Ds. Jan Coetzee Aanddiens

 

Lees: I Thess. 5:12-23 Heidelbergse Kategismus: Sondag 45: vraag en antw. 116-119

Sing: Ps. 98: 1,3;

Ps. 74: 14, 15, 16;

Ps. 121: 1, 2;

Ps. 89: 3, 5

 

Mense vra soms: Wat het nou van al die offerandes en al die opdragte om n offerande te bring geword wat in die Ou Testament gegeld het? Het God dit maar sommer net so afgeskaf? Het dit maar uitfasseer met die ballingskap in Babel en later onder die verdrukking deur die Romeine?

Die Bybel s: Nee, ook die offers van die Ou Testament het in vervulling gegaan in Christus. En die gebed van die gelowiges is die offergawe.

n Nuwe gedagte is dit ni. Immers, in die tempel, in die heilige deel was daar die reukoffer-altaar, (nie groot nie, agter teen die agterste afskorting), waarop dag en nag wierook gebrand het en soos die rokie opkrul so gaan die gebede van die gelowiges na God toe. Dit is die simboliek van die brandoffer, die reukoffer.

En as jy by die begrip kom van om te ruik, dan het Paulus dit verder gevat in die tweede Korinthirs-brief en ges, die gelowiges se lewe is n reuk vn die lewe tt die lewe omdat Christus jou in jou offerande heilig maak. Maar daarteenoor noem hy die ongelowiges se lewe: n reuk van die dood. Dis skerp en vir ons ore n amper te erge tenstelling. Wierook en die dood! Gebruik nou hierdie beeld van Paulus om dit op die gebed toe te pas, dan bring die een wat bid n aangename geur voor God en die een wat ni bid nie, om welke rede ook al, bring voor die Here die reuk van die dood, van verganklikheid, van straf, van hopeloosheid.

God eis offers. Daarom is gebed nie iets wooroor jy sal besluit, of jy nou sal bid of nie. Ons mot bid. En die kategismus druk hierdie waarheid uit die Bybel s uit: God wil Sy Gees en al die ander gawes net aan diegene gee wat werklik daarvoor bid en Hom daarvoor dank. Dit beteken nie dat die gawes van die Here afhanklik is van ons gebede nie. Maar ons welsyn is daarvan (van die gebede) afhanklik. Want as jy nie bid nie, en jy is n gelowige en jou gebedslewe karig, nie goed nie, sal God aan jou gee maar Hy sal uit jou uit pers die erkenning dat jy van God afhanklik is.

n Gebed is dus ook iets wat vir die gelowige sy welsyn, sy vrede, sy versorging deur God aandui. Nou kan mens vra: Die wat bid, kry hulle nooit so swaar nie? Is daar nooit beproewinge op hul pad nie? Die wat bid, rou hulle nie? Dit gebeur met hulle almal maar hulle kan dit dra. Dis die verskil. Dat die Here die raserny wegneem uit die mens wat beproef word. Gebed is n offergawe van God.

En wanneer mens nie kan bid nie, wanneer mens slaap of siek is, of werk, leer die Bybel ons, tree die Heilige Gees self vir ons in voor God. Daar is dus tye wanneer n gelowige ni bid nie omdat hy ander dinge mot doen, en dan neem die Heilige Gees ons werk op Hom en kom die volmaakte gebed voor God. Maar wanneer jy uit argeloosheid nie bid nie, doen die Here dit ni. So bring gebed n mens se hele geestelike lewe, jou hele liggaamlike versorgdheid, jou moed, jou krag, jou troos, na vore.

Nou, wat is n offer?

Dit was nog altyd gewees dat jy aan God teruggee dit wat Hy vir jou gegee het. Maar jy gee minder terug as wat jy ontvang het. n Offer was op sy meeste, in die Ou Testament, n tiende van wat jy ontvang het. En uit daardie offer is betaal al die offerdiere wat in die tempeldiens geoffer moes word. Dit was bie diere. As jy bietjie lees in die Bybel: elke oggend moes hulle offer, n hele paar diere. Al hierdie dinge is bekostig uit die tiende-gawes wat die Israeliete behoort te gegee het.

Ek noem dit sodat niemand dalk moet dink dat die tiende nou n voorskrif is nie. Dit was di gedeelte wat die Here terugvat. Maar as u nou dink... met die Sabbatswetgewing; hoe baie gee God nie dat jy op die Sabbatsjaar (die sewende jaar) nie eers jou lande moet bewerk nie; God sal uit die opslag jou voorsien. Broeders en susters, wat n vertroue moet jy nie h op die Here, as jy bereid is om uit die opslag te lewe nie. As jy weet daar sal genoeg wees...want n mens vermoei hom, werk hard om te voorsien, maar as jy nie met danksegging ontvang wat God sal gee nie, is jou werk vergeefs. Daarom is die gebed by sy offerkarakter ook n belydenis dat ons van God afhanklik is.

