Ds. Jan Coetzee 13 Januarie 2002 (Oggend)

 

Lees: Matthes 5: 1-12

Teks: Matthes 5: 1-2

Psalms: 68: 1,2; 1:1; 89:3,6; 43:3,4; 42:5,7

 

 

Wat Hy ges het, is wat ons die saligsprekinge noem. Die leer van Christus is vreemd aan die wreld. Die ongeloof, die wreld, die gewone mens wat nie eiendom van die Here is nie, aanvaar niks van die leer van die Here nie. Want dit is n leer van: Draai die ander wang; dis n leer waarin n mens geoefen word om jouself prys te gee, om jouself te kan wen vir God.

 

Nou was daar baie mense wat agter die Here Jesus aangekom het, want hulle het gesien wat Hy doen. Die wonderwerke wat Hy gedoen het.. siekes gesond --selfs die wat dood was, n paar het lewendig geword-- Hy het voedsel vermeerder. Dit was die moeite werd; maar let op, die wonderwerke wat die Here gedoen het is almal bepaal tot hierdie lewe: kos, gesondheid en selfs nuwe lewe. En nie een van daardie wonderwerke was saligmakend nie. Dit was gedoen, so leer die Bybel ons, sodat die mense moet kom, dat hulle kan hoor waar dit eintlik op aankom.

En hier het die tyd nou aangebreek, die mense is baie. En teen die skuinste --hulle noem dit n berg, maar as hulle die plek reg aandui is dit maar n skuinste, n natuurlike amfiteater-- het die Here gaan sit en die dissipels het by Hom gekom en Hy het hard genoeg gepraat dat almal kon hoor.

 

Ons wil eers oor die skare praat en hulle verwagting. God beskik dit dat mense iets van Hom, iets van God, iets van godsdiens wil hoor en wil verstaan. Dit is een van die eerste genadewerke wat die Here gedoen het en waar Hy van die begin af mee gekom het. Selfs daardie Kain wat nie in die Here geglo het nie, was lus om vir die Here n offer te bring. Toe het Abel dit ook gedoen, hy het sy broer nagedoen. Maar die Here het Kain se offer nie aanvaar nie, s die Bybel. Hy het Kain self nie in guns aangesien nie, Abel wel. En hier sien u nou, dis nie die een wat die inisiatief neem wat noodwendig God se kind is nie. Maar dit gaan oor wat jy glo, jou gees, jou gedagtes. Nou het die Here vir die skare daar in Palestina die geleentheid gegee om n geestelike honger en dors te kom les; fisies het Hy dit gedoen, sommer daar.

 

En nou is die onbegryplike verder dit, dat die honger en dors na die geregtigheid op n manier by hulle verbind was aan hulle nasionale verwagtings. Godsdiens en die Israelse staat --hulle het dit genoem die Dawidsryk-- was vir hulle heeltemal, volkome een saak. Dit het so geword na die ballingskap in Babel, toe hulle aangewys was op die sinagoge-diens wat daar ontstaan het; en die verlange om weer na Jerusalem te kon gaan by hulle gelewe het. Daarvan het hulle nooit weer losgekom nie; die massa, die skare.

Dit is n waarskuwing aan alle gelowiges, dat, terwyl n nasionale verwagting goed en reg is, dit nie die godsdiens se wese is nie. Daar is natuurlik n raakpunt tussen alles wat jy doen en godsdiens.

Maar vir die mense in Palestina was die Here Jesus se leer vreemd, want Hy het gepraat van n koninkryk op n ander plek as Palestina. n Koningskap wat nie met n veldslag, of met geweld teruggewin was nie, maar n koningskap in diens. En daarom was die verwagting van die mense van Palestina sonder God.

