Ds. Jan Coetzee Datum: 15 Junie 2003 (Oggend)

 

 

Lees: Jesaja 6: 1-13

 

Teks: Jesaja 6: 8

 

Psalms: 138:1,3; 1:1; 75:1,2; 71:12,14; 136:1-3

 

Datum: 15 Junie 2003 (Oggend)

 

 

Daar is deur n skrifverklaarder geskrywe dat die profeet Jesaja, onder die profete, n geweldige verskyning was. Dit is so; hy het die volle raad van God gehoor, hy het Hom gesien en bly lewe. Selfs Moses was nie toegelaat om God se heerlikheid te sien nie, die Bybel s God het Sy hand oor Moses gehou toe Hy by hom verbygaan. Maar hier in Jesaja 6 leer ons hoe die Here die profeet geroep het.

Nou vra mense: Het Jesaja dan nie maar soos al die ander profete gemaak en begin met sy roeping as profeet nie? Jesaja is n heel ander soort boek as wat die ander profete geskrywe het.

 

In die verbygaan wys ek u daarop dat hierdie ding wat die geleerdes soms s dat dit meer as een skrywer is wat aan Jesaja se profesie gewerk het, nie houdbaar is nie. Suiwer op grond van die taal en die grammatika wat gebruik word, die ongewone vaardigheid om die Bybelse Hebreeus te hanteer, soos voor en na Jesaja nog nooit gebeur het nie, tot op die hede. Dit alleen bewys dis een skrywer. Hulle wil maar nie h dat mense moet glo dat Jesaja so lank voor Christus se koms, al kon weet van Hom en wat Hy moet doen nie. Maar dit is juis as God Sy raad bekend maak en as Hy Hom aan mense vertoon, dat dit oor Christus gaan.

 

So was die profeet Jesaja, by al sy begaafdheid, ook begaafd om God se raad te ken en hy moet dit gaan oorvertel aan Israel. Die jaartal is nogal taamlik akkuraat te bepaal, want hy s dit was in die sterfjaar van koning Ussia toe die roeping gekom het. Hy het opgetree in die tyd van n hele paar konings, Agas, Hiskia, tot by Josia. En dit was volgens die koningslyste wat bewaar gebly het, ook deur die argeolo, redelik akkuraat bepaal, dan in die jaar 737 voor Christus. Min kere in die Woord van God kan jy so presies wees, maar dit is toe dat die Here gevra het: Wie sal ek stuur?, en Jesaja ges het dat hy daar is.

 

Nou, die raad van God se inhoud is nie so ingewikkeld as wat mens dink nie. God se raad, Sy plan waarvolgens Hy die wreld se geskiedenis laat verloop en die Kerk se geskiedenis laat verloop, is nie ingewikkeld nie.

Dit hou in, soos Jesaja hier uitdruklik in sy boek skrywe: God straf die afval en Hy maak dit ook onmoontlik vir mense om te glo. Trouens, dit is Jesaja se opdrag: Gaan sorg dat Israel jou nie glo nie. Dit sou nou meestal di in Judea gewees het, Jerusalem was Jesaja gewoond. Sorg dat hulle die Here se Woord nie verstaan nie.

Dit lyk my daar is baie Jesajas, as dit al opdrag was, want daar is baie mense wat vandag sorg dat ons die Woord van die Here verkeerd verstaan. Maar Jesaja was uniek. Hy het vir Israel ges: Julle almal is tot niet en die Here sal die nog ongebore geslag red --die stomp waarvan hy praat wat soos n boom nuwe uitlopers maak. Die nog ongebore geslag word salig en die wat daar is, met hulle is dit verby.

Gn wonder hulle wou hom nie glo nie. Hy het vreeslike goed vir hulle ges, veral as n mens in ag neem dat, in die tyd van koning Josia, Israel baie ryk en welvarend geword het. Omdat die heidense volkere --die een grote is Egipte, Babel wat vernietig was en daar het nog nie n nuwe een gekom nie en die Assirirs, wat n treurige koning gehad het, nie n gevaar was nie-- kon hulle besigheid doen. En hy s vir hulle (dit staan in hoofstuk 37): Julle sal so verskrik raak, dat julle julle goud en silwer vir die molle en die vlermuise sal gooi. Julle sal vlug en dit sal julle niks help nie, die swaard maak julle dood.

 

So n evangelie is verskriklik. Maar nou moet ons onthou, dit is nie die evangelie wat Jesaja gaan verkondig het nie, hy het die raad van God verkondig. Hoe die wreldgeskiedenis verloop, al sondiger, al afvalliger en selfs die Kerk kom daar nie by verby nie. Maar dan is daar die belofte van die oorblyfsel: dit is die evangelie.

