Ds. Jan Coetzee 30 Desember 2001 (Oggend)

 

Lees: Lukas 4: 14-32

Teks: Lukas 4: 21

Psalms: 92:1,3; 19:6; 145:1,3; 91:1,6 72:10,11

 

 

Die Bybel leer ons in hierdie gedeelte dat God ook die tyd gebruik --tyd wat Hy geskape het-- wanneer Hy Sy raad uitvoer. God se raad is die plan, soos u wel weet, waarvolgens die hele wreldgeskiedenis verloop en ook hoe dit sal wees op die nuwe aarde. Nou gebruik God, terwyl die tyd nog bestaan en ons nog nie in die ewige lewe is nie, tyd om Sy werke uit te voer. En n kenmerk van tyd is dat dit verbygaan. So gebruik God iets wat ophou, wat vervlieg, om Sy werke te laat plaasvind.

 

En toe het die Here Jesus in Nasaret, in die sinagoge, hierdie dinge vir hulle geleer van die werk van die Saligmaker en dan daarby ges dat Hy die aangename jaar van God kom aankondig het. Dit het nou gebeur; n leeftyd van onaangename jare is verby, nou kom die aangenaam. Hy het aangehaal uit Jesaja 61. Ons lees hier dat hulle vir Hom die boekrol gegee het van Jesaja. En u weet ook wel dat dit die gebruik was in die sinagoges om n deel van die Bybel te lees. Een wat wou, kon en dan moes hy daaroor iets s. Dit was immers, soos baie dink en ek dink dis reg, die begin van Woordverkondiging in die erediens. En hulle het nie probleme gehad daarmee dat Hy hierdie mooi deel uit Jesaja 61 vir hulle lees nie. Ook nie dat Hy s dis die aangename jaar van God nie.

 

Maar die woord aangenaam is nou soos hulle dit in die Nuwe Testament s. Jesaja het gepraat van die jaar van God se genade. En soos wat die jare verbygaan, maak God hulle vol. Die wat verby is, is nie leeg nie en die wat kom, sal nie leeg wees nie. God maak die jare vol. En dit is dan ook die eerste waarvoor ons u aandag vra uit hierdie skrifgedeelte. Die Here het ges: Hierdie woorde is vandag voor julle o vervul, julle het dit gesien en gehoor. En die tweede waarvoor ons graag u aandag wil vra, is dat vir die ongeloof die tyd net verbygaan, hy word nie vol nie, hy gaan verby. En dan is daar die derde saak wat die Here hier aanraak, uit Jesaja aangehaal: Dat God die Verlosser stuur wat n koninkryk kom vestig. God maak die jare vol, vir die ongeloof gaan die tyd maar net verby en die koninkryk kom.

 

Ons het hier te make met n heilige gang van sake. Dat God die jare volmaak, het reeds begin in die wetgewing in die tyd van Moses. Ons lees daarvan in Levitikus 25, daar is die groot jubeljaar ingestel. En u weet wel hoedat dit was: elke vyftigste jaar dan moet hulle nie boer nie, hulle moet van die opslag lewe. Hulle moet mekaar se skulde kwytskeld en hulle moet alle Israelitiese slawe vrylaat. Dit is n jubeljaar waarin die vrederyk van Christus vir n jaar lank aan die mense gegee is.

In Jesaja 61 kondig die profeet aan dat die Messias, die Verlosser, n vrederyk gaan h waarin die genade van God gevestig is. Die groot jubeljaar word dan elke jaar, elke jaar n jubeljaar wanneer Christus weer kom.

En so is die vul van die jare, die volmaak van die tyd, dit dat die Here geleidelik, oor eeue heen, die mense leer verstaan dat God goed is. Dat Hy die verniel van die sondeval nie wil h nie, en dat die mense se lewens goed moet word. En dan is daar nog n jaarvulling waar die Bybel van praat. Die Here Jesus het hier eintlik n volvlug oor die evangelie en die Bybel gemaak. Ons lees in Galasirs 4 dat toe die volheid van die tyd gekom het, het die Christus gekom. God maak vol, Hy maak die tye vol en dan gebeur Sy heilsplan en voer Hy dit uit.

 

In Nasaret het die Here dan vir hulle geleer: vandag is voor julle ore hierdie profesie vervul. Van toe af is die tyd goed, omdat die Saligmaker dit goed maak. Maar nou sit die duiwel dadelik daarby om te verlei en die vervulling te verhoed. En om die rede sal dit wees dat ons hier, kort voor nog n jaar in ons lewe bykom, bedenkinge kan h oor hoe dit sal gaan. Want ten spyte van die jaarvullinge deur die Here, word die jare net n opeenstapeling van gebeurtenisse deur mense wat nie lank hou nie. En daarom moet ons vashou, as n mens bekommernis het oor die tyd wat kom --en n mens het dit-- daaraan dat God die jare volmaak.