En nou wys ons, om hierdie gedagte verder toe te lig, eerstens daarop dat ons van God gawes ontvang. Mense maak hulle baie moeg oor wat die verhouding is tussen God en die mens. Dan is die antwoord klaarblyklik: geloof. Wat behels dit? Dit behels dat ons weet God g en ons ontvng. Hoe n maklike en vertroostende uitdrukking is dit nie aan die ingewikkelde verhouding wat die Almagtige God met nietige skepsels het nie. Hy gee, ons ontvang. Vader en kinders.

Die eerste wat God gee, wat Hy nog ooit gegee het, is Sy Woord. Daar was nog nie eers mense nie toe het die Here se Woord vaardig geword. Daar was lig, daar het plante gekom, die hele skepping het deur Sy Woord gekom en van toe af het die Woord-gawe van God ryker en ryker geword. En dit het uitgeloop op die Evangelie van Christus. Die Woord-gawe van God is Sy rykste en eerste gawe en nou is die gebed n woord-offerande wat juis dan uit die ontvange Woord van God moet kom.

Ek kan dus nie maar gaan sit en dink wat wil ek nou bid nie, wat behoort ek vir die Here te s nie. As ek dit sou doen, dink ek, gebeur daar met n mens twee dinge: die een is dat jy baie leerstellig die Here loof en prys en dat jy begin om vir Hom te vra wat jy nodig het. Maar n gebed is gegrond daarop dat die Here Sy Woord gegee het en dat Hy alles gee. Dis nie nodig om vir die Here die nood en behoeftes uit te spel nie. Hy weet dan wat ons nodig het nog voor ons dit self verstaan. Maar omdat die ewige, ware God Hom in Sy Woord, die Bybel wat ons het, aan ons geopenbaar het, daarom is die offergawe van die gebed skrifgebonde.

Nou kan u sien wat gebeur as n mens die Bybel verkeerd het; as jy hom verdraai en vervals of nie goed lees nie, dan is jou gebede ook verkeerd. En dit is n baie belangrike punt wat ons nie baie keer aanraak nie, wanneer n mens oor die kwessie van die weergawes van die Bybel in baie tale praat, dat dit ook die gebedslewe van die heiliges raak. Dis nie maar n kwessie van of jy die Bybel s of s moes vertaal het nie.Dit is ook die kwessie van of die gelowiges se gebed in die Naam van Christus as n heilige offer steeds moontlik is. Daarom moet die gelowige weet dat sy lewe eintlik n gebedslewe is. Mens bid nie altyd sover jy gaan nie; jy doen baie dinge van gewigtige tot baie ligte takies, maar alles moet in die lig staan van een wat bid.

Dit word veral vir ons duidelik uit die roeping van Saulus, destyds om appostel te word. Toe hy in Damascus in die huis van Simon was en Ananeas moes gaan en hom die hande opl en hy wou nie (kan ek hierdie rasende vyand van Christus gaan sen?), toe s die Here: Gaan, kyk hy bid! So moes dit dan gewees het dat Saulus vir die eerste keer in sy lewe waarlik gebid het toe hy sy nood en sy ellende reg begryp het. En hy die Woord van die Here Jesus in sy ore nog hoor klink het: Ek is Jesus wat jy vervolg. En toe bid hy. Wat hy gebid het s die Bybel nie vir ons nie; dis ook nie nodig nie. Maar elkeen van ons kan ons indink in die nood en die dankbaarheid wat daar by di man moes wees: Genadiglik kan ek nou ophou om Jesus te vervolg. Ek het Sy Naam geleer, ek het Sy werk verstaan en ek het my eie ellende leer begryp. Nou stuur die Here n gelowige na hom toe en s: L hom die hande op, laat hom n geloofsbelydenis afl, want kyk hy bid!

En op n ander plek s die Bybel: die gebed van n gelowige het groot krag. Daarom is ons nie weerloos nie, maar uit die ontvang van God se gawes, Woord en versorging, het ons hierdie magtige, oppermagtige wapen teen die kwaad. Die gebed werk nie soos n atoombom nie en in n breukdeel van n sekond het jy jou vyand verwoes nie. Die krag van die gebed l daarin dat die bidder sterk word in sy vertroue op God.