 

Nou het daar verskriklike goed gebeur. Ek dink aan hierdie selfde koning Hiskia, van wie ons hier lees. Wat die oordeel aanges is omdat hy sy skatte, dit was eintlik die Here sn gewees, aan die ambassadeurs van Babel getoon het na hy gesond geword het op die wonderbare manier. Toe kom die profeet na hom toe en s: Omdat jy dit gedoen het gaan die Here die land straf, maar nie in jou tyd nie, dit sal in jou seun se tyd wees. Toe s Hiskia: Dankie tog, laat ek dan lewe, laat dit maar my nageslag wees wat die oordeel dra. Net die teenoorgestelde van die evangelie waar die Here s: Dit is die nog ongeborenes, nie hierdie ongehoorsames nie, wat die sen van die Here sal ontvang;. Wwat die volle redding en verlossing gaan h.

Nog iets oor Jesaja se profesie,: dit het baie hoofstukke. In die eerste 39 hoofstukke s hy vir baie lande, en vir Israel, die oordeel aan. Nou s mense dis die kwaai Jesaja, die eintlike een. En daar waar Troos, troos my volk. begin in hoofstuk 40, is dan n makker ene na hom. Maar hulle skryf dieselfde taal en styl.

 

Maar nou, dis nie waar nie.

Die kwaai Jesaja het reeds in hoofstuk 7, sodra hy geroep was, van die Immanuel-teken gepraat, die maagd sal swanger word. Hy het geskrywe van die vrederyk van die Messias wat gaan kom. --Wwat tot vandag toe vir baie mense n duister saak is, ofskoon die Bybel dit leer.

 

In hierdie veroordelende dele van die Bybel, ontbreek die senbelofte nie. Dit is soos n mens wat lewe, in al die kwaad en onheil wat n mens tref --en soos wat jy ouer word, (soos ons almal weet,) word dit meer,-- s God nog altyd dat ons in Christus Syne is.

Die Here se evangelie gaan brer en wyer as die raadsaankondiging van God. In Sy raad s God Sy toorn is daar oor die kwaad en dan moet mense sidder en skrik. Al skrywe die redakteur van die Kerkblad dat die vrees van die Here n te kwaai woord is, maak dit liewer ontsag.

In die verbygaan, dit is nie waar nie. Ontsag is hoe ek voel teenoor God, vrees is hoe Hy my laat voel. Dit nou maar om n lig oor die saak aan te steek.

Jesaja het evangelie en raad van God verkondig.

 

Teen hierdie agtergrond,: Eeerste: - Die Here stuur. Dis God se manier van werk. Hy gebruik engele, Hy het aartsvaders gebruik soos Abraham, Hy het Moses gestuur. Uiteindelik het Hy Christus gestuur en laaste van Sy heilsgawes wat Hy gestuur het, is die Heilige Gees wat in ons woon en werk sodat ons kan hoor en kan sien en sal glo. Die Here werk deur te stuur.

Daarom is dit n goeie woord, meen ek, wat in die Kerke van die Here bestaan, as die evangelie aan die heidendom verkondig word dan word dit verkondig deur sendelinge wat gestuur word soos God stuur. Dit doen God omdat Hy gesag het. Dit lyk of die gesag van God deur Sy lankmoedigheid bedek is, want die Here straf nie onmiddelik nie.

Het u al daaraan gedink, broeders en susters, as die Here so gemaak het dat Hy jou hier waar jy verkeerd doen, dadelik straf, dan was die mense beter. Nee, nie beter nie, skelmer, want hy bekeer hom uit vrees en nie uit geloof nie.

En die lankmoedigheid van God gee die groeityd vir geloof, dit bring die dae en jare waarin geestelike wasdom kom. En Hy doen dit omdat Hy wil. So is die gesag van God nie verskuil deur Sy lankmoedigheid nie. Dit is mense wat die lankmoedigheid van God sien, maar nie bemerk nie,; daarvan hoor, maar dit nie verstaan nie. God se gesag, die mag waardeur ons lewe en waardeur alles met ons gebeur, is oor alles en almal. In die handhawing van hierdie gesag van God is daar beproewinge.

 

Ek sal u n voorbeeld noem, twee wat amper eenders lyk uit die Bybel. Abraham hoor by die Here: Gaan offer jou seun as n brandoffer. En hy het net vir Isak gehad as kind van die verbond, die ander het nie getel nie. En hy doen dit omdat God se gesag vir hom duidelik was. En by die navrae van die seun wat die hout dra: Waar is die offerdier?, s Abraham: Die Here sal voorsien. En in sy hart weet hy: Ek gaan jou slag. En ons weet almal dat die Here inderdaad voorsien het, daar was n middelaar.

