Handelinge 7


Oordenking 1

Lees: Hand.7:37-60
Teks: Hand.7:55-56
Tema: Stefanus sien die hemele geopen

Wat sien ons? Miskien vind u dit 'n vreemde vraag? Miskien sal u antwoord: ek sien die wÍreld rondom my, my mense, my huis, ensovoorts. Maar ek sal u laat sien hoe ontsaglik belangrik hierdie vraag is:

Sommige mense sien net hulle ellende raak. Hulle staar hulle blind op hulle teŽspoed, die toestand in die land, ens. So 'n uitkyk maak 'n mens so ontsaglik depressief, so moedeloos. Ander weer het net oog vir die skatte van hierdie wÍreld: geld, besittings, 'n beter posisie en ek weet nie wat nog alles nie. Daardeur is hulle aandag vasgevang. Dit is vir hulle die belangrikste.

Maar die geskiedenis van Handelinge 7 leer ons om iets anders raak te sien: die rykdom van hemelvaart.

Stefanus sien iets heel, heel besonders. In die oorspronklike staan 'n woord wat nie slegs "sien" beteken nie, maar om vasgenael na iets te staar, om so geboei te wees daardeur, dat jou hele aandag daardeur in beslag geneem word. In die oorspronklike hoor 'n mens die Engelse woord "attention", aandag. So besonders is dit, dat hy ook ander oproep om te kyk: "Kyk..".

Maar laat ek eers so begin: wat Stefanus op daardie dag rondom hom gesien het, was nie mooi nie. Wat het hy gesien as hy rondom hom gekyk het na die harde werklikheid? Mensgesigte verwronge van haat jeens hom; 'n van woede brullende skare; ….en klippe wat op hom reŽn.

Wat ons as gelowiges te siene kry, is ook dikwels uiters onaangenaam. Die harde werklikheid, die vreeslike verdriet, die bittere eensaamheid, daardie groot teleurstellings, kan soms vir ons 'n ondraaglike las word.

En glo dit maar: vir Stefanus was die lewe nie minder moeilik in sy laaste oomblikke nie. Hoe sou Stefanus ooit staande kon bly as dit al was wat hy gesien het?

Maar gelukkig, nee, genadiglik - dit is nie al wat hy te siene kry nie. Hy kry oneindig veel meer te aanskoue. Hy kry ook 'n blik op 'n ander werklikheid. En dit wat hy dan sien, dra hom deur die klippereŽn van die klipharde werklikheid rondom hom.
Wat sien hy dan? Dit sÍ hy: "Kyk, ek sien die hemele geopend…"
Is dit dan so besonder? Beslis. Deur ons sondeval het die deur na die hemel vir ons toegegaan. Dit beteken: God sien in toorn op ons neer. Maar nou mag Stefanus die wonder aanskou: die hemele is weer geopen. Dit wil sÍ: alles tussen hom en God is weer reg. Elkeen wat glo, mag oortuig wees: ek leef onder 'n geopende hemel. En vir Stefanus beteken dit in sy situasie, terwyl hier op aarde die klippe op hom reŽn:

"Gods vriend'lik aangesig straal vrolikheid en lig
deur duisternis en smarte vir alle opregte harte" (Ps.97:7, Berymd)

Terwyl hier op aarde rondom hom net woedende gesigte is, straal van bo God se aangesig sy troue kneg vriendelik toe.

Hier op aarde slaan die deure vir Stefanus toe. Niemand wat wil luister na diť evangelie-prediker nie. Inteendeel, hulle stop hulle ore toe vir sy Christus-verkondiging. So diep intens is hulle haat vir Jesus dat hulle voel: sterwe, sterwe moet hierdie Christus-gesant. Ook die deur van die lewe moet vir hom toegeslaan word. Maar as alle deure rondom hom toegegooi word…ook die deur van sy lewe…dan staan daar bo die deur na die saligheid en die Vaderhuis vir hom oop. Wydoop. So staan dit letterlik daar: die hemele wyd geopend.

Sal u u hele lewe lank daaraan dink: die deur na God se Vaderhart en sy Vaderhuis is wyd oop vir my. In my diepste smart en in my grootste swaar is daar 'n Vaderhuis wat vir my oopstaan: 'n plek waar ek kan heengaan met my kommer, 'n Vaderhuis en 'n Vaderhart wat vir my klop en 'n Vaderhand wat na my toe uitgesteek word in my nood. En wanneer ek sien dat die deur van die lewe deur siekte stadig maar seker toegaan, dink dan aan die geopende hemel. Want as ons as gelowiges hier die laaste asem uitblaas, gaan ons juigend in deur die geopende hemeldeur.
 
 

Oordenking 2

Lees: Hand.7:37-60
Teks: Hand.7:55-56
Tema: Stefanus sien die Seun van die mens staan aan die regterhand van God

Die vorige keer het ons gehoor dat Stefanus die hemele geopend gesien het. Vandag wil ek u vertel wat hy deur die geopende deur sien.

∑ Laat ek eers begin deur te sÍ: hier sien ons die rede hoekom die deur wyd oopstaan. Stefanus sien naamlik die Seun van die mens staan. Heel spesifiek word hierdie titel vir Jesus gebruik: Seun van die mens. Hy staan dus daar nie alleen as ware God nie, maar ook as ware mens, beklee met ons natuur.

