Ds. Jan Coetzee 26 Januarie 1998 Oggenddiens

 

Lees: Ef. 6:10-20 Teks: vers 10

Sing: Ps. 119: 39, 48

Ps. 77: 1, 6

Ps. 31: 1, 5

 

In die beskrywing van die geskiedenis van ons land en volk blyk dit dat ons mense nie hulle oorlo wen nie; maar die vyand probeer verdryf en dan probeer lewe; rustig soos God dit gee.

Dit, broeders en susters, lyk na n swakheid. Die wreld-oorwinnaars volg hulle veldslae op en roei uit. Maar in hierdie land het God dit beskik dat ons nie ons oorlo wen nie. Is dit sleg? Is dit verkeerd? Dis die vraag. Ek dink die antwoord daarop is stellig (en dit kom ook uit die geskiedbeskrywing van geleerdes wat hieroor skryf) dat, in hierdie land, die mense godsdienstig dink, en daarom nie uitroeiers is nie en nie maklik lewe neem en vergiet nie.

Nou skrywe Paulus hierdie ding. Hy s: uiteindelik, as jy nou oor alles klaar gedink het, as jy oor die stryd van die geloof gedink het, oor jou eie moeite en bekommernis, eindelik, as daar vir jou n besluit is om te neem, word kragtig in die Here.

Is ons dan nie kragtig in die Here nie? Is n mens dan so, kan jy vra, dat jy as gelowige nie regtig God se krag het nie? Ek dink ook nie ons moet dit so verstaan nieWat hier staan is dat n mens aan die einde van elke gebeurtenis wat jou lewe ruk, wat jou lewe in beslag neem, wat jou laat nadink, moet dink: waar l my krag?

Krag l by God en in die Here se sterkte l die gelowiges se weerbaarheid. Vir geen enkele oomblik, meen ek, moet hierdie Bybelse voorskrif beteken dat die gelowiges selfmoordenaars moet word nie. Dat hulle moet oorgee aan elke vyand niemaar jou hoofdoel van jou lewe moet wees om die krag van God beter te ken.

Mens kan maklik hiervan n liberale en vrysinnige gedagte maak soos wat die sg. vrede-aanbidders doen (of gee hulle wysgerige naam: die pasifiste) wat, ten alle koste, alle stryd wil vermy. Dis nie wat die Bybel hier leer nie.

Ons is aangewys op verdediging teen vyande maar ons godsdiens word wel in die wreld beoefen maar is nooit wrelds nie. En dit maak n verskil of jy jou godsdiens op n wreldse manier beoefen en of jy dit op n geestelike manier doen.

n Wreldse manier van godsdiens-beoefening is, as ek ook uit die geskiedenis mag aanhaal, die vorming van wreldryke. Daar was selfs in die geskiedenis die sg. Heilige Romeinse Ryk wat, as ek dit reg het, ng heilig ng Romeins was. Daar was die Britse Empire wat gevestig was met die uitdruklike (onder andere) doel om die wreld vir Christus te wenterwyl dit oor geld gegaan het.

Godsiens word in die wreld beoefen maar nooit op die wreldse manier nie. Jy mag nooit, volgens die Bybel, godsdiens misbruik om jou dade te regverdig nie. Godsdiens is geestelik.

In hierdie brief aan die Efesirs word juis die geestelike karakter van godsdiens aangedui en dan word die volgende vier geestelike kenmerke vir ons daarin genoem:

gDie eerste is: die kerk het ontstaan deur die genade van Christus. Daar is mense wat s die kerk is deur mense gemaak en uitgedink; dis nie so nie. Die kerk is inderdaad die vrug van die genade van onse Here Jesus.

gDie tweede geestelike kenmerk is dat die gelowiges nooit sonder God lewe nie. Jy loop soos Henog uit die vroe tyd met God. Die Bybel s Henog het met God gewandel en daarom is hy ook nie dood nie. Dit is n uitspraak uit die ou Testament wat soms vir mense moeite gee, maar ek dink nie dis moeilike nie. Henog lewe vandag nie meer nie. Nou wanneer is hy dan dood? Henog lewe geestelik soos u en ek geestelik leef, ongeag wat met ons gebeur, omdat ons met God leef, met God wandel.

gDie derde geestelike kenmerk wat hierdie brief in sy geheel aan ons voorhou is dat ons die verantwoordelikheid het om sedelik reg te lewe. Gelowiges kan nie soos wreldlinge in wellus en in ongebondenheid en in brasserie (ek dink Paulus kon hierdie sondes beter opsom as wat ons kan doen) lewe nie. Die gelowiges het die verantwoordelikheid om sedelik reg te leef. Ek weet nie of die boek nog in die handel beskikbaar is nie, maar die groot filosoof H.G. Stoker het n ou boekie die lig laat sien met die naam: Die Grond van die Sedelike. As u die boek in die hande kan kry, broeders en susters, lees dit. Dr gaan dit oor in ons lewe en dit is ons verantwoordelikheid om sedelik reg te lewe.

gDie laaste, die vierde geestelike kenmerk van die kerk is dat die kerk krag het. Die kerk is nie swak nie. Nou kom hy met hierdie teks en s: Uiteindelik, as jy nou hierdie vier dinge bedink het van die geestelike aard van die kerk, word kragtig in die Here. Wees nou as kerk sterk. Wees nou weerbaar teen die sonde en teen die duiwel.