Wie God se gesag aanvaar, ontvang van die Here die Middelaar.

Die ander een wat ook n kind moes offer was Jefta die rigter, van wie mens in Rigters 11 lees. Nou was Jefta nie n goeie man gewees nie, ofskoon hy goed kon veg. En hy belowe, sommer daar voor die geveg, voor God: as hy wen dan gaan hy die eerste mens wat by sy tuiskoms by die deur van sy huis uitkom na hom toe, offer as n offer aan die Here. En toe was dit sy dogter, sy enigste. En hy het haar ge-offer.

 

In die verbygaan, dis baie insiggewend om te kyk hoe die mensgerigte skrifverklaring Jefta se saak hanteer. Met Abraham het hulle vrede, die angs van die seun is niks, daar was darem later n bok. Maar hulle wil nie aanvaar dat Jefta sy dogter ge-offer het nie. Hulle het dit aanvaar, al die oud-rabbynse skrifverklaarders en die vroe Christendom tot hier so die vierde, vyfde eeu na Christus. Toe die Roomse kerk die Jode begin vervolg het omdat hulle die Here gekruisig het. En ges het, kyk hoe is julle, kyk vir Jefta, hy maak sy kind dood. Toe s die rabbis: Nee, hy het nie sy kind ge-offer nie, sy het maar net nie getrou nie. Want daar staan, sy het haar maagdelike staat beween. Dit was om aan te dui dat sy nog jonk en onbesoedeld was. En van toe af het die Roomse kerk die Jode baie van hulle woestheid vergewe. Maar tot vandag toe nog wil mense, ook Gereformeerde skrifverklaarders, nie glo dat Jefta sy kind ge-offer het nie, ofskoon dit onbeduidend duidelik in Rigters staan.

Twee dinge wat gebeur het in die Bybel. God wat Sy gesag laat geld,: as jy aan hom n gelofte gedoen het, moet jy dit uitvoer. As jy glo, gaan jy die Middelaar kry.

 

Ons noem dit om die gesag van God waarvoor Jesaja gebuig het, te verduidelik. Ons het gelees dat toe Jesaja die gesig sien in die tempel en van die serafs, --en niemand weet regtig hoe lyk n seraf nie--, toe s hy: Wee my, want ek is n man van onrein lippe en ek woon onder so n volk wat ook onrein van lippe is. En ek kyk na God. Toe het God in Sy almag die seraf laat kom met die kool vuur en hom gebrand. En met die stukkend gebrande mond s hy: Hier is ek, stuur my. wWant hy het gehoor: Jou sondes is jou vergewe, jy het betaal vir jou skuld.

n Ligte prys, nie waar nie, n brandwond. Maar Jesaja was die een wat ook die evangelie van die Here in hoofstuk 53 geskryf het, oor die Man van smarte, deur wie daar genesing, verlossing kom.

 

So in die handhawing van God se gesag gebeur daar verskriklike goed. Maar onveranderd, suiwer gaan die evangeliese klank helderder en duideliker op. Ja, as God Sy gesag handhaaf bring dit beproewing mee. Ons weet dit almal, dat as jy aan God gehoorsaam is, dan sal dit met jou op hierdie aarde nie noodwendig altyd goed gaan nie. Want dan het jy nog nie jou goud vir n mol gegee nie.

Jesaja is tog n bitter man gewees om vir Israel so te s. Molle en vlermuise kan met skatte niks doen nie. En hulle wil dit nie meer h nie, want hulle het gekom daarby dat hulle ook nie meer kan nie.

So leer die evangelie ons, ons moet nie so lief wees vir geld en goud nie. Ons moet die raad van God, die gesag van God en die Middelaarsevangelie liefh, vashou en verkondig. Maar slegs die versoende --, met Jesaja was dit met n vuurkool, vir u en my is dit geloof in Christus Jesus--, in Sy nood en leed, moet ons glo.

Die plekbekleding, daardeur kan ons leef voor die gesag van God, anders kan jy nie. Dan is jy soos Kain wat, toe hy vermaan is oor hy sy broer vermoor het, ges het: Die straf is vir my te erg, ek sal dit nie dra nie en ek is ook nie so skuldig nie. Hy kon nie voor God se gesag leef nie. Dis iets waaroor n mens met sorg en kommer nadink oor jouself. Kan ek en u leef voor God se gesag? Of het ons planne gemaak om die hardheid van God se gesag te versag?

