Ds Jan Coetzee 27 Oktober 1998 Oggenddiens

 

Lees: Gal.4: 1-19

Sing: Ps. 68: 1

Ps. 1: 1

Ps. 103: 7, 9

Ps. 57: 1, 2

Ps. 65: 3, 4, 5

 

Die brief aan die Galasirs het n besondere plek in die Bybel. Daarmee s jy nou nie n wonderlike ding nie want elke deel van die Bybel is besonders. Wat die brief aan die Galasirs anders maak is dat die Galasirs, wat as volk gewoon het in die land wat ons vandag Turkye noem, eintlik uit die Keltegroep was, d.w.s. die Skotte, Waliesers en Iere. Vandag se mense. Nou het daar deur die rondtrek van volkere in die bergwreld van Turkye, di groep Kelte gewoon.

Hulle vernaamste kenmerk (Paulus praat heeltyd in die brief van hoe hulle van nature is) is die hegte familie-gemeenskappe. Dis kenmerk van daardie ras. Hulle noem dit in engels die clans. En daaraan is hul meer lojaal as aan enige ander groep.

Paulus het by hulle te lande gekom toe hy siek was. Hy was siek en moes by hulle oorbly al wou hy eintlik nie. Hy gee n aanduideing van sy siekte: dit moes iets met sy o te doene gehad het. Hulle sou hulle o vir hom uitgegrawe het as hulle kon. Maar hulle het hom nie afgewys oor die siekte aan sy o nie.

Daar is diegene wat dink die doring in die vlees waaroor hy so gekla het in n ander brief, juis di oogsiekte was en dat hy nie goed kon sien nie. Hy skryf op n ander plek: Kyk met watter groot letters skryf ek... Die man het blind geword; so lyk dit. Maar hy steek die helder lig aan van die Evangelie onder n groep mense wat lank nie meer daardie bergwreld bewoon nie.

Wat hy vir hulle leer, is dat hulle kinders van God is. Hulle verwantskappe onder mekaar, hulle gehegtheid aan mekaar, mens tot mens, moet verval as dit gemeet word aan die kindskap van God. En as mens s dit moet verval, beteken dit nie jy moet nie dink oor jou verwantskappe nie (ons is ook familievas, ons is ook bekommerd oor ons medemens). Maar oor die kindskap van die Here, jou ingesluit wees in die verbondsvolk, droor moet ons mr dink.

Dit is dan ook die doel van vanoggend se oordenking, om ons, aan die een kant, daarop te wys dat ons werklik hierdie verbondsgenade van God moet ken, glo en bely en tweedens, mekaar daarop te wys dat dit die groot troos is wat die gelowiges van God ontvang.

Naamlik dat ons ni swerwers in die wreld is nie, ni mense wat dan hier dan daar bly nie, maar n einddoel het: die Koninkryk van die Here se Vrede.

 

Eerstens oor die geestelike verwantskap: dat ons kinders van God is.

Die grond van hierdie verwantskap is die Here se eie besluit. Hy het Sy Seun gestuur. Paulus s: toe die volheid van die tyd gekom het. Dit is nie n vreemde gedagte of begrip, di volheid van die tyd nie.Ek wys maar net daarop dat dit die tyd is wat God gemk het, drgestel het; dat die mense die Evangelie kn aanvaar.

Voor die tyd van Christus, lnk voor die tyd, van die begin af, het die mense n vrugbaarheidsgodsdiens gehad. Dit het gegaan om die voortbestaan van die groep. En daaruit het hulle hul afgode gemaak. Die mense het die onuithoudbaarheid daarvan begin insien soos die beskawing gevorder het. God het dit self so beskik: hulle het leer skryf, leer lees...

In Griekeland was daar diepsinnige filosowe wat die grond van die wreld deurdink het, probeer deurdink het, en sonder die Bybel buitengewoon ver gekom het met hulle gedagtes.

In Rome, wat toe die heersende land was in die tyd toe Paulus geskryf het, was daar die uitmuntende regsstelsel, die goeie wette, en die formidabele weermag. En nou kom die Bal-beeldjie (gemaak van brons of hout) en di moet hulle leer lewe.

Die verspottigheid daarvan het by die mense verbygegaan. Die filosofiese antwoord het niemand geraak nie. Die Romeine se inset was verskriklik want die wet vir die Romein was anders as die wet vir die nie-Romein.

En in hierdie tyd, dat die mense na n nuwe waarde soek, stuur God sy Seun. Toe dit reg was, ja nog by: daar was n taal wat almal in die Europese lande kon verstaan. n Soort Grieks, nie klassieke Grieks nie, sommer net praat-Grieks.