Dink aan die tyd toe hulle die gelowiges liggaamlik vervolg het (in die tyd van die martelare); hulle het gebid. En die kerkgeskiedenis leer ons dat , selfs wanneer hulle n skouspel moes word deur met wilde diere te veg, het hulle dit nie gedoen en hulle lewe nodeloos en futiel probeer verleng nie maar het hulle glo bymekaar gaan sit en gebid en psalms gesing. Daarom het die Romeinse owerheid in al sy wreedheid met hierdie dierevervolgery end gekry. Wat se skouspel is daar nou daarin? Hulle veg nie terug nie! Die wedstryd is saai. So is hier uit die geskiedenis n enkele voorbeeld waaruit ek duidelik kan aantoon hoe die krag van die gebed is. Die wreedheid en die woestheid van n heidense vervolging is beeindig omdat die gelowiges gebid het.

Daarom moet ons verstaan dat ons n gebedslewe het; dat wat jy doen, waar jy kom en waar jy gaan, het jy die krag van gebede: Kyk, hy of sy het gebid en bid nog altyddeur! Dan kan ons ook verstaan waarom God aan ons n verskeidenheid van gawes gee. Hy gee nie aan almal dieselfde nie. Daar is mense wat deur die lewe gaan met baie stryd: eensaamheid, ontberinge... Ander is eintlik nooit gesond nie en ander word oorlaai met goedheid. Maar as jy nie bid nie sal jy nie weet om te verdra, te vertrou en op die verandering van jou lotgevalle te hoop nie. Jy sal ook nie weet om te dank nie. Daarom is die ontvang van God se gawes en die gebed vir ons eintlik dieselfde saak, want hoe kan jy bid as jy nie ontvang het nie? Hoe kan jy die woordoffer bring as jy dit waaruit jy moet bid, nie het of wil h nie?

Oor die offerande self laastens n paar gedagtes.

As jy nou bid, het die Here Jesus vir die mense wat na Hom geluister het ges, moet jy nie baie woorde uitsoek en mooi uitgedinkte frases voorberei asof jy n opstel skrywe nie. Maar as jy bid, wees sober.

En Paulus s (in I Korinthirs 14) in die openbaar moet die gebed eenvoudig wees mr as jy in jou binnekamer gaan waar dit jy en die Vader is, dan is daar geen perk wat die Bybel aan ons stel in ons gebede nie. Dan kan jy kom met n oorvol of n le hart. Dan stort jy jou gemoed uit waar die Here jou hoor en ken en sien. Dt is belydenis. Hierdie krag van geloofsbelydenis wat my, wanneer ek deur mense gesien word, sober maak maar wanneer ek deur God gesien word ongebonde in geloofsoorgawe maak, dit is die krag van belydenis. En dit is ook die wonder van die belydenisskrifte van die kerke van die Reformasie, dat dit hirdie kenmerke na vore bring: selfbeheersdheid en grenselose vertroue op God, rustigheid, maar n oorgegewenheid aan die Here wat maak dat jy offers kan bring ook buite die gebed om wat haas ongelooflik klink vir mense wat nie bid nie.

Geen wonder dat hierdie belydenisstukke wat ons het en hierdie kenmerk van geloofsbelydenis wat in ons lewe ingeplant is, deur die duiwel aangeval word. Die slagspreuk van ons tyd is: Die gelowiges moet n tydsgebonde en plekgebonde geloofsbelydenis h. En dan grond die mense dit op eienaardige dinge: omdat die Heidelbergse Kategismus in Heidelberg in Duitsland geskryf is, omdat die Nederlandse Geloofsbelydenis in Belgi die lig gesien het deur du Br, omdat die Dordtse Sinode te Dordrecht vergader het, het n belydenis n adres. Maar dis n verkeerde nadruk op die adres (sogenaamd) van die geloofsbelydenis. Die adres van n belydenis is die Woord van God waaruit dit kom. So gaan daar dan al meer en meer stemme op dat ons n Afrika-konvessie moet h, en daar is ook reeds so n belydenis in die kerklike kringe: die sg. Belhar-konvessie. Belydenisse kan jy maklik maak as jy hulle tyd- en plekgebonde wil maak. Dan word n belydenis n manier om jou reaksie op jou tyd weer te gee.

Die Here s: jou belydenis moet n gebed wees. Dit is nie jou reaksie op n tyd nie maar dit is die offerande wat jy aan die Here bring. Jy staan voor God; en dit is met ontsag voor die Almagtige dat ons die offergawes bring k wanneer ons bely. Maar dis nie net die belydenis wat skrifgebonde moet wees nie, ook ons danksegging teenoor die Here moet skrifgebonde wees.

Daar het vir sommige die ietwat ernstige, vir ander ietwat grappige, vraag ontstaan (met die baie ren wat geval het in die afgelope tyd): Moet ek die Here dank as die aarde s verspoel en verskeur? Ek het plekke gesien waar die paate weggespoel is. Waar die rou klip, so diep onder die grond, uitsteek. Paaie, groot stukke grond...moet ek die Here dank dat dit gebeur?