Die maklike manier om nie geestelik sterk te wees nie is om nie die vyand te ken nie; om maar te maak asof dit goed is en intussentyd is dit ontsettend wat die bose magte teen die kerk van onse Here bedink.

Daar is baie redes waarom n mens liewer nie oor hierdie vyandskappe wil nadink nie en ek dink die vernaamste rede is dat n mens nie geestelik lewe nie maar dat jy jou gedagterigting put uit die wreld.

As die koerant vir jou n ding laat lees glo jy hom. As n spreker n ding s omdat hy n leier is aanvaar ek dit of ek verwerp dit en kies liewer n ander leier. Dit is nie die geestelike manier nie.

Hierdie deel van die Bybel het dus te make met die geestelike begronding van ons lewe. Hoor nou wat staan hier, en dis die eerste deel, eerste gedagtes van hierdie oordenking:

Maak jouself sterk, word kragtig in die Here.

Dit beteken: versterk jouself. Dis te maklik om te s die Here moet my sterk maak en ek doen nou niks. Die Here moet die krag voorsien en daarom kyk ek nie rond nie. Nee, ons moet onsself versterk want ons moet geestelik groei. Ons groei nie net liggaamlik nie, ons word nie net van kind tot volwassene in hierdie lewe gelei nie maar ons moet onsself geestelik verryk en versterk. Dit moet mens doen uit die krag wat God gee.

Die tweede gedagtereeks waaroor dit netnou sal gaan gaan juis oor die bron van die krag, waaruit dit kom.

Ons wys nou mekaar daarop dat omdat God ons uitverkies het, en ges het ons is syne daarom mag ons nie swak bly nie. Ons het n verantwoordelikheid om geestelik te groei. Geestelike groei, broeders en susters, is nie n opgewondenheid nie, maar is n toename in insig. Insig in die vyande van Christus, insig in die genade van onse Here Jesus Christus.

Daarom is n gelowige mens n denker en bestaan nie maar net soos een wat eet en leef en slaap en werk nie, en moet ons oor hierdie geestelike groei onsself baie goed verantwoord. Di pligek het al gewonder of dit nie dalk s is met mense dat ons onsself mislei en s genade is sonder verdienste, saligheid is iets waar ek nie voor betaal nie, en dat ek dan daarom geestelik niks doen nie.

Jy moet nie dink omdat iemand miskien n predikant is dat hy vanselfsprekend geestelik sal lewe nieJy kan met die Woord van God omgaan en dit sonder geestelike groei doen. Dit is moontlik. Daar was nog, deur die hele geskiedenis heen sulke mense.

As ek myself afvra wat doen n mens geestelikas ek vir u s ons moet geestelik leef en geestelik groei, is ons nie daarby uitgesluit nie en moet n mens nie dink dat geestelike groei en kerklike meelewendheid noodwendig dieselfde is nie. n Gevaarlike ding om te s want die verkeerde afleiding sou wees: dan hoef ek mos nie meer kerklik mee te leef nie, want dit is mos nie geestelike lewe nie. Nee, dit is n deel daarvan. Dit is inderdaad n deel daarvan.

Maar daar is nou in ons tyd n gedagte, en dis n sterk gedagte, dat n gemeente gebou moet word. Jy kry gemeente-opbou-programme wat niks anders is nie as n reeks braaivleise, so lyk dit my. Waar mense dan sosiaal met mekaar moet omgaan. Dit op sigself het waarde maar dit maak nie geestelik sterk nie, dit maak jou maag vol. Daarom is dit nodig dat ons onsself baie goed afvra oor wat is geestelike groei.

Geestelike groei, broeders en susters, word in hierdie deel van die Bybel uiteengesit: trek die volle wapenrusting van God aan. Die Evangelie, die geloof, die hoop, die ywerwant ons moet met krag teen die vyand staan. Watter vyand?

Die vyand van die gelowiges, broeders en susters, is die duiwel, en almal wat nie Christus Jesus as die enigste Saligmaker bely nie.

Daars baie soorte gelowe, sommige noem dit selfs godsdienste, wat die mens se gees besig hou, maar wat nie die enigste Saligmaker Jesus Christus bely nie. En dt is die vyand. Dit is die tenstander.