Dis die volheid van die tyd: toe die Here alles reggestel het en nou kom Sy Seun.

In die verbygaan, die duiwel boots God immer na. En wil ook maak asof die tyd reg is vir nuwe dinge en veranderinge. So lewe ons in n tyd waar almal s, nou is die leween die wreld reg vir n soort godsdiens. Nou moet jy nie meer in jou afsonderlike, kleinlike godsdiensies en kerkies bly sit nie. Dit is die tyd van die nuwe era.

Dis niks anders as n nabootsing van wat God tweeduisend jaar gelede gedoen het en Hy Sy Seun gestuur het.

Hierdie feit, dat God die tyd rel, die wreldtoneel regstel en dan Sy Seun stuur op die regte tyd, om te doen wat Hy moet doen, dit is die grond van ons kindskap van die Here. Drom kan ons kinders van God wees, anders was ons kinders van die wreld.

Teenoor hierdie volheid van die tyd, staan die verhuisings van mense uit baie lande. As jy die wreldgeskiedenis ken, is dit verstommend om te sien hoe baie het die mense rondgetrek. As hulle reg is kom ons Germaanse voorgeslagte uit Indi! (En woon nou daar.) So is die migrasie van volkere iets wat oor die wreld gebeur.

God s: al is dit so dat mense, uit hul eie drange en bedinksels, gaan trek, dan is dit nog die koninkryk van God wat bo alles staan. Dan is die wet van God nog steeds nie die een en al nie, maar is die geloof in Christus die grootste.

Die wet van God s jy sal soos n mens maak. Die wet van God is meer as die tien gebooie. Dit is meer as wat in Levitikus, Numeri, Deuterenomium en Exodus staan. Die wet van God sny deur na die aarde en die gebeurtenisse daarop.

n Mens lewe deur fisiologiese beginsels, ook plante lewe so. Die aarde word so aan die gang gejou, en op hierdie selfde wetmatighede trek mense rond. Ons Afrikaners se mense het deur die Groot Trek onder n dwinglandy wat hulle nie wou verduur nie, getrek. Die ander mense van die land het, volgens hul kultuur, uit die verre noorde getrek, en as die veld op is getrek na nuwe weivelde, en die swakkes doodgemaak. En so het jy die twee bewegings in ons land gekry: die migrasie van die mense uit Afrika tot in die Oos-Kaap en die migrasie van die Voortrekkers noorde toe tot in Transvaal.

Nou s die Here: ja, dit het gebeur. Dit doen jy enersyds deur jou kultuur gedwing: as my gras opgeeet is maak ek nie n beter land van die plek nie, ek gaan na die volgende plek; as ek nie kan duld dat mense my oorheers nie, gaan ek weg.

Dit is die natuurlike wetmattighede. Dit sit in jou aard.

God maak ons vry van die wetmatighede van die aarde en van die aardse, en van die besondere wet wat s: as jy nie al hierdie offers bring aan al hierdie wette onderhou nie, maak God jou dood.

Al hierdie wetmatighede, die wat ek gerieflikheidshalwe die natuurwet noem, en die besondere wet van die Ou Testament, is deur Christus vervul toe die Here Sy Seun gestuur het. Toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur, gebore uit n vrou, k onder die wet. Hy het nie op n ander manier in die wreld gekom nie. Ja, die ontvangenis was heilig, maar Hy is gebore soos n mens, en het hier as n baba, n klein kind, in die wreld gekom, afhanklik (soos u en ek ook was toe ons klein was) met die doel om juis hierdie wetmatige lewe te verander in die vryheid van Christus.

Ons word dus verlos van ons onderhorigheid aan n wetmatigheid wat deur die sondeval gekom het. Ons weet nie hoe Adam en Eva geleef het nie. Daar is nie kinders gebore in die paradys nie. Ons begryp nie hoe dit in die ewige lewe op die nuwe aarde (die ware nuwe aarde) sal wees nie. Die Here Jesus het vir die Saddusers ges daar trou hulle nie, en kinders word nie in die wreld gebring nie.

As ek mooi daaraan dink is dit vir my s vreemd dat ek maar liewer hier wil sukkel waar ek my mense om my het, is ons nie so nie? Nou kom die Evangelie en s: kindskap van God, is iets wat jy nie verstaan nie, nie sal begeer nie en waarvoor jy selfs in n mate sal huiwer ofskoon jy weet die alternatief is die hel.

Nou is die grond van hierdie nuwe verwantskappe, wat ons nie mooi kan verstaan nie, dit: dat God Sy Seun gestuur het in die volheid van die tyd.

En nou bly daar oor, vir ons, die lewe in Christus.