 

Die tweede reeks gedagtes gaan daaroor dat God geloofsgehoorsaamheid bewerk. As ek dan met kommer oor my nadink of ek kan leef voor die gesag van God, dan s die Here: jJa. Ja, want God self gee die versoening. Hy laat dit nie oor aan mense om vir die Here te s: hHier is my aanbod en nou kan u die straf weglaat en vir my genade gee nie.

Die evangelie is immers nie n transaksie nie. Dis God wat ook geen aanbod maak nie, maar wat doen;, Hy doen die heilswerk.

En so is die toorn vir Jesaja weg. En as God se toorn weg is en ons sondes toegedek, soos die Psalm s: U toorn is weg, my sondes almal toegedek. Dan kan jy aan God gehoorsaam wees al is dit nog onvolledig, want ons is swak. Maar dan het jy geloofsgehoorsaamheid.

Geloofsgehoorsaamheid staan teenoor absolute gehoorsaamheid. As jy in die Here glo, neem hy jou poging aan asof dit die regte saak was. Maar as jy nie glo nie, moet jy elke sent betaal.

Die Here Jesus het van klein muntstukkies in hulle tyd gepraat,; ons het dit nog n kwartpennie genoem. Jy sal die laaste oortjie betaal as jy self wil betaal. Maar as jy in die Here glo en jou nietigheid voor God verstaan, dan betaal jy niks. Jy sal die beproewing verduur wat hierdie lewe inhou, want ons leef mos nie vir altyd hier nie.

Hoe goed is dit dat die Here die paradys bewaak het sodat Adam en Eva nie die boom van die lewe ook besteel het nie. Anders was ons vir ewig so, soos ons nou lewe. Dan sal een s maar dis nie so sleg nie, want in hierdie lewe gebeur ook mooi dinge. Dis waar, maar die mooi dinge wys jou op God en die swaar dinge wys jou op God.

 

En die Woord van die Here, die Bybel, leer ons van die Middelaar, Christus Jesus. En daarom kon Jesaja s, dit klink aanmatigend as jy so lees:, die Here s: Wie kan ek stuur? en hy s sStuur my. Dis nie omdat God radeloos was en nie een gehad het om te stuur nie, maar Hy bewerk die gehoorsaamheid deur te vra. Deur te s wat Hy wil doen en n roepstem daarby te laat kom. Dit ken ons almal goed, dat God s wat Hy wil doen en gaan doen en die roepstem dat ook ons moet glo.

Is dit nie die hele krag van die geloofsbelydenis wat ons afl nie? Is dit nie die hele krag van die Nagmaalsgebruik nie? Ons sondes toegedek. So gee die Here geloofs-gehoorsaamheid waardeur ons lewe. En daar moet nie n oomblik in ons lewe verbygaan, so leer die Bybel ons, dat ons van geloofsgehoorsaamheid vergeet nie.

 

Stel dit teenoor die toorn van onse Here Jesus oor die Farisers en skrifgeleerdes wat in Sy tyd op aarde was. Wat n las op Israel gel het waarvan Hy ges het: Hulle roer nie n pinkie om dit self te dra of te verroer nie. Die rel op rel, gebod op gebod, die witgepleisterde grafte, binne vol geraamte en buite mooi. Die Here Jesus het dit veroordeel dat mense in die Naam van God n gehoorsaamheid leer wat nie uit die geloof is nie, maar uit die daad.

 

Ons het dit al baie kere ges, ek noem dit nou net weer, dat die hele fout met die Judasme, die Joodse geloof, is dat dit n stelsel is. n Wysgerige stelsel van etiese waardes. En nou word dit gevaarlik;, dit is n maklike vak in die Gereformeerde teologie.

Jy kan maklik n titel kry, as jy etiek bestudeer. En geleidelik het die kerke begin skuiwe in n stelsel van die etiek. Soos trouens die hele wreld doen. Etiek gaan oor wat is reg sodat ek darem kan bestaan, dit is die aanpassingsfilosofie. En daardeur gaan die wreld ten gronde, hoewel hy n rukkie goed kan leef.

 

Nou, Jesaja het ges: Hier is ek, stuur my. Want ek wil en sal doen, dit wat U by my uitlok met n belydenis en n vraag. Terwyl ek weet U kon ges het: Gaan. En dan doen ek dit.