As dit leeg word as gevolg van die wreld se slegtheid, dan moet ons weet: God gebruik die gelowiges om die tyd te vul. Soos wat Kerke ook doen wanneer hulle die evangelie gaan verkondig, naby en ver, dis die volmaak van die tyd met die Genadewoord van God. En op hierdie manier leer die Here dan in Nasaret se sinagoge dat die inhoud van die tyd nie deur mense bepaal word nie. Wanneer dit wel deur mense bepaal word, sal dit nie goed wees nie.

 

Daarom is dit goed dat ons nou oor die hanteer van tyd deur die ongelowiges ook sal dink, want die ongelowiges gebruik, net soos God, die tyd. Ons lees in die Bybel dat die Here Jesus ongeveer dertig jaar oud was toe Hy begin het om te leer en hulle het Hom as n jong man beskou. In Israel, soos in baie kulture, is grysheid die teken van die wysheid. En hulle s vir mekaar: Is Hy nie die seun van Josef nie? Waar het Hy gaan leer om sulke mooi goed uit Jesaja te s dat dit n profesie is wat vervul word? En dit in Nasaret, wat nie n vername dorp was in Galilea nie. Hulle noem dit n stad in die Bybel, maar as n mens die argeologie bekyk, was dit maar n heel klein plekkie gewees. En nou is Sy ervaring te min daarvoor dat Hy die reg het om vir Nasaret se mense te s dat hulle hulle nie moet hoog ag dat voor hulle ore hierdie genadejaar-profesie in vervulling gegaan het nie. Dat vir hulle ges word: Hier is die Messias. Immers die Here is daar opgevoed.

 

En nou s Hy vir hulle daar was hierdie geskiedenisfeite: Elia het by n vrou in Sidon, dit is n heidense vrou, gaan bly en sy het die voordeel gehad van die kruik wat nie leeg geword het van die olie en die meel nie. En Naman, wat n afgodsdienaar was, is genees deur Elisa. Dit het hulle woedend gemaak, dat die genadejaar wat God aankondig, die aangenaamheid van die evangelie, ook daarin bestaan dat God die verlossing uit wil brei oor die mensdom. Oor die wat Hy tot die geloof roep, oor wie Hy Sy Woord aankondig. Vir diegene wat die profesie verwerp, l die wysheid in die tot niet maak van n tyd. Gooi Hom van die krans af, dan is Hy dood en dan het ons als tot niet gemaak wat Hy s, Hy sal nie weer nie. Dit is die pad wat die ongeloof gaan. En die ongeloof wat op hierdie manier aandui wat die wreld se weg is met God, met die evangelie. Maak Hom dood dan is Hy nie meer daar nie. Dat ons dit moet verstaan.Dit moet n vreeslike ding wees as die oordeelsdag kom en mense wat die evangelie wou doodmaak moet uitvind dit het nie gebeur nie.

Inteendeel, die genadejaar van God kom in sy volheid en hulle moet die fout van die ongeloof ontdek. Dis die rede waarom ons die jare moet volmaak met die genadeverkondiging van God se Woord.

 

En toe die profesie nou voor hulle ore vervul is en hulle begin verstaan die Here s dis nie net in Nasaret waar die goeie goed is nie, het die woede gekom. Want om profesievervulling te kan aanhoor met lof en dank teenoor die Here, vereis geloof. As jy nie geloof het, selfs teen die mag van die tyd in, teen die gang van die tyd, of soos Psalm 90 s: By die onguns van die tyd. Dat die Here ook dan aan die gelowiges Sy heil nie wegneem nie.

As die ongeloof dan moet erken dat die tyd vir hulle verbygaan, dan staan daarteenoor die gelowiges in die Here wat onder al die verganklikheid waaraan ons nog onderhewig is, tog saam met God die tyd volmaak met goedheid. Soos geduld, dankbaarheid, nederigheid, beskeidenheid, al die deugde wat die Here vir ons leer, die maniere waarop ons die jare volmaak. So staan die werk wat God met die tyd doen teenoor dit wat die ongeloof daarmee maak. Totdat die koninkryk van die Here kom, totdat alles vervul word wat in die Bybel geskrywe is.

 

Dit was die Koning van die koninkryk wat die mense van Nasaret van die krans wou afgooi. Sober beskryf Lukas dit: Hulle kon Hom nie van die krans afgooi nie. Hy het toegelaat dat hulle Hom tot op die rand van die afgrondjie bring, en toe draai Hy om en stap tussen hulle deur. En nie een het n hand op Hom gel nie. Dit was die Koning, inderdaad. Hierdie koninklike mag van die Here is een van die groot tydvullers, as ek dit so mag uitdruk, wat God gebruik.

Nog in die tuin van Getsemane, waar hulle die Here destyds kom vang het, was dit eers die klomp wat fakkels en lampe en wapens gehad het, om op die grond neergegooi te word toe Hy vir hulle s: Dit is Ek! En daar l hulle. En toe laat Hy toe dat hulle Hom neem en kruisig, want dit moet gebeur. Dit is die Koning, Jesus, met wie hulle te make het, met wie u en ek te make het. Dit is nie n herder wat nie omgee nie, of wat nie krag het nie.