Ek wil graag nadruk daarop l, soos wat ek probeer doen het, deur te s, ons kan nie die verhoudings op die nuwe aarde in die vrederyk van Christus ten volle begryp nie. En nou s God: maar jy hoef nie. Wat jy moet doen as gelowige, is om in Christus te lewe.

Dan het jy jou verwantskappe, soos die Kelte in Turkye en ander plekke hulle familie-verwantskappe het, soos u en ek ons gesinne het. Dan is dit nog die heilige saak, maar die gesinne loop leeg, uiteindelik bly daar partykeer een, twee oor (dis baie swaar).

Nou kom die Bybel en s: terwyl die tyd verbygaan en jy weet, die dag kom dat een alleen gaan oorbly, moet jy nu oor die lewe in Christus dink. Die lewe in Christus eindig nie met dood en weggaan en verhuising nie.

Die lewe in Christus is om te weet van God se genade en God se oordeel. Ds die lewe in Christus: dat ons weet wat ek doen, as dit goed is, is dit genade; as ek dit verkeerd doen sal God my daaroor oordeel. Maar die oordeel is mild, dis net in die tydelike lewe. Die oordeel is nie tot in ewigheid nie. God se werke (die lewe in Christus is n werk van God) het n ewige uitwerking.

As ek dink hoe mense (en ek praat nie van ons hier in die kerk nie) hulle inspan en moeite doen om tydelike dinge te doen, dan verbaas ek my. Ja, dit beteken glad nie dat jy moet wees soos iemand wat s die ewige lewe kom dus doen ek niks nie. Dit leer die Bybel hoegenaamd nie.

Die vraag is: waar l jou aksent? En dan l die aksent s: dit wat jy werk moet jy op jou beste doen, want jy doen dit vir God. Jy moet dit op jou beste doen want al vergaan dit, sal jou ywer nie ophou nie. Paulus skryf vir die Galasirs: dis goed as daar vir n saak geywer word. n Mens moet jou inspan en met al jou oorgawe doen dit waarmee jy besig is, want jy werk vir God.

Maar as jy vir jouself werk (soos wat die Galasirs blykbaar begin doen het), dan leef jy by die Koninkryk van die Here verby en dan leef jy nie in Christus nie.

Ons probeer aantoon dat dit nie nodig is om te begryp hoe hierdie heilige verwantskap op die nuwe aarde gaan wees nie, maar dat jy hir bewustelik in Christus moet lewe. Dat die dinge wat jy doen, s moet wees dat die sonde in jou lewe minder word en die gehoor-saamheid en die dankbaarheid meer.

So word die oordeel van God oor ons onvolmaaktheid verander in n daad van God nl. aanneming tot kinders.

In ons burgerlike regstelsel kan ons nie wettiglik sommer s: hierdie kind is nou myne, nie. Daar is n regsproses, met al die goeie en grondige maatrels wat daarby gaan om te verseker dat dit so goed as moontlik is. Ek dink dit is op die voetspoor van wat God doen, dat ons regstelsel so geword het, want daar is baie Christelike en Bybelse goedheid in die wreldse wette. Die mense was nie altyd onkundig of ongehoorsaam aan God en Sy Woord nie.

En nou is die aanneem tot kinders n daad van God, en die proses wat daarvoor nodig was, is dat die Seun van God moes kom. Dat Hy moes ly, sterf en daarmee die betaling gee en opstaan uit die dood, dat die krag van God by ons kan kom.

Daarom moet ons glo, met bewuste belydenis, dat ons aangeneem is as kinders van God.

Hierdie belydenis, dat God ons aangeneem het, die hele proses deurloop het wat nodig was daarvoor, is die deurslaggewende, as ek iets van my verwantskap in die ewigheid met God wil verstaan.

Aangeneem tot kinders...

Dan s Psalm 103 hierdie aangrypende woorde: dat geen vader wat vir sy kind jammer is, beter kan doen as wat God vir ons wil doen nie. Waar dit by aardse vaders gaan oor dit wat ek ken, wat ons kan (ons vermo is beperk, meer of minder), God het nie n beperking nie. Hy doen as Vader goed, omdat Hy wil.

Hierdie aanneming tot kinders is nou vir die Galasirs die begrip waaraan hulle moet vashou. In die verbygaan: uit ander plekke leer n mens wat hulle gedoen het wat hulle so onder die wet gebring het en hierdie brief nodig gemaak het. Hulle het geluister na predikers uit Jerusalem, wat ges het dat hierdie Evangelie wat Paulus verkondig het (en andere) nie heeltemal goed is nie, hulle moet hul ook laat besny. En hulle het. Nou is Paulus daarop te. Hy s: van wanneer af is jy vry in Christus, aangeneem as n kind van God, en jy wil n Jodebewys daarvoor h.