En dit sÍ ALLES. In daardie een titel, Seun van die mens - daarin is die ganse evangelie saamgetrek. Die Seun van God het waarlik mens geword. Hy het in ons plek gaan staan om ons straf te dra en om vir ons die ewige lewe te verdien. En toe, met hemelvaart, het die Seun van die mens met sy volmaakte offer die hemel ingegaan en met sy kosbare bloed die deur vir ons ontsluit. En dat Hy nou daar staan met ons menslike natuur, beteken: die offer is aanvaar. Dat Hy nou daar staan met ons menslike natuur, beteken: ons menslike natuur is weer toegelaat in die ewige paradys van God.

Geweldig wat ons kategismus (v/a 49) in die verband oor die nut van Christus se hemelvaart sÍ: nou het ons ons menslike natuur in die hemel as betroubare waarborg dat die Here Jesus as die Hoof ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem.

Dit moes daarom vir Stefanus oorweldigend troosryk gewees het om die Seun so te sien staan: in die hemel, beklee met ons menslike natuur. Want daarmee sÍ die Seun vir hom in sterwensoomblik: sien jy dit? Dit is my waarborg aan jou dat jy ook netnou hier sal wees.

∑ Stefanus sien tweedens die Seun van die mens staan aan die regterhand van God.
Enersyds wil dit sÍ: die Seun van die mens is beklee met die hoogste heerlikheid. Want dit is die betekenis van die plek aan God se regterhand. Maar andersyds is dit ook die posisie van hoogste mag. Die Seun van die mens ontvang alle mag in die hemel en op die aarde.
Wat 'n diep aangrypende gesig moes dit nie vir Stefanus gewees het nie: Hy, die Seun van die mens, Hy wat alles vir my oorgehad het, Hy wat Homself vir my oorgehad het, Hy regeer. Dieselfde hande wat om my ontwil deurboor is, hou die teuels van my lewe vas.

∑ Derdens vestig ek u oŽ daarop dat die Seun aan die regterhand van God staan. In ons belydenis sÍ ons dat ons Here Jesus sit aan die regterhand van God. So staan dit ook inderdaad op verskillende plekke in die Bybel. Hier egter sien Stefanus Jesus staan aan die regterhand van God… Dit is besonder veelseggend.

Wat sÍ dit dan vir ons?

In die eerste plek sekerlik dat Hy, die almagtige, Hy wat beklee is met alle mag, dat Hy gereed staan, gereed om sy lydende kneg te help. In sy sterwensoomblik is hy nie alleen nie, maar daar is 'n almagtige Helper. In ons diepste nood is Hy altyd tot ons hulp gereed.

In die tweede instansie mag ons daaraan dink dat die Seun van die mens gereedstaan om Stefanus binne te laat. Hy staan op om sy moeg gestryde kind binne te laat in die ewige rus…daar waar geen haat, geen pyn, geen dood meer is nie.

Oordenking 3

Lees: Hand.7:37-60
Teks: Hand.7:55-56
Tema: Hoe kon Stefanus dit alles sien ?

Dit is nogal 'n vraag! Want Stefanus se vyande het op daardie dag niks gesien van dit alles nie. Al wat hulle gesien het, was hierdie ellendige, gehate Stefanus voor hulle. Maar vir die wonder van hemelvaart was hulle stokblind. Die geopende hemel het vir hulle verborge gebly en die Seun van die mens het hulle nie sien staan nie.

Hoe het Stefanus dit alles dan wel gesien? Dit is 'n vraag van lewensbelang vir ons, want dit wys ons die weg hoe ons dit ook kan sien.

Die antwoord vind u in vers 54: "Maar hy was vol van die Heilige Gees…". Die Heilige Gees is die geheim van hemelvaart. Hy moet ons oŽ gee, die oog van die geloof om die Seun te sien.

Nee, ons kyk nie soos Stefanus sommer reguit die hemel in nie. Maar dit is ook nie nodig nie. Die Heilige Gees verlig ons oŽ om die Bybel te verstaan en te waardeer. En in die Heilige Skrif skenk God ons 'n blik in die hemel. Die Bybel is God se venster op die hemel en op hemelvaart en op die kruis en die ganse evangelie.

Maar hoe is dit dan? Vandag is daar soveel mense wat al die evangelie gehoor het en wat Bybels het, maar tog doen dit niks aan hulle nie. Hulle kom kerk toe en hulle hoor die evangelie, maar dit steek hulle harte nie aan die brand nie. Hulle gaan ewe koud uit die kerk as wat hulle daar ingekom het en van 'n hartlike honger en dors na meer en meer is daar niks te bemerk nie. Hoe kan dit tog? Sien hulle dan nie die heerlike wonders van God en die wonder van Pase en die wonder van hemelvaart in die Bybel nie? Nee, 'n mens kan sien en tog nie sien nie en hoor en tog nie hoor nie. As ons die Heilige Gees nie het nie, bly ons horende doof en siende blind vir God se heerlike evangelie.

So was dit ook met die Joodse Raad in Handelinge 7. Hulle het die Woord gehoor. Die evangelie van die kruis is in sy lengte en sy breedte, in sy diepte en sy hoogte aan hulle verkondig deur Stefanus. Ons kan gerus maar sÍ: hulle was in die kerk. En: hulle het 'n Christus-preek gehoor. Maar dit het niks en heeltemal niks aan hulle gedoen nie. Hoe kan dit tog?…..Omdat hulle die Gees nie gehad het nie. Hulle het die Gees weerstaan, sÍ Stefanus.

Dit moet ons leer hoe belangrik die gebed om die Heilige Gees is.