Dit is vandag nog so dat n oormatige band tussen hierdie lewe en godsdiens uitloop op n verwagting sonder God. Nou moet u dit brer trek as net nasionale verwagting. Ons het ook baie ander dinge wat ons in hierdie lewe begeer en wil doen. As dit meer werd word in jou gemoed as die ewige lewe, dan het jy n lewensverwagting sonder God. Dit neem toe in die wreld, ons leef immers in n land waar dit so is. Ek wil dit s, oppad hierheen vanoggend was die pad vol fietsryers, mense met die bont hemde aan, op n Sondag. Die mense loop sonder Kerk, sonder God, heerlik in die wreld rond en niemand keer hulle nie. Dit sal meer en meer so word.

 

Daarom, broeders en susters, l die las op die gelowiges om n heilsverwagting te h. Die heilsverwagting is deel van die leer van die evangelie. En soos ek s, vreemd aan die wreld, maar dit mag nie vir ons n vreemde boodskap wees nie.

Die woord salig wat so herhaal word --ek dink nege keer-- is n woord wat in die Griekse taal baie gebruik word. Moontlik onthou di van ons wat ouer is: daar was n aartbiskop in Ciprus, Makarios, wat n groot nasionale held was. Nou, hy het presies die naam gehad van hierdie woord wat met salig weergegee word. En dan moet n mens verstaan dat dit n woord is wat moeilik is om weer te gee, hierdie verwagting, die belofte, in n ander taal weer te gee. Ek dink die nuwe bybel s: Dit gaan goed met Maar sedert die Reformasie het al die tale die woord salig gebruik.

 

Dan moet mens nie dink hulle gaan nou hemel toe omdat hulle vervolg word, omdat hulle sagmoedig is, omdat hulle treur nie. Dit is n gesindheid waardeur die leer van die evangelie vir jou al meer bekend en vertroud word. Dat jy nie meer verbaas kan wees as jy die inhoud en die strekking van die evangeliewoord hoor nie. Maar dan moet ons onthou die evangelie is n leerstuk.

Matthes het ges die Here het op die berg geklim, die dissipels het gekom en Hy het Sy mond geopen en hulle geleer. En toe hierdie Makarios-uitdrukkinge gebruik. Die evangelie is n leer, naamlik, dat die vrede van God vreemd is aan die wreld. God se vrede en die wreld se vrede is nie eenders nie.

In Johannes se evangelie het hy dit opgeskrywe, ek meen dis in hoofstuk 16, dat die Here s: My vrede gee Ek aan julle, nie soos die wreld gee nie. Die wreldvrede kom deur oorwinning; dis met jou verby, daarom het jy vrede. God se vrede kom deur genade; dis juis die lewe wat na jou toe kom by God; daarom het mens vrede.

Almal van ons, meen ek, doen dinge en ondergaan situasies waardeur God se vrede van ons wyk, dit gebeur. Maar omdat die evangelie-leer aan ons bekend moet wees en ons n vertroudheid moet h met God se vrede, dat Hy deur genade en deur lewensherstel aan ons vrede by Hom gee, is ons oomblikke en belewenisse van stryd en kommer en sorg verbygaande.

 

Daarom dat die Here Jesus hierdie saligspreking so gemaak het dat dit n blywende saak aandui. In die oorspronklike taal van die Nuwe Testament het hulle die werkwoordtye om iets te s dat die leser kan verstaan dit hou nooit op nie. Wanneer n mens dan in jou oomblikke van onvrede kom, dan hou die vrede van God nie op nie. Wanneer n mens in jou verdriet is, dan hou jou vreugde nie regtig op nie. Dit wat kenmerkend is van die gevalle wreld, dit is die negatiewe gesindhede en gewaarwordinge, hou nie aan nie.

Die blydskap in die Here, wat miskien maar hier en daar in jou lewe werklik na vore kom, hou nooit op nie, is ewig daar. Dit is die leer van die vrede van God, daarom bring geloof in Christus n teenstelling met die wreld.

 

Hierdie teenstelling word fisies vir ons voorgestel in Matthes 5. Twaalf dissipels, een van hulle was Judas, en die skare. Twee soorte mense: een klomp wil eet, die ander is leerlinge, hulle luister. En van die leerlinge was een selfs nie n leerling nie, maar n eie-eer-soeker, n eie-gewin-soeker, sou ek s.