Nou is dit nie so, dat n mens altyd die besnydenis aanvaar of begryp as uiterlike bewys van jou godsdiens nie. Vir party mense is dit klere. Mantels met wit kruise en n tak.Dit is die vorm. Dit kan die katedraallewe wees. Iemand s ander dag, dis donker daarbinne. En so is dit ook vir die persoon (n predikant) duidelik geword, s hy, dat die lig van God se Woord nie daar is nie. Dit het gewoonte geword, die veruitwendiging van die godsdiens. Dalk is dit nie so erg as wat hy s nie.

Maar wat vir u en my van belang is, is nie dat ons moet s, ons het nie n hunkering na n ding soos die besnydenis nie. Ons moet deurtas na die beginsel: die veruitwendiging van godsdiens: dat ek dinge moet kan sien.

Die groot woord in ons tyd vir die veruitwendigde godsdiens is eenheid. Eenheid van alle mense. En nou moet die kerk ook hierdie eenheid weerspiel anders is hy nie kerk nie. Dis wat ges word. En soos dit met alle dwalinge gaan, sit daar in elke ding n bietjie waarheid.

Die kerk kan nie soos los korrels wees nie, daar is iets soos n eenheid. Die hele kindskap met God is n eenheid in Christus, maar nie eenheid gelyk onder die mense nie.

Dit is die krag wat God in ons lewe skep: dat ons kan onderskei en verstaan watter dinge werk die koninkryk van God en Sy koms te, en watter dinge werk die wreld in sy verganklikheid te of help dit aan.

Dit is die bewuste belydenis, dat ons aangeneem is tot kinders van God. En as n mens dit glo, dan lewe jy, ten spyte daarvan dat jy onvolmaak en onvolkome is, in God se volheid.

Daarom, in Galasi (destyds Asi genoem, wat ons vandag Turkye noem, Asi is nou bietjie verder oos) het die groep, wat nie meer daar is nie, maar draers geword het van die Woord van God, en die aanleiding was van n brief in die Bybel wat gelowiges nou nog lees en wil leer, in die volheid van die tyd gelewe.

Toe die tyd aanbreek dat hulle nie meer moet wees waar hulle was nie, toe God wou aantoon hoe ongeloof en valse geloof en bygeloof die kerk kan verwoes dat daar net ruines van die kerk oorgebly het (en soms niks), was hulle deel daarvan. Dit was die Islam wat die kerk verwoes het by Turkye. Maar hier het die brief aan die Galasirs oorgebly, ewig die Woord van God. Hier het die vryheid in Christus as n boodskap tot ons gekom.

Nou maak die mense hieruit n verkeerde afleiding. Hulle s jy kan maar uitsterf as Christenvolk, dit maak nie saak nie, daar moet net ietsie van die Bybel oorbly. Dis nie goed genoeg nie. Dan leef jy nie in God se ware volheid en in heilsverwagting nie. Dan is jy niks beter as daardie ou Griekse filosowe en Romeinse wetmakers en soldate wat die weg berei het vir die Evangelie nie. Dan is jy onbewus van wat jy doen. Ons praat van bewuste belydenis dat die Here ons aangeneem het tot sy kinders.

Daarom moet gelowiges lewe met die heilige voorneme om nie n abstrakte kind van God te wees nie, maar n kind van God hir in hierdie plek waar God ons laat lewe. Dan is daar dinge waarteen jy moet staan. Dan is daar dinge waarteen die kerk moet getuig, dinge wat die kerk moet doen.

Een van die dinge wat ons aandag die meeste verg, s ek nou vir u uit my eenvoud, is die onderwys van ons kinders. Ons sal nie kan toesien dat n Christenvolk se kinders onbeperk kan opgevoed word in skole wat te doel het n sosialistiese heropvoeding van ons volk. Dit is een van die toepassings van n lewe in Christus.

Dit is nodig dat ons moet vasstel en kennis neem van wat gebeur en dat n mens (kan ek dit maar s) die koerante nie moet glo nie want daarin word nie die waarheid geleer nie, maar n raamwerk waarbinne die wreld hoop dat ons sal lewe.

U en ek leef in die volheid van Christus.

So het Paulus, toe hy geskryf het aan die Galasirs wat hulle wou besny, ook vir ons n boodskap gehad, dat ons nie uit die wreld moet leef nie, maar uit die aanneming tot kinders.

Eenvoudig om te s, inspanningsvol en heerlik om te doen. Mag God ons daarin help en bystaan.

Amen.