Daarom moet ons onsself afvra of ons die geloofsmoed het om ook die krag van onse Here reg te bely. Dis makliker om te s die Here het my vergeet, as wat dit is om te s: In al my nood is die mag van God nog by my. Ons het gesing hoedat die Here deur engele die gelowiges wat swaarkry, dra, sodat hulle nie val nie. Totdat die tyd verby is van die leed.

 

Omdat Christus Koning is, die Almagtige is, aan wie alle mag op die aarde en in die hemel gegee is --so het Hy self ges-- daarom het ons goeie moed. In n tyd waarin n verkondiger van die goeie moed eintlik onrealisties sal klink. Die goeie moed van n gelowige, wat u besit broeders en susters, bestaan in die mag van onse Here. En daarom is n mens by jaarwisselinge nie in n gees van verslaentheid nie. En as jy terugkyk, wat het nie alles al met n mens gebeur nie, hoeveel lyde en leed l agter jou. Dan hou jy op met dink oor tyd wat kom en gaan, en dank mens die Here dat die Koning gekom het.

 

Die Here Jesus het vir hulle ges: vandag is voor julle ore hierdie profesie vervul. En daarmee s Hy dat, by die aanhoor van die profesie en die profesie self, daar n geestelike band kom wat God maak. Jy kan nie die Woord van God hoor sonder om aan God gebind te wees nie. Die Bybel s God se Woord keer nie leeg tot Hom terug nie, maar dit bly n band. Daardie binding tussen hoorder van die profesie en die profesie self, is partykeer vir ons onduidelik. Dit voel vir ons dalk of dit nie daar is nie. Maar wat n troos om te weet dat omdat ek gehoor het wat die Here s, is dit wat Hy doen ook aan ons beskore. En niemand neem dit van ons weg nie. En dit is die rede waarom ons die goeie moed uit die Bybel verkondig.

 

As u bietjie na die Here Jesus se woorde luister, soos wat n mens deur die evangelies lees, dan sal u verbaas wees om te sien hoe baie keer s Hy: Hou goeie moed, dit is Ek! En Paulus het hierdie woord opgevang en ges in die Korinthirbrief, ek dink dit is die tweede een: En daarom gee ons die moed nie op nie. En dan noem hy wat alles met hom gebeur het. Ons gee die moed nie op nie. So is die troos vir ons, in n wreld wat nie aangenaam is nie, drin dat die koninkryk van die Here kom.

Dit is die band tussen hoor van die profesie en dit wat God s en doen: dit laat die koninkryk kom. En in ons lewe, kom die koninkryk wanneer hierdie lewe verby is, wanneer ons nie meer die tyd hoef vol te maak nie. Dan het vir elke gelowige individu, die koninkryk gekom. Totdat dit vir almal kom wanneer die Here Jesus weer terugkeer na die aarde.

 

Wat n troos l daar nie in die ontvangs van n profetiese boodskap nie... Wat n troos l daar nie in dat jy kan weet en sien dit is n getroosde wat hier op hierdie aarde leef en op sy tyd moet ophou leef. So is die verbygaan van die jare, en vir sommige van ons is dit baie. n Bejaarde wat oud geword het, het baie om oor te dink. En wat n troos is dit, die bejaardes het nog meer om vorentoe oor te dink, as wat daar is om oor terug te dink. Want terug dink jy ook oor leed wat gekom het, oor swaarkry. Maar die ewigheid waaroor ons nog moet dink en sal dink, het geen nood nie.

So het die Here Jesus in Nasaret die mense kom troos en bemoedig op n manier wat hulle nie kon verstaan nie. Want hulle het ges dis wonderlik, die seun van Josef wat begin het as krullejonge, wat die skaafsels moes optel, of waarmee hulle dan ookal die hout glad gemaak het, dat Hy sulke wonderlike goed kan s. Was die troos van die Koningswoord hulle ontneem. En in die plek van die troos was daar dan die verskrikking toe die Here Jesus eenvoudig tussen hulle deurgeloop het.

 

En n mens moenie dink aan n klein swakkeling as jy aan die Here Jesus dink nie. Hy was die seun van Dawid en Dawid was n geweldige man. Hy kon Saul se harnas aantrek, hy wou dit net nie h nie. Daarom moet ons nie dink dit was n arme swakkeling wat hulle sommer maklik doodgemoor het nie. Dit was die Held van die helde, die Koning van die konings, wat Homself in die dood oorgegee het. Daarom moet ons volhard en nie toegee aan die swakheid van die wreld, of probeer om op n maklike manier te lewe, makliker as wat die Koning aan ons gee om deur te gaan nie. Die troos is vir ons baie groter as vir hulle wat in Nasaret gewoon het.

 

Ons het probeer aantoon dat die Here ook die tyd in sy verbygaan gebruik om Sy werk te doen. n Nuwe jaar bring nie meer geleenthede en veroudering nie, ons word nie maar net n jaar ouer nie.n Nuwe jaar laat die gelowiges besin oor God se jaar. Mag dit wees dat die profesie alle vertwyfeling en moedeloosheid van ons wegneem sodat ons met saligheid en met dankbaarheid ook ons tyd uitdien op aarde.

 

Amen