So verdeel geloof die mensdom, teenstellend met die wreld en dit is moeilik om te aanvaar, veral in n mens se jonger lewensjare. Om te dink die geloof maak my dan anders as dit wat rondom my is; dan kom dinge soos groepsdruk in sy slegste vorms na vore. En dan moet n mens kan terugval op jou wete van die evangelie, op die leer van die evangelie. Dit is waarom die kategetiese onderrig in die Kerk van so n allerhoogste belang is. Ek dink dit is amper van die vernaamste werk wat daar op die ampsdraers gel word.

So het die wreld dan n teenstelling. In Nederland het hulle dit genoem die antitese, wat gemaak het dat die Kerke daar maklik skeur. Want die antitese bring n onbuigbare gesindheid mee. Die antitese is goed, die teenstelling met die wreld moet op alle vlakke deurgetrek word.

 

As u hierdie saligsprekinge nou weer n keer rustig gaan lees, sal u sien dit raak die lewe in sy volheid. Al die dinge wat met jou gebeur: treur, sagmoedig wees teenoor kwaad word; honger en dors na geregtigheid teenoor honger en dors na plesier; barmhartig wees... En jy kry self ook teenspoed --dan moet aan jou barmhartigheid bewys word-- jy is nie altyd die triomfantlike nie. Dan die een wat seker die swaarste van almal is, n vredemaker; dis makliker om nie vrede te maak nie. Selfs al veg jy nie, om net weg te stap, n vredemaker het nou eenmaal moeilikheid. Die vrede in jou gemoed gaan weg, want jy het te doen met ander wat nie reg wil nie ...en so kan ek aangaan.

Die teenstelling tussen geloof en ongeloof, l in gesindhede. Die vermo om terug te val op die leer van die evangelie, maar dan ook n vertroudheid met die leer van die evangelie. Daarom is dit goed, soos u ook doen, om die Woordbediening en die Kerk by te woon. Daarom is dit goed dat n mens in jou huis die Bybel lees en dit oordenk.

 

Let goed op, hierdie antitese bestaan nie daarin dat die georganiseerde Kerk teenoor die georganiseerde wreld staan nie. Die georganiseerde Kerk is iets anders as die terugval op die leer van God. Daarom het die geloof nie tot niet geraak in lande waar Kerke skeur nie, want die gesindheid van die geloof, die kennis van die leer van God, is daar nie mee heen nie, maar leef in mense. Ek s dit is n vreemde ding hierdie dat die Here Jesus dit vir mense leer, ons sou dit anders wou.

Die populre Christus-beeld is ook totaal iets anders. In die o van die wreld is Hy n lieflike, een in wie se o jy net die goedheid sien, wat nooit kwaad doen nie. Maar die Here Jesus het nie geskroom om hierdie antitese te maak en vir Israeliete in Jerusalem te s: Addergeslag, wie het ges julle moet hierheen kom? Gaan s dit bietjie vir mense dat hy n addergeslag is en jy sal die onvrede beleef.

Hulle het geswyg teenoor die Heiland, want onse Here was nie, al word Hy die Lam van God genoem, geestelik swak, fisies swak nie. Hy was n geweldige, so leer die Bybel ons, en nou het Hy hierdie teenstelling gemaak.

 

Dit is die leerstuk van die evangelie, ons kan nie Kerk en wreld gelyktydig wees nie, ons kan nie gelowig en wrelds gelyktydig wees nie. Dit is nie moontlik nie, maar dit is die verleiding van ons dae. Ons dae? Dit was seker nooit anders nie, dat die gelowiges hierdie teenstelling moeilik vind om te verduur en selfs te bewerkstellig wanneer God n mens daartoe roep.