Kan u sien, as jy so begin redeneer dan het jy die gawe van God gefokus op wat jy sien. Ja, mens moet die Here vir die ren dank. Dis n gawe uit Sy hand. Maar dan bely jy ook dat God se gawes jou op jou knie bring. Dink aan die mense wat bang was dat die damme breek. (Ek is nog altyd met die ren besig.) En hulle lewe en hulle goed word bedreig en hulle moet ontruim. Moet hul God dan dank? Die Bybel s: ja. Ja, dit is n gawe van God, maar jy dank Hom met vrees en bewing.

So is dit met iemand wat beproewinge verduur. Daar is onder ons diegene wat noit gesond is of wie se mense nooit gesond is nie. Daar is onder ons diegene wat treur deurdat die dood gekom het. Moet jy die Here dank vir di gawes wat Hy gee as Hy jou siek maak? Die Bybel s: ja. Maar jy moenie juig oor die ramp nie, jy moet Hom dank omdat jy die krag ken van tevredenheid met wat God doen. Omdat jy die krag ken van die hoop op die beter dae. Hoe s Psalm 43: Verrys, herleef op Sy gebod...strek uit jou hoop na beter dae...

Daarom is n gelowige, omdat hy sy gebed as n offerande ken, altyd hoopvol, selfs al kry hy he swaar. Dan strek hy sy hoop uit na die beter tyd. En dit is nie n vae hoop nie want die beter tyd kom seker en gewis, al moet jy dan wag tot by die voleinding.

En mens kan nie ontkom aan die gedagte dat as iemand so verskriklik ly, dan is die dood vir hom n uitkoms, dan het die beter tyd vir hom aangebreek. Daarom is ons danksegging en ons smeking iets wat uit die Bybel moet kom. Dit is die skrifgebondenheid wat elke keer na vore kom as jy oor die gebedslewe dink.

Die gebed is daarom nie net betoning van dankbaarheid en smeking nie, maar ook van geloofsgehoorsaamheid. Wanneer jy bid, doen jy dit in n kinderlike, gelowige, gehoorsaamheid aan God. Ek sal nie opstandig wees nie. Ek sal my nie verset teen die Here nie! Job se vrou het vir hom ges (toe dit met hom so sleg gegaan het): Hoekom vloek jy nie en gaan hel toe nie? God het nou alles gevat wat jy gehad het? En hier sit jy nou stukkend en siek... Hy het die genade ontvang om dit ni te doen nie. Al was hy bitter, al het hy met God geworstel en ges die Here behandel hom ni na wat hy verdien nie, het die Here hom nie verlaat nie, maar hom deur alles tot geloofsgehoorsaamheid gebring. Toe Job leer s het: Ek sit my hand op my mond, en ek sal nie verder aan God vrae vra nie; onderrig U my. Hierdie inhoud van die offerande, die gehoorsaamheid, is n geestelike hoogtepunt.

Ons lees in die Bybel (ek dink dis Lukas 21) van die weduwee wat haar lste geldstukkie, alles wat sy gehad het om van te lewe, in die offerkis by die tempel gegooi het, en die Here s vir die rykes wat daar rondom staan: Sien julle, sy gee meer as julle, maar sy ontvng ook meer. Syt vertroue ontvang, geloofsgehoorsaamheid betoon en sekerlik was sy deur God versorg op maniere wat die Bybel nie eers vir ons skryf nie. Die normale, voor-die-hand-liggende manier is, deur die diens van barmhartigheid, wat daar onder die gelowiges moet wees, en so trek die gedagte van die gebed as offerande deur die gehoorsaamheid, na al die dele wat ons as kerklike lewe ken.

Iemand wat sleg bid, se geestelike lewe kan nie goed wees nie, maar watter troos is die teendeel daarvan nie. Iemand wat voor die Here reg bid al s hy maar die Onse Vader-gebed op, soos baie doen, al s jy dit dan maar op, dan s jy rg die gebed op. n Gebed hoef nie moeilik en groots te wees nie maar as die Here jou hart volmaak met die woorde van n gebed in jou binnekamer, dan is jou geloofsgehoorsaamheid ook vol.

Ons het probeer aantoon dat, omdat gebed n offerande is, ons dit wat ons van God ontvang, moet leer verstaan en dit wat ons aan Hom bied moet leer begryp in die geloof. Mag die Here gee, broeders en susters, dat ons gebedslewe tot die eer van God sal wees, tot ons troos en tot versterking van ons geloof en di van die mense om ons.

Amen.