as hulle weer sien is Hy weg. En Hy het Sy Alwetendheid gebind aan Sy troos.

 

Ek wys u op daardie Thomas wat ges het: Ek wil die merke sien. Ek sou s, broeders en susters, ek wil nie, want dit sal my opnuut herinner aan ek wat die oorsaak is van daardie merke. En die Here s: Jy kan maar kyk, jy sal bewaar word, selfs dan, in ewigheid.

Ek het baie oor die ding gedink: wat sal ons nou maak as ons ons gekruisigde Heiland sien, en ons gaan op die nuwe aarde, en ons sien die merke van ons straf aan Hom? Dan sal die Here jou bewaar, so s hierdie bedevaartslied, sodat jy nie ten gronde gaan nie.

 

Jy kom amper by n mistieke heiligheid uit as jy oor die Godsbegeerte nadink, dat dit tot in ewigheid n bewarende genade is. En so leer die Here ons dan om, terwyl ons hier is, nie vervaard te word nie. Om terwyl ons hier op aarde is, vas te hou aan dit wat ons weet. Vir Israel was dit n wolkkolom en n vuurkolom, vir ons is dit baie meer, want ons het die totale heilsgeskiedenis. Ons het die lewe en die onderrig van bondsgenote en opvoeders voor ons. Ons het n rykdom waaruit ons ons Godsbegeerte kan put.

 

Nou dan is dit mos nie verbasend dat die wreld en die ligsinniges van vandag juis teen die Godsbegeerte gaan nie en jou leer om n mensbegeerte te h. Die saamwees, die saamdoen, die organiseer, die groepsgevoel wat uiteindelik n groepsdruk is. Dis dinge wat die Here geskape het, daar is n wetenskap wat dit bestudeer, dit word genoem sosiologie. En dit is feite dat daar n dinamiek is wat loskom as mense bymekaar is en jy kan dit gebruik, jy kan dit op baie maniere gebruik.

Meestal gebruik hulle dit vir die kwaad: om mense te manipuleer, dinge te laat doen wat jy graag wil h. Maar dit is nie verbasend dat hierdie dinge op die voorgrond kom in ons dae nie, want die Bybel s jy moet God begeer, moenie ver van Hom vandaan gaan nie. Maar dit is n gevaar dat ons die begeerte na God begin afsterwe omdat ons gewoond gemaak word aan die gejuig van baie. Psalm 42 is juis die ene wat vir ons s: Die menigte is nie jou troos nie. Die man sit daar, die Psalm-digter, op die Libanonberg waar die Jordaanrivier sy oorsprong het en daar oor die klippies rol, en hy s: Hoe onthou ek die feesvierende menigte en ek het hulle gelei in die fees en hier sit ek alleen.

 

Dan s die Bybel: Nou is jy reg. Dit is nie sonde om in die menigte te wees nie. Hier is ons as gemeente, as gelowiges in die gemeenskap van die geloof bymekaar. Maar dit is nie die doel, dit is ook nie die middel waardeur God werk nie. God werk deur Sy Woord en Gees wat n Godsbegeerte by jou opwek.

Dan kan jy en wil jy, soos hierdie man oppad na Jerusalem, vir die ander s: Hoor hier, julle moenie kla oor die swaar reis wat ons het nie. Jou bewaarder kan nie sluimer nie. Jy hoef nie na die berge te kyk en te wonder waar is God nie. Jy moet na jou binneste kyk en weet hoe jy God begeer.

 

So het die Here dan n lied wat ontstaan het --ons weet nie wanneer nie, dit moes baie lank gelede gewees het-- in die Bybel laat skrywe, saam met ander bedevaartsliedere, omdat daarin hierdie wonderbare openbaring is: dat God die begeerte na Sy heil uit jou leed laat groei, en uit jou vreugde hier moet daar dankbaarheid groei. Daaroor gaan hierdie Psalm nie, hy gaan oor die troos vanuit die leed wat daar is.

 

Dit is ons bede dat die Here vir ons almal steeds op hierdie weg sal lei dat ons groei in die begeerte na die Here, sodat ons lewe vas en sterk kan staan soos dit moet wees, dat ons Hom kan eer en dank.

 

Amen