Daar was Hosea, die ander profeet. God het nie vir hom gevra of hy wil doen nie. God het vir hom ges: Gaan, gaan vat n prostituut vir n vrou, verwek kinders. En die een moet hy noem Nie my volk nie, die volgende een moet hy noem Nie my dogter nie. Bly by haar, bring nog kinders in die wreld, en noem hulle My volk, My dogter. Hoe hy op sy sy moes l vir n lang tyd en waarop hy sy kos moes gaarmaak... HHet God nie vir Hosea gevra of hy graag wil nie, hy moes. En het die Here nie n belydenis uitgelok nie, maar n verskriklike gehoorsaamheid aan God se bevel. Ook dit het die Here vir ons beskrywe in die Bybel sodat ons kan weet waarvan ons ontslae is en behoed geword het.

Die geloofsgehoorsaamheid,d: dat ek ten alle koste wil doen wat God vra. En Sy juk is sag en Sy las ligg,. jJy moet die Here liefh bo alles en jou naaste soos jouself. Dit is die wet en die profete, het die Here self ges. Dit is n samevatting van die tien gebooie.

 

Nou het ons gehoor: God stuur deur Sy mag, Hy bewerk geloofsgehoorsaamheid deur Sy genade. Maar Hy doen nog iets, God het die profesie voortgebring. Profesie soos Hy dit gedoen het, is uniek in die volkerewreld. Daar bestaan opgegraafde goed;, hulle noem die plek vandag Rash Shamrah, dit is in Palestina se noorde. En daar is baie goed opgegrawe. oOnder andere is daarin opgegrawe hoe die priesters van Bal voorspellings gemaak het. Jy bring n bok, --dit moet n bok wees,-- en dan vat die priester wat hy vir n mes gebruik het, en hy sny die lewer stukkend. En kyk hoe lyk die are, of daar vergroeiing was, en dan s hy die poort gaan geknel word, byvoorbeeld. Dis naef, maar die lewervoorspellings is vragte en vragte kleiblokkies vol. En hulle het behoue gebly en as n mens die taal leer, dan moet jy dit lees.

 

Dit is n genade-ondervinding om te sien wat is die verskil tussen die Woord van God as profesie en blote voorspelling sonder die Here. God bring die profesie voort. Nou is daar in volkere ook mense wat vooruit s wat gebeur. Ek dink hier in ons land weet ons almal van sSiener van Rensburg. Maar of hy voorspel het en of hy ook n soort profesie gehad het, weet ek nie. En dit maak nie saak nie, want wat hy ges het gaan nie teen die Bybel in nie. Dalk het hy die Bybel maar op n manier verkondig, op sy manier, dit weet ek nie.

 

Maar as u nou hoofstukke 1-5 lees van Jesaja, en dit kan u gerus doen binnekort, dan het u daar Jesaja se profesie,; dit is wat hy gaan s. Die res is n uitbreiding op hierdie temas, en daar is 64 hoofstukke. So is die profesie wat God voortbring nie ingewikkeld nie. Wat Jesaja vir die volk moes gaan s is: Deur strafgerig kom daar heerlikheid, deur die sonde is daar ellende. Deur strafgerig, dit is die uitoefening van Sy strawwe, daardeur kom heerlikheid. Dit is die lyn van die evangelie, deur die dieptes na die hoogtes.

Toe onse Here ook aan die kruis ges het en dit was die waarheid: My God, My God, waarom het U My verlaat?., Wwas Hy werklik van God verlate en het Hy na Sy menslike natuur, na liggaam en gees, daar aan die kruis gehang sonder God, maar met gehoorsaamheid tot die einde toe. En so is die profesie, en u kan dit in al die profetiese boeke gaan lees, die lyn van God;, jy moet van jou sonde deur beproewinge gereinig word. Jou geloof in Christus se beproewinge maak n ewige verlossing, maar jou lyde hier en nou bring heil voort.

 

Ken u n groter troos as dit? As die troos van die profesie, dat die Here s: Jou smart wat jy verduur is tot jou heil en tot die wat by jou is. So leer die Here ons dat hierdie stomp wat oorbly baie lote het.

En ons moet glo dat die profesie wat die Here laat kom het, ons insluit by die oorblyfsel van die mensdom wat gered word en hulle is min. Hierdie bekommernis wat mense soms het dat die Kerk se getalle krimp is eg as jy net na getalle kyk. Maar is nie sorgwekkend nie as jy dink God skei. Hoe kan God anders?

Ons moet die troos vashou: dDeur strafgerig, deur te buig voor God. Hy stuur, Hy het gesag, Hy bewerk heerlikheid en gehoorsaamheid. Deur daarvoor te buig, s die Here: Gaan in, in die koninkryk van Sy heerlikheid.

 

Amen