Nou klink dit vir n mens asof hierdie saligsprekinge eintlik ellende in die lewe bring. Dis nie heeltemal so nie; dit bring stryd, maar nie ellende nie, want daar is die troos van die Heilige Gees, deur wie die Here s ons moet ons verbly. Verbly en verheug julle, so sluit Hy af, omdat julle loon groot is in die hemele. Dit is die Heilige Gees wat as Trooster vir ons intree voor die Vader en wat in ons gemoed n hemelse rus indra in n wreld waarin ook hierdie rus vreemd is.

 

Ons het eerste oor die skare gepraat en hulle verwagting, toe oor die leer van die evangelie en nou aan die einde oor die troos van die Gees van God. Teenoor elke strydpunt in hierdie Skrifgedeelte aangeroer en ook in die res van die Bybel...teenoor elke strydpunt stel Hy die troos van die vrederyk van Christus. Die Here Jesus is die een wat inderwaarheid regeer en Sy koningskap gaan onskynlik onduideliker word namate die wreld goddeloser word.

Mens wonder wat sou gebeur het as een by so n klomp fietsryers stilhou en vir hulle begin preek; ek dink hulle sal wegry. Maar niemand doen dit nie.

Broeders en susters, die troos van die Heilige Gees is nie gele in die gevegte nie, maar is gele in die vrede wat die Here Jesus vir ewig bewerk, wat nie tot niet gemaak kan word nie, die vrede sal daar wees. En die wekroep om hierdie vrede te kom ontvang, is die heilsverwagting, die terugval op die leer van die evangelie, wat jy met liefde in jou hart doen. Dit is hoe die Here die troos van die vrede in n mens vestig. En dan is jou skade en jou skandes en n mens se teleurstellings nie die oorwegende nie.

 

Daar is n toenemende neerslagtigheid merkbaar in die mensdom, ons noem dit agter die mediese wetenskap aan, depressiwiteit, wat jou verlam dat jy niks kan doen nie. Dit neem toe, dit sal nog meer word dat die gebrek aan vrede met God vir mense onduidelik word. En dit tref n gelowige net soos n ongelowige. Maar dan is dit die tyd dat n mens met die nodige hulp, die vrede van God weer moet vind. Dit is ook so dat ons deur ons beginselvoorbeeld mense kan help om die vrede van God te verstaan en daarin te deel. Die troos van die Gees is meer as die onrus van die geestelike stryd, om nie net te praat van die fisiese stryd wat gelowiges het nie. n Mens het ook n geestelike stryd; om vas te hou aan God terwyl dit soms moeilik word; om die moed te behou wanneer dit eintlik lyk of dit met jou verby is; om nie neerslagtig te wees nie, al is dit hoe swaar.

En dan s die Bybel nie dis sonde as jy neerslagtig is nie, maar Hy noem die troos van die Gees, wat meer is as die geestelike stryd wat ons hier het. En dan is dit so dat mens selfs van hierdie troos van die Gees by tye nie kan weet nie, dat jy so swaar kry hier op aarde. Dan hou die Here die troos van die Gees in stand, Hy neem dit nie weg nie en Hy laat ons dit weer ken. Daarom het die Here Jesus, toe Hy begin het met Sy prediking, vir die mense hierdie saligsprekinge gegee, waarin Hy die heerlikheid van God se goedheid aan ons leer.

 

Mag dit nou wees dat ons daaraan sal kan vashou en daarmee deur die lewe sal gaan sodat ons vir mekaar kan s, en vir onsself: Verbly en verheug julle,omdat julle loon groot is in die hemele. En dan gebruik die Here die voorbeeld van die profete van Israel, wat doodgemaak was en die vrede van God geken het terwyl hulle onrus gepreek het. Die profete het nie mooi woorde gehad vir Jerusalem se kwaad nie en hulle is almal die vrede in. So erg is hulle vervolg dat die Here Jesus dit in gedagtenis gebring het in Sy eerste leerrede op aarde. En hierdie vervolging is nie in die geskiedenis altyd daar nie, maar die verheuging en die loon in die hemele is altyd daar.

 

Mag dit ons deel wees sodat ons tot eer van God kan leef.

 

Amen