Nou kan n mens in die Naam van onse Here nie in Hom glo nie. Dit is so dat jy in die Naam van die Here in die mens kan glo. Dat jy in die Naam van Christus selfs die aanroep van Sy Naam, Sy Koninkryk nie verwag of uitbou nie; nie in gehoorsaamheid aan die Here groei nie.

Uiteindelik, so s hierdie teks, word kragtig in die Here, my broeders, my susters, my mede-uitverkorenes in die Here. Don dit, dit is n opdrag.

Ons wys u tweedens op die bron waaruit ons onsself moet versterk. Dan is dit God. God is krag, God het krag, God gee krag. By die Here is daar geen swakheid. By Hom is daar geen terugdeins vir die gevaar nie, want wie kan gevaarlik wees vir God?

Maar nou kom ons mense en ons is gedurig in gevare: Paulus het geskrywe in die Korinthirsbrief hoe baie was hy al in gevare. Hy moes al n slag met wilde diere veg; hoe baie het hulle hom nie geslaan nie; hoeveel kere was hy nie in die tronk gegooi nie; sy lewe was aanmekaargesit van gevaar. Is dit dan net hy gewees?

Nee, broeders en susters, ons lewe in gevaar, in gevaar dat ons wrelds sal dink en dan wil ons h God moet wys hoe sterk is Hy anders kan ek nie in Hom glo nie. Maar n mens moet in God se krag glo selfs al is jy op jou knie. Selfs al l jy plat op die aarde is die geloof in die krag van onse Here die allesoorheersende.

En as ons na onsself kyk en ons rondom ons kyk, broeders en susters, dan is dit volop, die bewyse, dat God krag betoon. Hoe help Hy nie die mense nie? Hoe hou Hy mense nie staande nie? Hoe dra Hy hulle nie deur die dood nie? Hoe bewaar God nie Sy kinders nie?

En ek dink ons is baie keer nie opmerksaam genoeg oor hoe God Sy krag betoon nie. Nou vra ons vir die Here, wys dit nog n keer. Maar die Here se kragbetoon is oorvloedig. Dit is so dat ons miskien die krag van God, die kragsbetoon van God negeer.

Ek sal vir u n eenvoudige voorbeeld noem: die bewaar van God se Woord, fisies. Die handskrifte van die Ou Testament wat ons het, die oudstes, kom hier uit die 10de eeu na Christus. Daar was nie oueres nie, die goed het vergaan. By die Dooie See in Palestina het hulle in verselde erdepotte afskrifte van Jesaja gevind wat 1200 jaar ouer is as ons oudste handskrifte en die verskille is so min dat dit in ons Hebreeuse Bybels met enkele voetnotas onder aan die bladsy verantwoord word. Dis verskillende spellings maar nooit n verskil in woord en waarheid nie.

Is dit nie ontsaglike kragsbetoon as God Sy Woord bewaar nie?

Maar Hy bewaar dit nie in die allereerste plek in verselde erdepotte nie. Hy bewaar dit in mense, van wie Paulus s: Ons is breekbare kruike. Maar as ek dan klaar gebreek het en dit is met my gedaan, dan moet die Woord van God nog onvervals bly.

En dit is hier wat die gelowiges hulle besorg oor moet maak; of ons werklik hirdie bron van krag van God, Sy onveranderlike Woord, aanvaar, aanbid en daaruit lewe.

Daars baie, baie maniere waarop die Woord van God kragteloos gemaak word. Sommige doen dit deur te s: daar is lewe maar alles het maar ontwikkel. Dit is die evolusieteorie.

Ander s, og, die Bybel het deur die eeue ontstaan en daars so baie afskrifte gemaak dat jy naderhandook nie meer presies weet wat reg is nie, dus soek jy maar di uit wat by jou pas. Dis wat hulle vandag doen.

En dan is daar gewoonweg die gelykstel van die Bybel met ander ou dokumente. Waar eindig dit? Ek wil u nie vermoei en verveel met nog meer opnoem van hoe mense die krag van God negeer nie. God se Woord is die betoning van Sy krag. Hy het dan ges: Laat daar lig wees, en dan moet u nie dink aan n stem wat geklink het nie. Sy Woord was daar. Hoe dit gewerk het is n misterie. En daar was lig. So het alles tot stand gekom wat bestaan.

God se krag kan nader aangedui word. En ons grond dit op wat in hierdie 10 verse staan wat ons gelees het: God is die onverleidelike. Hy verlei niemand nie en wrd ook nie verlei nie. Die onverleidelike. Dit is waaruit God se krag bestaan.

Die duiwel kom by Eva en s vir haar: Eet! Sy s vir Adam: Dis lekker, eet! Dit is die verleidelike. Die toegee aan twyfel; maar so is God ni. Nou betrap ek myself gedurig, broeders en susters, dat die verleidelike deel is van my menswees. Dit is met u nie anders nie.

En daarom moet ons die Woord van God as die bron van die onverleidelike vashou en dan word dit eenvoudig. Ek moet my net afvra: hoe hanteer ek die Bybel? Hoe hanteer ek die oordenking van God se Woord? En dan het dit vr meer geword as meelewing met die kerk waar die Woord van God bedien word. Dit is dat jy nie anders kan, of wil, as om Gods Woord as geestelike voiding te gebruik nie. En die wat preek moet daaraan dink dat hulle niks anders moet doen nie as om die krag, die onverleidelike van God se Woord te verkondig.

Die onverleidelike.

Ek sal vir u name noem van geweldige geleerdes, net twee, daars baie meer: die ene het ek al baie vir u genoem; dis die onvergelyklike geleerde Bard. Karl Bard. Hyt ges die Bybel is nie God se Woord nie; as ek dit lees gaan ek partykeer die Here se Woord daarin raaklees en ander kere gaan dit by my verby. En dan was daar die Nederlandse geleerde, in ons tyd: Cuyper, wat gevra het: Verstaan jy wat jy lees of dink jy jy verstaan dit?

Dis die twee verleidelikes. Die twee groot verleidelikes van hierdie eeu: Bard het in die dertigerjare sy hoogtepunt gehad, Cuyper in die sestigerjare van hierdie eeu. Die twee verleidelikes: Verstaan jy wat jy lees? Of moet een dit eers vir jou s?

Daar is die klaarblyklike betekenis van die Bybel, die voor die hand-liggende. As ek dit lees, so is dit. En hierdie klaarblyklike betekenis van die Woord moet nie aangesien word vir n naewe verstaan van die Bybel nie. Dit is hoe n mens God se Woord lees. Jy lees hom en wat jy daar lees is waar. Dan is daar wat n ander groot geleerde, wat nie meer leef nie (ek verwys na prof. J.H. Kruse) vir ons geleer het: ons moet soek na die betekenis agter die letters. Die betekenis agter die letters. Jyt dus twee betekenisse in die Bybel: die voor die hand-liggende wat waar is en die diepere betekenis wat nadenke verg.

Lees ons die Bybel s? Ken ons die krag van God, die onverleidelike, wat niemand op n dwaalweg bring nie en self slegs die ware weg kan gaan? En as n mens hierdie bron het vir jou geestelike lewe dan kan dit nie anders nie as dat n mens waarlik geestelik leef. Nie net omdat dit maar op jou pad kom nie maar omdat jy nie anders wil nie. Die wil van die mens waaroor die stryd deur die eeue nog altyd gaan.

Daar was, soos u almal seker weet, die monnik uit Ierland, met die naam van Pelagius maar hyt in Itali gaan dwaal en ges daars nie erfsonde nie en ek kan besluit uit my goeie geboorte of ek God gaan dien of nie. Hulle het sy mond gou vir hom gesnoer. Maar dit was omtrent 1400 jaar later toe kom dit alweer. Deur die werk van n man met die naam van Armenius. Dis egter nie hy nie (hy is gou dood) maar een van sy volgelinge, met die naam van Utenbogaard, wat gekom het met die ding van: ek moet self besluit om God te dien; ek het erfsonde (hy het nie Pelagius se volle dwaling aanvaar nie) maar ek moet besluit.

Het u al gedink hoe sal ek vir u moet preek as ek u wil bring tot n goeie besluit? Ek sal die volgende metode volg: ek sal u bangmaak vir die hel. Ek sal u bewo maak oor Christus en ek sal n tydelike verligting verkondig. En dis die drie kenmerke waardeur die verleidelike ingedring het in die kerk van onse Here. En dan leef jy nie geestelik nie, dan leef jy kerklik. Dans daar groot en klein kerke, goeie en slegte kerke, aktiewe en lui kerke, watter kerke het jy nie alles nie? En intussentyd moet ons geestelik lewe in die kerk waarin God ons roep en plaas. Geestelik lewe deur Sy Woord as die enigste bron van ons krag te ken.

Uiteindelik, s Paulus, is dit maklik. Dit loop op net een saak uit as jy kragtig in die Here en in die sterkte van Sy krag wil lewe: dit loop daarop uit of ons mense is met die Bybel in hart en hand.

Wie dit doen leef geestelik in n wreld wat wrelds en aards is en steeds meer so word. Wie geestelik leef het krag en troos as dit met hom swaar gaan. Hy het moed en durf wanneer hy voor uitdagings te staan kom en het die eer en die dank van God altyd by hom.

Amen.